GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die oom was so in 'n toes

Andries Vrey

Na aanleiding van Hennie Aucamp se gedig oor Johan van Rooyen, stigtersredakteur van De Kat, skryf Andries Vrey, akteur en dramaturg:

Johan van RooyenToe ek oom Johan die eerste maal ontmoet het, het ek nog nie van beter geweet nie. Of ek nou van beter weet, is seker ook argumenteerbaar, maar ek weet beslis van meer.

Ek het die middag nŠ werk in die hysbak geklim en gewag dat die deurskarnier op sy eie trant die swaar houtdeur moet laat toevou - in my agterkop hoop ek altyd dat ek alleen in 'n hysbak gaan wees. Ek haat dit om so 'n klein spasie met ander te deel, en my geliefde reken dat dit ook in ons verhouding een van diť probleme is.

Net voor die deur sy rus in die kosyn vind, pluk iemand dit oop.
"Mens, gods, ek's bly diť ding loop vandag, want ek's in sů 'n toes, ek weet nie wat ek sou maak as ek moes trappe op nie."

Dit was oom Johan.

Tot op die derde verdieping, waar ek moes afklim, het nie een van ons weer 'n woord gesÍ nie, want om die een of ander rede was dit nie nodig nie. Ek't nie gevoel ek moet myself aan diť vreemdeling voorstel nie - hy ken my reeds. Meer nog, hy verstaan my.

'n Paar weke later, toe my De Kat in die pos opdaag, eien ek die foto van een van die medewerkers as oom Johan. Ek gaan kyk na die name op die bord in die woonstelblok se voorportaal, en ja, dit Ūs hy: Johan van Rooyen. Toe ek hom die volgende keer sien, groet ek en sÍ dat ek sy artikel geniet het. "Het jy nog die tydskrif?" vra hy, "die bliksemse goed is so duur, ek't dit self nog nie te sien gekry nie - en hulle moet nog my tjek ook stuur."

Dieselfde aand nog klop hy aan my woonsteldeur - om die tydskrif te kom haal - en met 'n bottel whisky in die hand. Hy't homself genooi, maar ek gee nie om nie. Ons gesels ure lank. Hy sit sommer plat op die vloer en gesels.

DŠŠi aand het oom Johan vir my Johan geword.

"Nee, jisses, ek's nie 'n oom nie - gaan vra maar self my eksvrou," het hy my aanspreekvorm kafgedraf.

Ons vriendskap het van daar ontwikkel. Ook met my pa het hy 'n hegte vriendskap gesluit.

'n Paar jaar later nooi ek hom na die openingsaand van my nuwe toneelstuk, The Infuriating Fable of Phillipus Viljoen. Na afloop daarvan kry ek my pa buite en vra waar's Johan; ek was gretig om sy terugvoer te kry. "Hy't 'n draai gaan loop," sÍ my pa, "hy sal nou hier wees."

'n Rukkie later kom hy vanuit die parkeerterrein na my aangeloop, sy oŽ rooi. "Gods, dit was mooi," sÍ hy. Dis al. Niks meer nie.

Kort daarna is ek, op Johan se aanbeveling, vir 'n jaar Londen toe.

Oom Johan is dood voor ek terug was.

Toe ek my toneelstuk vanjaar by die KKNK aanbied, en platgeslaan word met 'n negatiewe resensie, gryp my hande na my selfoon - ek wil vir oom Johan bel. Ek wil hom vra of dit regtig vir hom mooi was.

Oom Johan is nie meer daar nie.

Vanoggend lees ek Hennie Aucamp se gedig vir Johan van Rooyen.

Gods, oom Johan, ek verlang na jou. Ek verlang na jou staaltjies. Die nagte waarin ek en jy ure lank deur jou boeke kon blaai. Vir mekaar kon voorlees. Deur bottels en bottels whisky kuier.
Al wat ek nou oor het, is die koffiebeker wat jy my een Kersfees gegee het.

Op die kaartjie het gestaan: "Iemand anders het die blÍrrie ding vir my gegee, ma' dis dam dÍm lelik - jy kan dit maar kry. Jou krismisboks. Dis net 'n gedagte."

En nou's oom Johan net 'n gedagte. Ek mis hom. Elke dag as ek by die werk uit daai lelike koffiebeker drink, dan dink ek aan oom Johan.

Hoe vergeet mens ooit iemand soos hy?

Ek wens meer mense kon die voorreg gehad het om hom te kon ken.

Lekker rus, oom Johan. Jy verdien dit.

Lees ook Johan van Rooyen se gedigte, en hou Gay@Litnet dop vir die verskyning van Andries Vrey se monoloog The Infuriating Fable of Phillipus Viljoen.



LitNet: 08 Julie 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.