FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Widow of Saint-Pierre

Suzette Kotzé

Spelers: Juliette Binoche, Daniel Auteuil, Emir Kusturica
Regisseur: Patrice Leconte
Vertoontyd: Vanaf 5 Januarie 2001

Miskien is dit so dat die verloop van die geskiedenis uiteindelik bepaal word nie deur die edele en groot geeste nie, maar deur die kleingeestiges wat dit reggekry het om magsposisies te verkry en enigiets sal doen om daardie magsposisies te behou. Tot op die punt waar geen ander mens vir hulle saak maak nie, net hul eie eer en belange.

The Widow of Saint-Pierre speel af in 1850 op die Franse eiland Saint-Pierre digby die kus van Newfoundland in Kanada. Dis ’n koue wêreld waar die weer die grootste deel van die jaar miserabel is, en die inwoners van die eiland bestaan hoofsaaklik uit eenvoudige vissersmense. Die hoëlui bestaan uit die goewerneur en sy raadgewers, die regter en die garnisoen onder leiding van ’n enigmatiese kaptein (Daniel Auteuil).

Die film open met twee vissermanne wat een nag laat, in ’n dronkmansredenasie, ’n derde man met ’n mes doodsteek. Hulle word voor die hof gedaag en die moordenaar, Neel Auguste (Emir Kusturica) word ter dood veroordeel. Dis egter die tyd na die Franse Rewolusie, en die doodstraf word slegs voltrek deur onthoofding met die guillotine. Die probleem is dat daar nie ’n guillotine op Saint-Pierre is nie, nog minder ’n laksman. Die goewerneur laat weet die owerhede in Frankryk hulle moet die nodige stuur, en intussen word Auguste opgesluit in die selle by die huis van die kaptein.

Die kaptein se beeldskone, goedhartige vrou, bekend as Madame La (Juliette Binoche), is dadelik geïnteresseerd in hom — sy moet opsluit uitvind hoe dit moontlik is dat Auguste so ’n wandaad kon pleeg. Sy glo in die inherente goedheid van die mens, en dat almal ten goede kan verander. Sy haal haar man oor om Auguste toe te laat om haar bedags in haar kweekhuis te help, en kort voor lank word sy oral op die eiland saam met hom gesien waar hy weduwees en sorgbehoewendes help met herstelwerk en so meer.

Dit raak winter en nog het die guillotine en laksman uit Frankryk nie opgedaag nie. Intussen, nadat Auguste ’n ongeluk met ’n trem voorkom en ’n vrou se lewe gered het, verander die dorpenaars se houding teenoor hom en word hy oral waar hy gaan verwelkom. Die spreek vanself dat toe daar uiteindelik berig kom dat ’n guillotine op pad is maar dat die eiland self die laksman moet voorsien, niemand bereid is om Auguste se kop af te kap nie. Dit stuit egter nie die goewerneur en sy manne wat beledig voel oor hul gesag ondermyn word nie, en ’n stryd ontstaan tussen hulle en die inwoners, onder aanvoering van Madame La, oor Auguste se lewe. Die verhaal bou op tot ’n skokkende einde, en uiteindelik word die betekenis van die titel op verskillende vlakke vir die kyker duidelik.

Hierdie gevoelvolle film bied ’n interessante blik op die opkoms van die Humanisme. Madame La se geloof in haar medemens en haar en haar man se getrouheid aan die beginsels van vryheid, gelykheid en broederskap (wat gesimboliseer word deur die rooi wat sy dikwels dra, asook die rooi serp wat sy vir Auguste gee) is geïnspireer deur die invloedryke Franse skrywers van die tyd, veral Victor Hugo. Die voedingsbron van hul medemenslikheid is hul intense liefde vir mekaar, wat in skrille kontras is met die ander hoëlui se onbevredigende, liefdelose huwelike.

Ware liefde is egter dikwels te broos in die aangesig van ware wreedheid, en mens wonder 150 jaar later hoeveel die mensdom in werklikheid gevorder het. Nogtans bevestig die film dat dit altyd die moeite werd sal wees om getrou te bly aan jou beginsels, omdat dit ’n innerlike waarde het wat groter is as uiterlike eer en ego.

Juliette Binoche lewer weer eens die soort vertolking wat mens nou al verwag van hierdie uitstaande aktrise, en Emir Kusturica, wat bekend is as regisseur van besondere films soos Time of the Gypsies, Underground en Black Cat, White Cat, is net so goed voor die kamera as daaragter. Die werklike krag van die film lê egter in Daniel Auteuil se vertolking van die onkreukbare kaptein, en bevestig hom nogmaals as een van Frankryk se beste akteurs.

The Widow of Saint-Pierre is nie ligte vermaak nie, maar dis ’n film in die tipiese Franse kunsfliektradisie wat uit en uit die moeite werd is om te sien.

  • Suzette Kotzé
    Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.