Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Kos en Wyn /
Food and Wine
Reis /
Travel
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kremetarte in die inboks

Deborah Steinmair

Foto: Riana Wiechers

Soos die meeste mense het ek drie aktiewe email-adresse. Twee daarvan klink soos 'n baba se eerste geluide: google en yahoo. Dan is daar 'n ander, geheime een, waar ek vir myself die naam en mantel aangehang het van 'n hardgebakte rock-digteres wat al lank in die tand is. Haar bitterbek lirieke draal vir dae lank in 'n mens se kop, byvoorbeeld: "I don't need this fucking shit." Die kuberruim is geduldig.

Dit verg nogal baie tyd om gereeld by al drie inbokse in te loer. Dan moet 'n mens boonop gereeld skoonmaak, voor jou eie deur vee, van gemorspos ontslae raak. Dit laat my dink aan die Klein Prinsie wat elke dag die aktiewe vulkaan op sy klein planeet moes uitvee en van die kremetarte ontslae moes raak.

Inbokse raak gou vervuil van tartende kremetarte. As jy jou oë uitvee, staan daar: Bulk mail, 155. As Viagra werklik so 'n wondermiddel is, vra ek my af, is dit nodig dat dit so eindeloos geadverteer moet word? Sigarette bly op almal se lippe met min of geen advertensies. Waar daar 'n rokie trek …

Behoort hierdie maatskappye nie eers seker te maak of 'n mens in die eerste plek met 'n "manhood" bedeel is voordat hulle so dringend aanbied om dit te "enhance" nie? En het dit nie tyd geword dat hulle 'n taalversorger in diens neem nie? Watter regdenkende mens sal sy/haar manlikheid laat optimaliseer deur 'n instansie wat nie eens die uitnodiging in die subject line reg kan spel nie?

Dan het ek boonop 'n verlore familielid in Sjina wat telkens weer my epos-adres opspoor en met my probeer kontak maak. Ongelukkig kan ek nie Sjinees lees nie. Dit is tien teen een in elk geval 'n platsak verwant op soek na finansiële hulp, so ek delete maar. Dit wil nogal gedoen wees om platsak te wees in Sjina, daardie land wat aan ons voorgehou word as 'n ekonomiese model. Soos die verteller in Jonathan Franzen se boek The Corrections gesê het: dis amper onmoontlik om nie ryk en welvarend te wees in Amerika nie, en tog het hy dit reggekry.

Ek het gisteraand in 'n Muriel Spark-boek wat in die helfte van die vorige eeu afspeel, gelees dat die pos in Londen destyds om agtuur soggens afgelewer is. Mense wat nie na werke toe gegaan het nie, het hulle pos aan die ontbyttafel gelees. Die werkende massa het hulle s'n op die trein of bus gelees. Die boek se naam is Loitering with Intent. Dit is 'n redelik raak beskrywing van my huidige leefstyl.

In hierdie millennium word ons tot op die toilet gebombardeer deur elektroniese boodskappe. Ons sit soms langs mekaar en gesels deur middel van elektroniese data-oordrag. Dis skoner as gesprekke, daar is geen spoeg wat spat nie, geen oogkontak wat ontsenu nie. Maar partykeer is dit selfs meer frustrerend as my ou vyand, die telefoon.

Ek het onlangs 'n verwarrende en vrugtelose epos-onderonsie met Absa gehad. Ek het gekneus, onvergenoeg en met 'n identiteitskrisis daarvan af gekom. Ek gee die hooftrekke hier weer:

From: Deborah Steinmair
To: actionline@absa.co.za
Sent: Monday, January 24, 2005 4:27 PM
Subject: Unhappy

I am very unhappy. I have phoned, I have e-mailed, I have changed my cellphone number TWICE at ABSA branches, showing ID as well as proof of address, BUT STILL THE CELLPHONE NUMBER ON MY INTERNET BANKING REMAINS THE OLD ONE. I NO LONGER HAVE THAT PHONE OR NUMBER, WHICH MEANS THAT I AM UNABLE TO CREATE A BENEFICIARY WHEN DOING INTERNET BANKING, AS THEY CONTINUE TO SMS THE REFERENCE NUMBER TO MY OLD CELL NUMBER. THE CORRECT NUMBER IS: ……………. PLEASE CHANGE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Deborah Steinmair

Claudette Lewis wrote:

Good Day Dedorah
With regards to your e-mail that you send please accept my apologies for the delay.
This is feedback from the webmaster as to your concern; I hope this info is sufficient
Thank you for your most valued support.
Kind regards
Claudette
Action line

From: Deborah Steinmair
Sent: Thursday, February 10, 2005 6:25 AM
To: Claudette Lewis
Subject: Re: FW: Stein air Deborah - Unhappy

I am still very unhappy! I did visit one of your branches once more to change my e-mail address and cellphone number. Since then I have been unable to log on to internet banking! Now it doesn't accept my access number! You should improve your service and please get my name and surname right: I am not Dedorah Stein air, but Deborah Steinmair

From: Claudette Lewis
Sent: 11 February 2005 08:29 AM
To: Leyya
Subject: FW: FW: Stein air Deborah - Unhappy

Hi Leyya
Please can you assist I have given the client the feedback like you said and this is her reply.I would appreciated if you could e-mail the client as to what has to be done next ,because I am totally lost when it comes to the internet.Your assistance in the matter is much appreciated.
Kind regards
Claudette

From: Claudette Lewis
Sent: 11 February 2005 08:45 AM
To: Deborah Steinmair
Subject: FW: FW: Stein air Deborah - Unhappy

Hi Dedorah
This is some feedback.Please check if the details are correct.
Kind regards
Claudette
Terwyl ek hierdie geskryf het, is heelwat babas hier en in Sjina gebore. En 'n berg gemorspos is in ons almal se inbokse afgelaai.

Hoogagtend die uwe

Dedorah Stein air, Unhappy


LitNet: 08 Augustus 2005

Klik en stuur jou geliefde 'n geskenkie

Wil jy reageer op hierdie "fratsgolf"? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.