Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Kos en Wyn /
Food and Wine
Reis /
Travel
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fratsgolf

Hoe word mens ‘n freak? ‘n Inleidende les

Ek onthou die sixties van die vorige eeu. Die Republiek was rooskleurig, Doktor Verwoerd was op sy troon: ’n goedige oom met ’n groot maag en ’n vetterige kuif wat in ’n boot gesit en visvang het.

Ek was idillies gelukkig tot op 4 jaar, toe ek my hart en my onskuld verloor het aan die loseerder in ons buitekamer. Hy was ‘n verlangse familielid, omtrent twintig jaar oud en ’n hakkelende bleeksiel. Op foto’s uit dié goue era lyk hy soos jou tipiese Amerikaanse reeksmoordenaar: bleek met akneeletsels en sielvolle oë agter swart horingraambril, swak mond. Hy was ons kinderopasser. Volgens vrouetydskrifte bereik vroue hul seksuele piek tussen die ouerdom van veertig en vyftig. Ek het op vier gepiek. So hongerig oop sou ek nooit ooit weer klop nie, daarvoor sou die kerk, die staat en die skool sorg. Dit was ons geheim en ek sou nooit droom om dit vir iemand te vertel nie. Ek wou dit hê en ek wou nie hê dit moes ophou nie.

Toe ek skool toe is, was hy lankal vort. In graad een was daar vir ’n ruk ’n half-vertraagde kind wat haar wenkbroue met ’n skeermes afgeskeer het, nog lank voor die Punkbeweging. Die kinders het haar vermy omdat sy gespoeg het as sy praat en skuimbolle opgewerk het as sy opgewonde geraak het. Ek het in gefassineerde afgryse na haar gebrabbel geluister. Ek het verstaan waarvan sy praat. Sy het gelispel en gebry en onsamehangende stories uitgespoeg van ’n poliesman wat op die mat lê in sy onderbroek (ek kon my die toneel maklik voorstel, die onderboek was ’n Y-front, wit, vol klein ronde gaatjies). “Dan haaal hy thy DING yt ... ath daar thulke WIT goed by thy DING ytkom, moet jy weet hy’th LUTHHHH...”
Haar oë het omgedop en die skuimbolle het gewaai. Sy is kort voor lank weg na ’n spesiale skool.

Ek was eensaam nadat sy weg is. Nou was ek die enigste vrot appel in die koor van kindergesiggies soos die sterre se liggies die hemel se pêrels vir Jesus se kroon, so het ek geglo. Ek het deur dooie oë na die spelende kinders gekyk en gedink: as julle maar weet hoe vrot ek is, stink, siek, sondig. As ek honde sien paar, wou ek opgooi. Ek was onherroeplik besoedel. Ek sou nooit ’n man kry nie, dit was duidelik.

Ek het dwanggedagtes gekry; ’n honende stem in my binne-oor wat 100X herhaal: Liewe Jesus het ’n piepie, Liewe Jesus se piepie. Om die sataniese stemmetjie te verdring, het ek freneties begin lees, elke wakende oomblik, alles wat voorkom. Ek was opgefok. Ek het honderdmaal tot bekering gekom. My puberteit het ek uitgestel tot verdere kennisgewing. Ek was ’n vroom en heilige kind, ’n senuweewrak. Die landskap in my kop het ek ordelik en in Engels aangekweek.

Toe ek die eerste keer Blake lees:

O rose thou art sick
The invisible worm
that flies in the night
in the howling storm
has discovered thy bed
of crimson joy
and his dark secret love
doest thy life destroy;

het alles in my regop gestaan en YETH! geskree.

Deborah Steinmair

 

LitNet: 08 Oktober 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.