GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die subteks van 'n ysberg

Hennie Aucamp

oor EM Forster se Arctic Summer


Klik op boek en bestel dit van kalahari.net nou!

Arctic Summer
Arctic Summer, deur EM Forster.
Gepubliseer in 2003.
112 bladsye, sagteband
ISBN: 1843910616
R 121,95

  • ... it is impossible to communicate emotion: the soul is obliged to keep her secrets whether she wishes to or not.
  • "You try to touch his depths without using your depths, and it can't be done. One subconsciousness must call to another. Which is a clumsy way of saying that there must be affection."
  • ... an Englishman is assumed to be capable of understanding himself.

Al drie aanhalings kom uit Arctic Summer; die tweede is die regstreekse woorde van Martin Whitby, na aanleiding van Clesant March.

1
Die onvoltooide kunswerk, of dit nou 'n musiekkomposisie, 'n skildery of 'n literÍre werk is, hou 'n groot bekoring vir die navorser sowel as die leek in, maar ook verleiding. Gestel ťk kon diť werk end-uit voer, is die vraag wat kreatief-gestimuleerdes hulself stel: Watter kodes sou ek isoleer en opvolg?

Belangrike vraag: Waarom bly 'n werk onvoltooid?

Die voltooiing van talle werke is deur 'n verwoestende siekte of die dood opgehef. Ander werke, weer, is opsy geskuif deur hul makers omdat die geloof in die lewensvatbaarheid van hul skepping begin taan het.

Nog 'n moontlikheid meld hom aan: Het dit die kunstenaar dalk aan die nodige moed ontbreek om sy idees, gedurf vir hul tyd, tot aan hul logiese konsekwensie toe deur te voer?

Laasgenoemde vraag het hom telkens aan hierdie resensent opgedring by die lees van Arctic Summer van EM Forster wat in 2003 in Hesperus se dinamiese 100 bladsye-reeks verskyn het. Diť "nuwe" EM Forster-werk het vroeŽr die lig gesien, en wel in 1980, toe dit in 'n akademiese uitgawe getiteld Arctic Summer & Other Fiction verskyn het.

Maar Arctic Summer, anders as wat die neutrale omskrywing "Fiction" te kenne wil gee, is duidelik 'n werk wat 'n roman wil wees. Die Engelse het 'n gerieflike uitdrukking vir diť soort roman: "an abandoned novel", oftewel 'n roman wat deur sy maker in die steek gelaat is. Arctic Summer is in 1911 begin, maar teen 1912 het Forster probleme daarmee ervaar.

EM Forster het Arctic Summer darem nie heeltemal in die steek gelaat nie. Die inleier tot die Hesperus-uitgawe van Arctic Summer, Anita Desai, meld dat Forster die eerste hoofstukke hersien het en diť hoofstukke in 1951 by die Aldeburgh Festival gelees het. Wat die leser van die Hesperus-uitgawe voor hom het, is Forster se hersiene weergawe.

Voordat oorgegaan word tot 'n bespreking van Arctic Summer, is 'n bondige opsomming van EM Forster se onvoltooide roman nodig.

Martin Whitby, die sentrale karakter, is saam met sy vrou, Venetia, en sy skoonmoeder, Lady Borlase, op weg na ItaliŽ. Op Basel-stasie beland Whitby bykans onder 'n trein, maar 'n landgenoot, Clesant March, red hom. Daar is egter nie 'n spontane verkeer tussen die Whitby-groep en Clesant March nie: hulle behoort aan verskillende stande met uiteenlopende menings oor sake soos ridderlikheid en oorlog. Whitby bied nietemin aan om 'n verlofbrief vir March te kry wat hom in staat sal stel om die kasteel van Tramonta te besoek. Vir die Whitby-groep is die besoek aan Tramonta 'n belewenis, veral vir Martin Whitby, wat 'n voorsaat van jong March in een van die fresko's ontdek. March self, woedend nŠ 'n gesprek met Venetia, skeur sy verlofbrief stukkend, en kan dus nie die fresko fotografeer soos hy in opdrag van sy familie wou gedoen het nie.

Wanneer die Engelse weer terug is in Engeland, kry die leser 'n intieme insae in die leefwÍreld van die March-familie en hul verstokte opvattings van wat 'n gentleman betaam al dan nie. Die liefdevolle verhouding tussen Clesant March en sy broer, Lance, is 'n ligpunt in die nogal groue atmosfeer van die March-huishouding te Monkswear.

Diť verhouding kom tot 'n einde wanneer Lance uit Cambridge geskors word, vermoedelik omdat hy en 'n ander student met vroue van twyfelagtige karakter verkeer het. Clesant onthou Whitby se vriendelike brief aan hom waarin hy aanbied om van hulp te wees, sou Clesant hom nodig hÍ. En dis hoe Whitby en Clesant dan saam afreis na Cambridge, waar Whitby se skoonvader 'n professor is. Lance is duidelik skuldig; sy geliefde broer, Clesant, vaar op die verskriklikste wyse teen hom uit, en Lance skiet homself dood.

2
Watter plek neem Arctic Summer in EM Forster se oeuvre in? Chronologies volg dit op Howard's End (1910), Forster se vierde roman. In diť stadium, so herinner Paul Binding ons in sy bespreking van Arctic Summer in The Guardian van 11 Oktober 2003, het Forster homself in 'n predikament bevind. Sy waarderende publiek het 'n vyfde roman verwag gelyk aan die vorige vier, of selfs beter; Forster, hierteenoor, het beken dat die verhoudings tussen mans en vrouens hom nie meer interesseer nie. Die verhoudings tussen mans en mans het hom weldeeglik aangespreek, maar sy era was hoegenaamd nie gereed vir iets so gedurfds en modernisties as 'n homoseksuele roman nie.

Die periode 1911-1914 was 'n smeltkroes vir die emosies en gedagtes van EM Forster.

Hy het aan en af gewerk aan Arctic Summer, waarvan die sentrale tema stand-spanninge tussen Engelse onderling sou wees. Sy besoek aan IndiŽ in 1912-13 het daartoe gelei dat Arctic Summer op die lange baan geskuif is, maar die standkwessie is nťt so geabsorbeer deur Forster se volgende roman, A Passage to India, wat tien jaar later gepubliseer is.

Dis beduidend dat EM Forster se twee belangrikste werke met homoseksualiteit as tema so kort na mekaar ontstaan het. Forster se kennismaking met Edward Carpenter, pleitbesorger vir liefde-tussen-mans, het in 1913 plaasgevind: Maurice, Forster se gayroman, was die regstreekse resultaat daarvan. (Maurice is eers nŠ Forster se dood gepubliseer, en wel in die jaar 1971.) Die eerste seksie van 'n roman wat in 1948 in The Listener gepubliseer is as "Entrance to an Unwritten Novel", is eweneens in 1913 geskryf, maar dis eers in 1957-58 voltooi as 'n lang kortverhaal met die titel "The Other Boat".

"The Other Boat" is opgeneem in die bundel The Life to Come (1972), en is ongetwyfeld die beste verhaal in die bundel, soos Eudora Welty dan ook in haar skitterende resensie oor diť bundel uitwys. Die verhale in hierdie bundel is oorwegend gay, maar aangesien almal nŠ 1922 ontstaan het, is dit net "The Other Boat" wat gaan meepraat in 'n bespreking van Arctic Summer.

Hiermee word geÔmpliseer dat Arctic Summer gay is of gay sou kon wees. Dit is nie die geval nie, maar as Forster se katartiese ontmoeting met Carpenter vroeŽr plaasgevind het, wŠs Arctic Summer dalk Forster se eerste gayroman, en nie Maurice nie. In diť stadium kan hoogstens bespiegel word oor ambivalensies en onopgeloste erotiese spannings in Arctic Summer.

3
Wat Arctic Summer 'n frustrerende leeservaring maak, is dat die gepubliseerde teks voortdurend uitreik na sy ongeskrewe derde seksie. Meer grafies gestel: daar is 'n stellinggedeelte, waarop 'n antitese volg, maar die sintese bly uit.

Die sintese-afdeling sou, volgens hierdie resensent, met onopgeloste spannings binne Martin Whitby en Clesant March moes afreken.

Martin Whitby is 'n moderne man, gesien binne sy tyd, miskien met sosialistiese neigings, as 'n mens die woord van die March-seuns se voog as evangelie moet aanvaar. Hy is geÔnteresseerd in die kunste en in kultuur in die algemeen, en sien 'n nuwe era vir die mensdom, wat hy sů omskryf: "It is to be a kind of Arctic Summer, in which there will be time to get something really great done." Skoonheid is deel van hierdie Arktiese somer; en dan volg 'n beeld wat vreemde homoŽrotiese ondertone het: "When beauty flowered, the wonder of life so dazzled him (Martin) that he saw nothing else, and the world appeared as a gymnasium in which fine fellows develop their muscles and swing about from rope to rope."

'n Kerntoneel in Arctic Summer handel oor die Whitby-groep se besoek aan die kasteel van Tramonta. Martin Whitby word oorrompel deur emosie wanneer hy jong Clesant March in 'n fresko eien. Soos mevrou Moore in die Malabar-grotte in A Passage to India, ervaar Martin Whitby 'n diep geestelike openbaring voor die fresko: "He saw neither the man nor the picture but a power behind both, to which he could give no name."

Maar die vergeestelikte staat van Whitby verblind hom darem nie vir aardse skoonheid nie. Wanneer sy vrou geen gelykenis tussen Clesant March en sy voorsaat sien nie, behalwe blonde hare, en op die koop toe sÍ dat Clesant terughoudend is, selfs hooghartig, en hoegenaamd nie vurig nie, volg diť reaksie van Martin: "'No, you're wrong. It's only an accident that fire - it's what he can look like when -' He stopped himself."

By iedere herlees van Arctic Summer kom 'n leser op verdere stamelinge en stotteringe van Martin Whitby af, die een so ambivalent soos die ander. Sou sy nugter skoonmoeder dalk dieper in sy psige ingekyk het as wat hy self durf doen het? NŠ Tramonta, en nŠ Venetia se skerp woordewisseling met Clesant March, sÍ Lady Borlase byvoorbeeld van Martin: "I wish he had a man to go about with him."

Hierop antwoord Venetia: "What could a man do that we don't do?"

En die moeder antwoord: "He could be a man, my dear."

Hierdie reŽl boemerang spoedig met ironiese effek. Martin gaan na 'n primitiewe filmvertoning, begelei deur sy chauffeur, wat 'n komiese prent so geniet dat sy hand swaar neerkom op die dy van Martin. Dan breek daar egter 'n brand in die saal uit, en Martin vlug holderstebolder, sonder om sy gedeeltelik verlamde chauffeur te probeer help. Natuurlik het hy verskriklike wroeginge oor sy onmanlike optrede, en natuurlik is dit Venetia wat hom tot kalmte bring deur te sÍ dat die chauffeur met of sonder Martin se hulp sou ontsnap het. Martin se reaksie is veelseggend: "He was filled with thankfulness because he had not married what is known as a womanly woman."

Martin se fiksasie met die soldaat Clesant March het dus op die oog af met sy manlikheid te maak. Clesant is 'n Middeleeuse tipe: ridder, kryger, gentleman - net soos sy voorsaat op die fresko in Tramonta. Martin, die romantikus, sou kennelik meer van Clesant se kwaliteite wou besit het.

Maar voorlopig genoeg van Martin Whitby, en oor na Clesant March en sy broer, Lance, wat eintlik soos 'n tweeling of tweeluik bespreek moet word, want die een help om die ander te definieer.

Die leser ontmoet hulle op die landgoed Monkswear wat deur hul oom en voog, meneer Vullamy, vir sy weduwee-suster en haar vyf kinders gekoop is. Die March-familie se gesteldheid op hul agtergrond en familiestamboom is dus van meet af aan 'n bietjie verdag, want dis gekoop eerder as geŽrf; en soos dit met pseudo-erfgename gaan, is hulle Roomser as die Pous. Die ou moeder regeer haar huis soos 'n abdes, en warmte en spontaneÔteit is nie die reŽl op Monkswear nie. Wat daar aan spontaneÔteit op Monkswear is, setel in Lance en die sonnige vriendskap tussen die twee broers.

Lance is onmiddellik 'n toegankliker karakter as Clesant. Hy is spontaan, romanties, sensueel en bowenal eroties: sy naam self suggereer falliese wapentuig. As stut vir diť uitspraak kan Ernst van Altena se bloemlesing van erotiese gedigte in Nederlands bygehaal word, Jij Goudgepunte Lans, met die titel 'n aanhaling uit een van die gedigte. 'n Besonder grafiese stut vir die interpretasie van "Lance/lans" as fallies is Pollaiuolo (1429-96) se bekende tekening "Vegtende naaktfigure" (net mans). Die sentrale figuur hou sy swaard (?) dwars oor sy dye, enkele duime onderkant sy geslagsorgaan en nooi blatant 'n vergelyking tussen "wapens" uit.

Sy sensualiteit en hang na die dekadente word telkens gedemonstreer. Die eerste wat Clesant van Lance sien by sy tuiskoms nŠ sy bergklim-ekspedisie op die Kontinent, is 'n Lance wat poedelkaal rondloop in die seuns se domein van die huis. Clesant neem effens moedeloos kennis daarvan dat Lance vir homself 'n bad warm water getap het in die somer - 'n man bad tog in yskoue water, veral as dit uit jou eie bergrivier kom. Maar Lance se grapjassery vermurwe Clesant onmiddellik, veral toe Lance - nog altyd naak - een Klassieke figuur na die ander voorspeel: die Sterwende Gladiator; LaokoŲn, met 'n handdoek wat die slange moet verbeeld waarmee hy worstel; die Apollo Belvedere, of 'n Romeinse huisvrou uit die periode van Titus, 'n badspons op "haar" kop.

Forster het sy modelle berekend gekies. Die Sterwende Gladiator is 'n voorafskaduwing van Lance se dood; die worstelende LaokoŲn haal fallosentrisme by; die Apollo Belvedere wil 'n effens vroulike skoonheid uitlig, en Lance se sin vir wat "kamp" en speels is, vind uiting in sy parodiŽring van 'n Romeinse huisvrou.

Die volgende dag trek die twee ridders ten stryde uit - Forster se beeld. En dan volg diť somber reŽl: "Life appeared to them as one long conquest, and they did not know that the hills and moors are in collusion with youth, and that their enemies were still their lovers." Ja, Forster het dit reggekry om die woord "lovers" oor sy lippe te kry; maar waar dit in my sitaat as 'n algemene stelling gelees kan word, raak dit spesifiek in die volgende twee aanhalings:

Meneer Vullamy sien dat die broers van mekaar hou - maar dan volg diť nawoord by wyse van die alomteenwoordige verteller: "... and the only thing that he did not see was the warmth of the intimacy between the two young men." Op dieselfde bladsy (67) volg diť reŽl: "... they (Lance and Clesant) had escaped all that makes brotherhood hard and banal, and came to each other with a touch of romance."

Die hoogtepunt van hul dag in die veld is 'n otterjag waarop die broers afkom en waarby hulle onmiddellik aansluit. Honde verskeur 'n otter, en dan word die enigste lid van die jaggeselskap wat nog nie so 'n slagting meegemaak het nie, naamlik die seuntjie van die dominee, met bloed van die prooi ingesmeer, 'n ritueel waaraan Lance en Clesant flink meedoen.

Op pad terug na Monkswear gebeur twee dinge wat die "dekadente" sy van Lance belig - hy klim van sy perd af en gaan lÍ lankuit in die purper heideveld. Clesant kyk misprysend toe, al sou hy dieselfde wou doen, maar "... the yoke of the public school was still heavy on him." Hy maak sy perd vas, en gaan op 'n klip sit met 'n houding wat sů omskryf word: "an easy and manly fashion". Hy haal sy sigaretdoos uit, waarin hy 'n brief van Martin Whitby haal - 'n brief, let wel, waarvan Whitby se vrou, Venetia, niks geweet het nie. Clesant gooi die brief na Lance en vra sy mening daaromtrent. Whitby betreur dit onder andere dat hy so 'n lafaard is. As hulle rolle omgeruil was, sÍ Whitby, sou Clesant dood gelÍ het onder 'n trein op die Basel-stasie, want Martin sou nie die moed gehad het om manhaftig op te tree nie.

Lance vind 'n enkele frase in die brief ietwat vroulik, en verkwalik Clesant dat hy nie die brief vir hul oom, meneer Vullamy, gewys het nie. Hy vind Clesant se optrede baie nŠ aan "crooked".

Vir hierdie resensent is Lance se presieuse optrede omtrent die brief nie in pas met wat die leser teen diť tyd van hom verwag nie, maar onmiddellik hierna is Lance weer "in karakter". Hy troos Clesant en sÍ dat hy geheime het waarvan selfs Clesant nie weet nie, iets wat volkome natuurlik is tussen volwasse mans.

Van hierdie geheime word gesuggereer wanneer Lance, na aanleiding van 'n mooi plaasmeisie wat die hek vir hul oopmaak, vra: "Do you go falling in love, Cles?"

Lance laat verliefraak na 'n roetinesaak klink, en dis wat sy infatuasies waarskynlik is. En dis op grond hiervan dat hy uit die universiteit geskors word. Sommige resensente neem aan dat Lance in 'n bordeel betrap is, waarskynlik op grond van wat Clesant in 'n histeriese uitbarsting teenoor Lance sÍ: "I look up to you, and you do this - take to filth and go with women." Maar hierdie reŽl kan ook sinies geÔnterpreteer word as "the fury of a lover scorned".

Tyd om balans op te maak:

Lance is in die breŽ 'n wellewende, spontane mens, van wie Martin Whitby se skoonsuster, Dorothea, diť mooi ding sÍ: hy dans van binne-uit. Sy selfmoord as gevolg van sy broer, Clesant, se tirade is onoortuigend, en volg die resep van talle melodramas: kry die lastige karakter uit die pad uit by wyse van moord of selfmoord.

En wat van Martin Whitby? Vir 'n gaygeoriŽnteerde leser is dit glashelder dat Martin, om 'n Angelsaksiese uitdrukking te gebruik, 'n "crush" op Clesant March het. Forster bou egter skanse op teen diť opvatting: Martin is maar net dankbaar omdat Clesant sy lewe gered het; hy is 'n moderne mens, en nie so bang vir emosies soos die March-"clan" nie; ensovoort, ensovoort.

Dis beduidend dat die homoseksuele hoofkarakter in 'n verhaal van 'n jaar of wat nŠ Arctic Summer weer eens March heet - die verhaal wat in 1957-58 voltooi is as "The Other Boat".

4
Paul Binding is 'n gay skrywer met gayromans op sy naam, maar hy word ook hoog aangeslaan op grond van sy kritiese studies oor onder andere Lorca en Eudora Welty.

Vir hierdie leser, 'n bewonderaar van veral sy indringende studie Lorca: The Gay Imagination, is dit onverklaarbaar dat Binding die gaykodes in Arctic Summer misgelees het. Ook is die volgende uitspraak vir my te stellig: "One thing we can be clear about: whatever the ensuing rapprochement between Martin and Clesant, it wouldn't have involved sexual relations."

Nůg 'n stelling van Binding waarmee hierdie resensent nie vrede het nie, is die volgende: "After many readings I have come to believe that, had he been able to work it through to a conclusion, it would have been his masterpiece." 'n Alte hooggestemde uitspraak, gemeet aan die fragment wat die leser voor hom het.

Wel sou dit vir die gayroman 'n deurbraak kon beteken het - 'n roman waarin mans en vrouens gelykberegtig word, anders as in EM Forster se gayroman Maurice en in sy kortverhale in The Life to Come. Vir hierdie resensent is die enigste "ronde karakter" in Arctic Summer, om Forster se eie terminologie te gebruik, Martin Whitby se skoonsuster, Dorothea. Sy is 'n voorloper van The New Woman - redelik, menslik, eerlik en vol humor.

Eudora Welty het 'n baie wyse ding oor Forster se gayverhale gesÍ: "But one misses comedy (as distinct from glee), so familiar a part of his fiction - to see at once the reason for its absence: when the women went out of his stories, they took the comedy with them. (And they were also a cause of much of the beauty of his work; they afforded him a good deal of his irony; and he has not got a thoroughly good sounding board without them.)"

Forster se eie kritiek is van nut wat betref die rigting wat Arctic Summer kon ingeslaan het. Paul Binding haal Forster aan wat sÍ dat hy 'n sentrale gebeurtenis nodig het om twee faksies by mekaar uit te bring, en dan laat volg hy Forster se eie woorde: "I had got my antithesis all right, the antithesis between the civilised man [Martin], who hopes for an Arctic summer [a period when all is light], and the heroic [Clesant] who rides into the sea. But I had not settled what was going to happen, and that is why the novel remains a fragment."

Die gebeurtenis wat as katalisator moet dien en twee faksies moet versoen, lyk nie vir my na Forster se grootste probleem nie. Hy sou eerder op sy spoor moes teruggaan en die teenstrydighede in die gemoed van sy alomteenwoordige verteller deeglik onder die loep moes neem.

Van hierdie teenstrydighede getuig die drie motto-aanhalings tot hierdie essay. Een aanhaling is van 'n karakter; die ander twee is van die alomteenwoordige verteller. Teenstrydighede in die gemoed van karakters is volkome in orde, maar die alomteenwoordige verteller is veronderstel om 'n Olimpiese afstand tot karakters en gebeure te hÍ - of hy moet op sy minste die skyn van konsekwentheid handhaaf.

Soos Arctic Summer tans staan, is die alomteenwoordige verteller 'n huis teen homself verdeel, tot groot ongemak van sy manskarakters.

Miskien het hy die March-broers en Martin Whitby kunsmatiglik geskei. Die raakpunt tussen die twee faksies is, ironies soos dit mag klink, romantiek, al sou diť romantiek tot twee totaal verskillende ordes behoort.

Die romantiek van die March-broers is antiek, geformaliseer, gestileer en uiteindelik gesteriliseer, soos blyk uit meneer Vullamy se diepgaande "geloof" in "the gentlemanly middle classes".

Die romantiek van Martin Whitby is diť van 'n moderne man, vryer, meer soepel, en bowenal meer humaan as diť van die March-"clan". En sonder stand-remminge.

Maar iewers kan diť twee "opponerende" faksies tog mekaar ontmoet, al is dit net 'n aand lank. Hier onder volg my voorstelle - let wel: as skrywer, en nie as resensent nie - vir die voltooiing van Arctic Summer. Maar eers iets oor die "voltooiing" van Maurice.

5
Die filmweergawe van Maurice kan as 'n aanvulling en 'n strukturele versterking van die oorspronklike roman gesien word.

Ons het Maurice weer eens aan die Merchant Ivory-vennootskap te danke. Anders as met Room with a view (1986) en Howard's End (1992), is die draaiboek nie van die meesterlike draaiboekskrywer Ruth Prawer Jhabvala nie. Sy het nie baie geloof gehad in die literÍre gehalte van Maurice nie, maar het gesuggereer dat 'n toneel bygeskryf word waarin Clive se holderstebolder vlug Griekeland toe, weg van sy romantiese gesel Maurice af, gemotiveer word. 'n Universiteitsmaat van Clive en Maurice, ook met politieke aspirasies, soos Clive, word in 'n sekslokval gelei deur 'n soldaat in medewerking met die polisie, en word geboei weggelei van die verleidingstoneel af. Einde van 'n politieke loopbaan; einde, waarskynlik, van enige "gentleman's vocation". En diť lot wil die ambisieuse Clive tot elke prys vermy.

Vandag is dit byna onmoontlik om Maurice te lees sonder om Jhabvala se voorgestelde en uiteindelik gerealiseerde toneel in Maurice in te lees.

6
Terug by Arctic Summer, en my suggesties vir 'n verdere verloop.

Nog voor Lance se selfmoord is dit duidelik dat daar 'n onmiddellike "konneksie" tussen Clesant en Dorothea is, hoe bondig diť toneel ook is. NŠ Lance se selfmoord is dit vanselfsprekend dat Dorothea bitter sal voel, want sy het die erotiese bekoring van Lance ervaar, en het gemeld dat hy van binne-uit dans. As sy kon kies, het sy waarskynlik vir Lance bů Clesant gestel - Lance wat in sy koue graf is, weens Clesant se wreedheid.

Clesant het uiteraard suiwering nodig, wat hy net by 'n vrou sal kan kry - 'n "ordentlike" vrou, as sy broer se "sondeval" in ag geneem word. En sů 'n vrou is Dorothea, wŠt sy moeder en Uncle Vullamy ook mag dink en sÍ.

In werklikheid het Clesant onder Lance se invloed begin toegee aan die ontspanne romantiek van die Whitbys. Hiervan getuig die alomteenwoordige verteller op bl 67, rakende Clesant: "... and a lump of ice melted that he might have carried about with him till death." En wat sou nou natuurliker wees as om boete te gaan doen by moderne mense wat nie bang is vir hul eie emosies nie?

Hier lÍ die knoop, oftewel komplikasie, wat natuurlik die lewensbloed van narrasie is. Dorothea se vergiffenis - en hopelik liefde - moet verdien word. Sy weier om Clesant te woord te staan.

Op 'n winteraand, gestrand in Londen, besluit Clesant op 'n skielike aandrif om die stoombaddens in Jermyn Street, digby Piccadilly, te besoek - dieselfde Baddens wat ook deur Oscar Wilde besoek is. 'n Neutrale ontmoetplek, sonder sosiale hiŽrargieŽ. Die onbewuste het natuurlik sy redes waarvan die rede nie weet nie. Die leser weet dalk meer as Clesant, want hy onthou die toneel waar Lance in 'n warm bad geluier het, tot die misnoeŽ van Clesant. Die "koue klont" het al weer begin vorm in Clesant se hart, en dŪs wat hom na Jermyn Street gestuur het.

Wie ontmoet hy in die newels van die stoomkamer? Niemand anders nie as Martin Whitby; Whitby, wat as UtopieŽ 'n geestesbeeld het van 'n saal waarin jong mans aan toue swaai.

Martin se lewe was 'n lewe tussen vrouens. Eers is hy deur sy ma opgevoed, sy pa op die agtergrond, sodat hy nie 'n sterk manlike rolmodel gehad het nie. Lady Borlase het gesuggereer dat hy mans in sy lewe nodig het, en hoe kan hy beter by sy eie manlikheid uitkom anders as om in mansgeselskap te begin beweeg? Sů ontstaan die reŽling dat Martin een maal die maand "boy's night out" het, sonder enige verpligting om tuis met sy vrouvolk daaroor te gesels.

Clesant, tot breekpunt toe gespanne, begin in die stoomkamer huil. Wat staan Martin te doen? Sy hand kom simpatiek op Clesant se dy neer, soos eens die hand van sy chauffeur op sż dy neergekom het.

En dit kan die somtotaal van hul lyflike aanraking wees. Die gesprek tussen Martin en Clesant in die newels van 'n stoomkamer lÍ egter buite my vermoŽ; net die genie van 'n Ruth Prawer Jhabvala kan hieraan reg laat geskied.

Natuurlik gaan Martin doodgelukkig terug na sy vrou en seuntjie, en natuurlik trou Clesant uiteindelik met Dorothea, maar eers nadat sy strawwe emosionele en intellektuele eise aan hom gestel het. En Clesant speel maar saam, want hy weet uit sy ridderdae: "Faint heart never won fair lady."



Geselekteerde verwysings

Binding, Paul, "Into the Darkness", The Guardian, October 11, 2003.
Forster, E.M., Arctic Summer and Other Fiction (The Abinger Edition). 1980. Londen: Edward Arnold.
Forster, E.M., Arctic Summer. 2003. Londen: Hesperus Press.
Forster, E.M., The Life to Come and Other Stories. 1972. Londen: Edward Arnold.
Forster, E.M., The Life to Come and Other Stories. 1975. Harmondsworth: Penguin.
Forster, E.M., Maurice. 1971. Londen: Edward Arnold.
Forster, E.M., Maurice. 1972. Harmondsworth: Penguin.
Long, Robert Emmet, The Films of Merchant Ivory. 1991. Londen: Viking.
Moskowitz, Ira (red.), Great Drawings of All Time, Volume 1, Italiaanse tekenkuns van die dertiende tot die neŽntiende eeu. 1962. New York: Shorewood Press.
Welty, Eudora, "Reviews", The Eye of the Story. Selected Essays & Reviews. 1979. New York: Vintage Books.

Hennie Aucamp beplan om ook ander belangrike, maar dalk minder bekende of selfs vergete gaytekste, vir Gay@Litnet te bespreek. Kommentaar op hierdie eerste bydrae word verwelkom. Stuur dit aan dbbotha@mweb.co.za



LitNet: 28 Junie 2004

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.