GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Koningin Dawena, haar maagdelike reis

Almero de Villiers

’n Naam is belangrik, want dit sÍ wie jy is. Almal ken ’n Dawid, Dawie of Dave. Ons almal sÍ die een of ander tyd koebaai vir ’n doopnaam, ’n alias op die Net of ’n stoombadnaam.

Nogal snaaks diť ding van Dawid en David wat vir Dawie lughawe toe neem. Dawie is nie familie nie, net die bure se kind. Sy pa het gesÍ hy vervoer niemand lughawe toe nie, want ’n man moet selfstandig wees en sy eie planne kan maak. Pa het maar agteraf aangebied dat ons vir Dawie koebaai sal gaan sÍ. Ek en Ouboet het net vir mekaar gekyk en stilgebly, want ons ken vir Pa, jy praat nie terug nie. Sy rugbypÍls noem hom nie verniet Dawie Donder nie.

Ons ry met Deftige Dawena. Dawena met die ruim kattebak en lugbeheerde kajuit. Ek sit voor by Pa en Dawie sit-lÍ agter. Ouboet ry nie saam nie, want sy meisie het asma en almal hyg nou al ’n week lank.

Ek weet dit is simpel om ’n kar ’n naam te gee, maar in ons familie het alles ’n naam. Ouboet het die kar Dawena gedoop, want volgens hom laat die blinkblik vol aansit en aanstellerigheid hom dink aan Dawena, koningin Dawena.

Soos ek gesÍ het, ’n naam is belangrik, want dit sÍ wie jy is. Pa Dawid dra die familienaam. Sy naam beteken “geliefde”. Ouboet is ook Dawid, maar almal ken hom as Masjimani. Dit beteken “seun”. My ouma was ’n Engelse Retief en ek is David gedoop. Ek was baie lief vir sing, maar my huismense wou hÍ dat ek die sing eers so ’n bietjie los en iets probeer doen aan my muisvoŽlkuif. Ek kry toe die bynaam KokkenÍrie, ’n kokketiel gekruis met ’n kanarie. Dawie se naam pas nie by hom nie, maar sy van, Koekemoer, sÍ wie hy is.

Voor ons gery het, het Ma ons in die sitkamer maak kniel sodat ons vir Dawie kan bid. Soos altyd het sy lank en mooi gebid. Sy het dankie gesÍ dat Dawie die geleentheid gegee is om die wÍreld te kan gaan verken. Ek het gekniel, maar kon nie bid nie, want ek was te dik van die lag. Die enigste keer wat ek Dawie so sien kniel het, was toe hy die wÍreld verken het — sy eie en iemand anders se voor- en agterwÍreld.

Pa en Dawie praat min. Pa praat nooit baie nie en Dawie is vandag besonder stil.

Toe hy ’n kind was, wou niemand met Dawie speel nie, maar Ma het gesÍ dit is ons Christenplig. Dawie wou net sy eie speletjies speel. Koningin was sy gunsteling. Hy het hom in sy suster se klere opgedres en dan was hy koningin Dawena. In sprokies is die prinses beeldskoon. Dawena was nooit ’n prinses nie, altyd die koningin.

Ek was koning KokkenÍr en Masjimani die slaaf. Die kruiwa was die koets en is opgemaak met blomme en blare uit die tuin. Dawena het in die koets geklim en die slaaf moes haar stoot. Ek het agter geloop. Masjimani was maar ’n tingerige slaaf, want hy het skaars begin stoot, dan keer die koets om. Haar Majesteit het beveel dat die koning moet help stoot. Koning KokkenÍr het hom vervies, want geen koning stoot self nie, hy laat die koningin stoot. Skaars het Dawena haar sit gesit of die slaaf knipoog vir die koning, die teken dat die koningin moet uit. Die linkeroog het beteken kantel die koets na links en die regteroog kantel na regs. Onnodig om te sÍ, Dawena se koninkryk het gou tot ’n val gekom.

Ons ry verby die pastorie en ek onthou daardie Sondag in die kerk. Al die Dawids, Daves en Dawies was daar. Die preek het oor koning Dawid gegaan. Dominee het verskeie verse uit 1 en 2 Samuel voorgelees, en toe hy klaar gelees het, het hy ’n lang ruk stilgebly. Hy het oor die gemeente gegluur en toe kom dit skielik: “Amnon het Tamar verkrag!” Oom Davey in die ouderlingsbank het geskok gelyk, so asof hy skuldig was. Dominee het aangekarring en aangekarring. Van die een sonde van Dawid na die volgende. Dan loer ou Dawid die buurvrou af in die bad, pleit waansin as hy die buurman laat vermoor en so tussenin dans hy dat jy al sy kroonjuwele sien. Ek het naderhand belangstelling verloor. So deur die vaak hoor ek Dominee sÍ Dawid en Jonatan het piele gevleg. Dadelik is ek wawyd wakker. Toe sÍ hy dit weer: Dawid en Jonatan se siele het vervleg. Toe weet ek, hier kom Dominee se gunstelingonderwerp, moffiesonde.

Maar ek was verkeerd. Dominee was baie tevrede met Dawid en Jonatan. God was ook tevrede en het hulle geseŽn. Dominee het skoon liries geraak oor die verbond wat die twee kÍrels met mekaar en met God gesluit het.

Ek was nie tevrede nie, want ek was van die begin af suspisieus oor die twee soldate se ontmoeting. Toe Dominee kom by die twee wat hulle klere uittrek en dit vir mekaar gee, ruik ek lont. Ek meen, ek hou van ou Dawie, maar ek sal wraggies nie met hom onderbroeke uitruil nie. Die preek vorder tot waar die twee mekaar soen en Dawid flou val. Toe weet ek, dis g’n gewone soen diť nie. Dawie het my op ’n keer gemaak hom soen en al moet ek erken hy soen nie sleg nie, het ek hom nie teruggesoen tot hy gelÍ het nie.

Om op die hoofpad te kom draai ons regs by Kelder Uitrusters. Uncle het verlede jaar die winkel verkoop en is terug Engeland toe. Uncle was nooit getroud nie en hy is seker maar alleen daar oorkant die water. Uncle het gesÍ Dawie kan so lank as wat hy wil by hom in Londen kom bly en hy het tot vir Dawie ’n vliegtuigkaartjie gekoop. Dawie gaan nou juis vir hom kuier.

Uncle was baie goed met laerskoolklere. Hy het jou net een kyk gegee en jou nommer van die rak af gehaal. Hy was nie so goed met hoŽrskoolklere nie. Dit het nogal lank gevat om die regte klere te kry. Uncle het jou mates tydsaam geneem, jou binne- en buitebeenmates, en dan het hy vir jou ’n broek gegee om aan te pas. Hy het kort-kort by die aanpashokkie ingeloer, maak nie saak of jy net in jou slingervel was nie, maar die broek het gewoonlik te styf gesit. Hy het broeke aangedra, jy het aangepas en hy het gekyk totdat die regte broek uiteindelik gepas het.

Die snelweg is nogal besig. Pa konsentreer op die pad en Dawie het ingesluimer. Meteens sÍ Pa: “God!” Deftige Dawena gee ’n stuitige hop en swaai haar gat grasieus. Die pad is lelik verspoel en vol kolkgate. Ek en Dawie help kyk, maar dit help nie veel nie. Voor ons kan sÍ “gat!” is Pa reeds om, oor of deur die gat. As ons ’n gat slaan, praat Pa na bo en as ons ’n gat mis, skel hy die regering.

Ons ry verby die plakkerskamp. Daar is nie ’n boom in sig nie, net sand. Die kinders het nÍrens om weg te kruip nie, nie eers ’n boomhuis nie. Ek wonder of hulle ooit hier gaan uitkom. Hulle bly teenaan die lughawe, maar die vliegtuie kom hulle nie haal nie.

Ek en Dawie het elkeen ’n eie boomhuis gehad. Ek het gebou en Dawie het versier. My huis was ons bendekamer en Dawie s’n sy wegkruipplek. Dawie se huis staan vandag nog. Selfs op hoŽrskool het Dawie daar gaan wegkruip as sy ouers baklei het. Hulle het baie baklei, meestal oor Dawie. Dawie kon goed naaldwerk doen, maar sy pa het niks daarvan gehou dat sy seun soos ’n vrou naai nie.

Pa draai by die lughawe in. Ons ry op en af in die parkeerterrein op soek na ’n skaduweekol. Deftige Dawena word gou warm en Pa is bang sy verbleik. Uiteindelik kry ons ’n stilhouplek ver van die vertreksaal af. Pa stop altyd ver. Ons is gewoond aan stap. Dit is van al die geloop dat ons kinders, die susters inkluis, sulke bokramkuite het.

Ek help Dawie met sy tasse. Hy het nog maar altyd baie bagasie met hom saamgedra. Die stootkarretjie kreun onder die vrag. Dawie kom beslis nie gou terug nie. Dit is te sÍ Šs hy terugkom. Hy het destyds al vir my gesÍ hy wil weg. Hy is moeg vir die bakleiery en die wegkruip.

By die ingang moet ons groet, want Pa het gesÍ ons laai net af en ry. Ek is nie goed met koebaai sÍ nie. Ek weet ek gaan Dawie nie gou weer sien nie; dis amper asof ek vandag vir hom vir altyd gaan koebaai sÍ.

Pa groet met die hand. Totsiens, Dawie. Totsiens, Oom, en baie dankie vir die saamry.

Ek sit my arm om Dawie se skouers en gee hom ’n druk. Toe gebeur dit waarvoor ek nog altyd bang was. Ek tjank voor Pa. Ek huil omdat ek bly is Dawie se droom het waar geword en ek huil oor die drome wat koningin Dawena agterlaat.

Baai, Dawie. Bi, David.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.