Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Kos en Wyn /
Food and Wine
Reis /
Travel
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ek hunker na tralies

Deborah Steinmair

Ek het eenkeer 'n Duitse kinderboek gelees van 'n muis wat heel somer leeggelę het terwyl sy maters kos bymekaargemaak het vir die lang winter. Hy het op die naat van sy rug gelę en droom, want hy was 'n KUNStenaar. Toe die koue winter aanbreek, was sy makkers suur en wou eers nie hulle kos met hom deel nie. Totdat hy begin PRAAT het. Hy het stories vertel, met woorde geskilder. Hy het vir hulle vertel dat hy deur die somer gelę en kleure bymekaarmaak het om hulle deur die grou winter te dra. Toe was hy almal se held. Hy het gesing vir sy sopper.

Daar is dae wanneer die versoeking groot is om myself as misverstane kUnstenaar te sien, hulpeloos vasgevang in die meedoënlose ratwerk van die rotresies. "I am trapped in the bloody maw of banal necessity," soos die titelkarakter in die wonderlike fliek Henry Fool opmerk. Daar is oomblikke van warm selfbejammering wanneer ek myself met 'n afgekapte oor en maniese fletsblou oog sien terwyl Don McLean in die agtergrond swymel: "This world was never meant for one as beautiful as you …"

Maar aan die ander kant - miskien is dit bloot luiheid, hierdie grootse gevoel van misverstaning en molestering deur die kapitalistiese bestel.

Partykeer droom ek al my oortredings haal my in en ek word opgesluit. Al die verontagsaamde hofdatums op verkeerskaartjies, die oningestuurde IRP5-vorms, die agterstallige TV-lisensie, die motorlisensie wat verval het, my rybewyskaartjie wat ek verloor het, die rivier van rompslomp wat besig is om te styg totdat net my neuspunt nog bo die water uitsteek. Is my voorland die tjoekie, soos Cherell van Isidingo? Maar sal ek so mooi en moedig soos sy kan lyk wanneer 'n butch tronkbullebak en haar slaaf my bloedig bliksem?

'n Vriend van my reken: helaas, met die huidige regstelsel is dit ook nie meer so maklik om opgesluit te word nie ...

Waarna ek smag, is tyd. Alleenaanhouding? Met my laptop as spesiale vergunning?

Ek het 'n naďewe droom van myself as tronkdigter wat die sementharde harte van gifmoordenaresse en gewoontemisdadigers vermurwe met 'n gedig per dag. Ek sal soos Eva Luna in Isabel Allende se boek met woorde smous. Ek sal uitgelos word omdat ek in plaas van sigarette, messe of seksuele gunsies, met mooi woorde smokkel. "Het jy vir my 'n paar lines om my goose te charm?" sal 'n formidabele vrou met 'n pokdalige vel en poenskop-mullet in 'n whiskey-bariton vra. Ek sal my vingers oor die toetsbord laat huppel en 'n warm kwatryn vir Katryn voortbring. Met 'n "Los haar uit, sy's 'n digtenares!" sal 'n 150 kg vroulike liggaamsbouer 'n bende gewapende letties in hulle spoor laat vassteek.

Ek blameer flieks soos The Shawshank Redemption wat die idee in 'n mens se agterkop laat posvat dat daar iets edel en verfynend vir die menslike siel is aan aanhouding.

Die Franse skrywer en dramaturg Jean Genet was 'n gewoontemisdadiger wat een van die baanbrekers in die avant-garde teater geword het. In sy boeke beskryf hy 'n skemerwęreld van manlike prostitute, boewe, pimps en verskoppelinge. Hy was 'n kleptomaan wat gasvroue se diamante gesteel het op boekbekendstellings. Prominente literęre figure soos Jean-Paul Sartre en Jean Cocteau het suksesvol daarop aangedring dat hy onder hulle beskerming op parool vrygelaat word. Hy het toe die węreld van misdaad agtergelaat en 'n suksesvolle skrywer geword.

Alle verhale eindig egter nie so gelukkig nie. Ek onthou die hofsaak van 'n Oostenrykse skrywer en reeksmoordenaar wat in die tronk begin skryf het, slim, verdienstelike, gevoelvolle boeke wat die letterkundige węreld laat regop sit het. Hulle het ook aangedring op sy vrylating en aangevoer dat hy duidelik gerehabiliteer is. Na sy vrylating het hy nog 'n string vroue regoor die węreld vermoor voordat hy weer vasgetrek is.

In Afrikaans het ons die tronkdigters Allan Boesak en Eugene Terre 'Blanche. Ek herinner my dat ons eie Elsabe Steenberg 'n tronkboek met die titel Rondomtralie geskryf het.

Noem my lui en ongeorganiseerd, maar wat ek nodig het, is 'n beskermde omgewing. Etes wat klokslag opdaag, al is dit ook in 'n vlekvryestaal-hondebak. Geen bekommernis oor parkeergeld, geen getoustaan om rekenings te betaal nie. Beskerming. Rus en vrede. Tralies. TYD.

Ns: Vraag: Wat het Gauguin NIE vir Van Gogh gesę nie? Antwoord: "Lend me your ear."


LitNet: 06 Mei 2005

Klik hier vir Moedersdaggeskenke!

Wil jy reageer op hierdie "fratsgolf"? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SęNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.