FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vars films en hoekom ek nie gemors duld nie

Andrť Crous


cinephile2@yahoo.com

Die doel van hierdie artikel is om in breŽ trekke die huidige kwaliteit, bywoning en resensering van films in Suid-Afrika te ondersoek. Ek praat hier sonder enige pretensie dat my woorde meer gewig dra as die algemene opinie in diť saak; ek probeer slegs die eerlike subjektiewe benadering toepas wat ek graag by ander resensente wil sien.

My argumente in laas jaar se “Onbevredigende tendense in die rolprentbedryf” is nie meer voldoende nie, en terwyl hierdie artikel op sekere punte uitbrei, bevraagteken ek veral ook die bemarkingspraktyke van die Suid-Afrikaanse filmverspreiders. Die belangrikheid van die film as bevredigende tydverdryf in byna elke persoon se lewe is onmiskenbaar, en daarom het hul kwaliteit ’n verreikende (nie net verrykende nie) bydrae om te lewer tot almal se lewens.

Watter flieks is bevredigend vir die massas wat elke Vrydag- en Dinsdagaand op die filmteaters neersak? Watter eienskappe moet ’n fliek hÍ om geld te maak?

Antwoord: Geestelose middelmatigheid. “If you put three thoughts into a movie you’ve broken the law and no one will come,” was Sean Penn se woorde by die Edinburgh-filmfees in 2001.

Die meeste kykers wil nie verras word nie. Hulle wil die storie voor die tyd weet, steeds hul R30 opoffer en gaan sit voor ’n skerm waar hulle totale intellektuele hibernasie ervaar. Hierdie kykers (en die films wat hul geld opslurp) beskuldig ek van ’n gewillige afstomping van ’n kreatiewe verbeelding, ’n verset teen die kunste, ’n houding van apatie teenoor dŪt wat die siel en die verstand aangryp en die mens tot beter dinge en denke inspireer.

Maar hoe gaan mense weet wat om te kyk as daar nie ’n groter verskeidenheid — deur die verspreider sowel as die resensente — aan hulle gebied word nie? Waarom is daar geen filmpublikasies nie? Ster-Kinekor se driemaandelikse FilmFinesse-tydskrif, so mooi soos dit is, het geen resensies nie. Dit is ’n bemarkingspublikasie. Elke film klink onmisbaar en daar is geen kritiek nie — net lys op lys van filmfeeste waar die films bekroon is. Ons het onafhanklike filmpublikasies nodig wat films eerlik beoordeel en veroordeel. As ’n film sleg is, dan mag niemand te bang wees om so te sÍ nie.

Maar waar is die filmkritici? Hoekom is almal net filmverslaggewers, koud en feitelik? Ek stel nie regtig belang in die toneelspelers of die aantal toekennings nie; ek wil weet hoe die verslaggewer oor die fliek voel en hoekom. Waar is die kritiek? Tensy die resensente deur die bemarkingsdepartemente van Ster-Kinekor en Nu-Metro betaal word, is daar geen verskoning vir hulle om hul resensies altyd soos koeksisters voor te hou nie.

In Suid-Afrika is daar ’n baie duidelike vrees vir genadeloosheid. Suid-Afrikaners moet hul preutse beleefdheid egter oorboord gooi en begin sÍ wat hulle dink. Sonder kritiek gaan die situasie nooit verbeter nie. Films word nÍrens met styl geprys of uitmekaargeskeur nie. Alles is altyd netjies en afgemeet; niks is kontroversieel nie. Met groot lof noem ek Shaun de Waal van die Mail & Guardian as die uitsondering op die reŽl.

Wat is die funksie van flieks? Vermaak, bowenal. As die fliek niks beteken sonder sy simboliek en sy verborge betekenisse nie, dan is dit vals en pretensieus en ’n slegte fliek. Sommiges laat ons vergeet van ons probleme, ander herinner ons aan die mens se daaglikse worsteling (soms suksesvol, soms nie) met sy probleme en hoe dit sy bestaan affekteer. Flieks moet ons laat voel. As ’n fliek jou nie lewendig laat voel nie, jou nie laat lag, laat huil of laat dink nie, dan is dit onsuksesvol as ’n fliek.

Hoekom gaan mense fliek en sit nie liewer voor hul televisieskerms (waarvan ’n hele klomp met klank- en platskermtegnologie spog wat al byna die teater s’n oortref) en spaar die geld nie? Die grootte van die skerm en die gesamentlike ervaring van komedie of drama of aksie of gruwelgeweld dra by tot ’n vergroting van ons eie ondervinding daarvan. Die mag lÍ nie meer by jou en jou afstandbeheer nie: jy kan nie die film pause soos jy lus voel nie. Diť magteloosheid (tensy jy sou uitloop) vergroot die effek van die film en dra meer by tot ’n larger-than-life-ervaring as wat jou televisieskerm ooit kan.

Die flieks wat baie geld maak word “blockbusters” genoem. Blockbusters is flieks soos X-Men 2; Matrix: Reloaded; Pirates of the Caribbean; Charlie’s Angels II; Terminator 3 en The Hulk, wat gewoonlik ’n vet begroting het en diť bedrag maklik-maklik wÍreldwyd binne die eerste paar dae terugkry by die loket. Die blockbusters is ook — toevallig, nŤ! — die flieks wat oral op voorblaaie van tydskrifte pryk en waarvan ons elke 15 minute die lokprent op televisie sien.

Die blockbusters is selde werklik sleg en (terwyl hulle op min “Top tien”-lyste sal verskyn) spreek ten minste op ’n vlak van vermaak tot ’n groot aantal mense oor kulturele en sosiale grense. Doen die blockbusters iets reg? Is dit die rede vir hul sukses? Of moet ons hul sukses toeskryf aan die verspreider se bemarkingsveldtogte? Bemarking is nie die enigste rede vir die finansiŽle sukses van die blockbusters nie, maar die rol daarvan kan kwalik geÔgnoreer word.

Buitelandse films maak min geld, omdat hulle net in hoogstens vyf (gewoonlik tussen een en drie) teaters op ’n slag gewys word en weinig — indien enige — bemarking kry. KommersiŽle films maak baie geld omdat ons van hulle weet en hul pragfoto’s ons oral konfronteer.

In hierdie artikel stel ek “buitelandse films” gelyk aan films waaarvan die dialoog nie in Engels is nie. Hulle word gewoonlik om een of ander duistere rede “kunsfilms” genoem. Daarteenoor staan “kommersiŽle films”: Amerikaanse films uit Hollywood. Iewers tussen-in lÍ die Amerikaanse films met onafhanklike bevondsing, en hulle word ook gewoonlik na Cinema Nouveau verban.

Bemarkingsgeld word op al die verkeerde films spandeer. Het ons byvoorbeeld enige idee hoeveel spandeer is op die bemarking vir Matrix: Reloaded — ’n film wat sonder bemarking reeds op ’n wins in goud verseker was?

Intussen word die films wat ťintlik bemark moet word — soos enige buitelandse fliek hoegenaamd — deur die bemarkingsmasjien van die verspreider oorgeslaan. Ons hoor van een buitelandse film per jaar, soos Amťlie in 2002 of Crouching tiger, hidden dragon in 2001. Soms kry hulle dit reg om in die populÍre teaters gewys te word, maar die beste films — soos Y Tu MamŠ Tambiťn en City of God (en ouderdomsbeperking se voet: Rules of attraction het nie hierdie probleem gehad nie) - bly in Cinema Nouveau vashaak. Dit is duidelik dat die filmverspreiders glad nie geÔnteresseerd is in die kwaliteit van hul produkte nie, maar alleenlik in die aantal siele wat die filmsale op auto pilot binnestroom.

So, die onus rus op die filmresensent — die persoon wat veronderstel is om op ingeligte wyse na films te kyk — om die film te bemark deur middel van sy resensies. Maar nee, wat kry ons? Ons kry ’n waterige geproes deur mense wat nie ingelig wŪl klink nie, anders is hulle blykbaar pretensieus en daal die lesersyfer. Positief of negatief dwaal resensente nooit te ver van die gemiddelde nie. Baie selde word ’n film een ster gegee (en nog minder vyf), ondanks die feit dat daar nie ’n tekort aan drek of meesterstukke is nie.

Die resensente hoef ook nie eens ver te soek vir ’n teiken van eenster-resensies nie. Leon Schuster se grenslose vindingrykheid het gelei tot sy nuutste voortbrengsel: ’n verdere draaiboek waarin hy ’n vrybrief het om sy fassinasie met ontlasting en valstande entoesiasties uit te leef en voorsien is van die mateloos intellektuele titel Oh Shucks, I’m Gatvol!.

Ster-Kinekor verwelkom hom met ope arms — alte gelukkig om nog ’n aantal rekords te breek — en natuurlik sal die fliek weer maande lank uitverkoop wees. Die skuld hiervoor lÍ sowel by Schuster self (die meester van swak smaak en die persoon se films wat grotendeels gelei het tot die verarmde verwagtings van wat ’n Suid-Afrikaanse film kan wees) as by die enorme gehoor wat sy groteske aborsies bewonder. Schuster se flieks word gekyk deur mense wat nie van beter weet nie.

Die enigste rede waarom ek Schuster uitsonder is dat hy ’n monopolie op die Suid-Afrikaanse filmbedryf het. Hy het groot geldmag, maar sy films spreek keer op keer van ’n ongesonde beheptheid met rassestereotipes. Daar is absoluut geen oorspronklikheid in sy werk nie, en dit lei tot ’n eksponensiŽle verlaging van die kykers se IK.

Films steek in my kop vas wanneer hulle my ruk met oorspronklikheid of oomblikke van absolute herkenning. DŪt behoort die doel van ťlke film te wees, en dis nou maar ’n feit soos ’n koei dat ’n gelag vir winde nie ’n storie in jou kop laat vassteek nie. En tog aanvaar die mense smaaklose banaliteite sonder enige weerstand. Hulle moet hul koppe draai, die grot verlaat en die lig sien.

Flieks behoort kuns te wees, maar hulle behoort onder geen omstandighede “kunsflieks” te probeer wees nie. Kunsflieks is heeltemal te dikwels meer kunstig as wat hulle kuns is, en dit dui op pretensie waarvoor nůg die ernstige nůg die populÍre filmkyker sal val.

Is flieks “kuns”? Dit is ’n sinnelose vraag, want daar is te veel flieks — elkeen met sy eie positiewe en negatiewe punte — vir my om ’n enkele oordeel te kan maak.

’n PopulÍre of ’n buitelandse film is nie outomaties beter of swakker net omdat dit een van diť twee onderskeie etikette dra nie. Elke film moet apart beoordeel word op grond van sy meriete en die som van sy dele.

Hoekom beperk mense hulself so by die kyk van flieks? Daar is meer om te sien en te waardeer as die “Latest Releases” by die videowinkel, maar ’n grootskaalse publieke miskonsepsie bestaan dat films ouer as vyf jaar nie die moeite werd is nie.

In 1927 is die eerste klankfilm gemaak en vanaf 1960 word bykans alle films in kleur vervaardig. Films soos The Godfather (1972) en Star wars (1977) speel vandag nog ’n integrale rol in die verwysingsraamwerk van filmkykers rondom die wÍreld. Die ouderdom van ’n film is dus nie ’n aanwyser van sy kwaliteit of toeganklikheid nie.

Roger Ebert — in my oŽ die vooraanstaande Amerikaanse filmkritikus — was met ’n besoek aan ’n universiteit geskok om te hoor hoe oningelig filmstudente is oor die geskiedenis van films, en die afsku wat selfs hulle het van enigiets in swart en wit.

Vir enigiemand wat iets beter wil sien as meer van dieselfde, stel ek die volgende twintig flieks voor. Hulle is sogenaamde Amerikaanse “classics” wat almal diť etiket verdien, by die meeste videowinkels opgespoor behoort te kan word en steeds deur ’n moderne gehoor waardeer kan word. Hulle strek vanaf 1984 se Amadeus terug na 1939 se Wizard of Oz, vier is in swart en wit (Psycho, Some like it hot, Citizen Kane en Casablanca) en almal is in Engels.

Amadeus (1984)
ET (1982)
Raiders of the lost ark (1981)
Apocalypse now (1979)
Midnight express (1978)
Annie Hall (1977)
Die Star wars-trilogie: Star wars (1977), The empire strikes back (1980), The return of the Jedi (1983)
Taxi driver (1976)
One flew over the cuckoo’s nest (1975)
The Godfather (1972)
Lawrence of Arabia (1962)
Psycho (1960)
Some like it hot (1959)
Rebel without a cause (1955)
Singin’ in the rain (1952)
Casablanca (1942)
Citizen Kane (1941)
The wizard of Oz (1939)

As flieks vyftig jaar na hul vrystelling nog steeds ’n impak op ’n kyker kan maak (hiervan is Charlie Chaplin se films — sommige oor die tagtig jaar oud — ’n goeie voorbeeld), hoekom weier mense om vandag ’n nuwe film te sien op grond van iets soos taal?

Amerika se films is die stapelvoedsel en ander buitelandse films is blykbaar net vir fynproewers. Maar wat van Suid-Afrikaanse films? Ja, glo dit of nie, Suid-Afrika maak wel films — en ek praat nie van Schuster nie. Die filmbedryf word op die Karoo-vlaktes van Victoria-Wes verheerlik, ver verwyder van die oningeligte gepeupel waaruit die Suid-Afrikaanse filmpubliek bestaan. Maar die films wat met soveel lof bekroon word by die Apollo-filmfees sien uiteindelik nie eens die filmteaters nie — dit blyk dat die vrystelling van ’n Suid-Afrikaanse film in sy eie land nog moeiliker is as vir ’n buitelandse film. Hoekom moet spesiale filmfeeste soos die een tydens Sithengi in November gereŽl word sodat die films van eie bodem ůp eie bodem gesien kan word?

Diť jaar is drie groot Suid-Afrikaanse rolprente darem in die Suid-Afrikaanse filmteaters vrygestel. Promised land het die Apartheidsideologie ’n opstopper gegee, selfs al kom die storielyn meer ingewikkeld voor as wat dit eintlik is.

Stander, met ’n Amerikaanse regisseur en meesal Suid-Afrikaners in die rolverdeling, was uiters vermaaklik. Dit het die Bonnie and Clyde-vergelyking soms te ver gevoer, maar die algemene gevoel was een van opwindende avontuur en oproerigheid in die Apartheidsjare. Cosmic Africa ly aan die “buig in eerbiedigheid voor jou Afrika-wortels”-fenomeen. Die visuele impak is groot, maar die verteller word heeltemal te veel monoloŽ gegee en dit verstomp die pragtige natuurbeelde. Die filmmakers moet ’n bietjie die Qatsi-trilogie bekyk vir opvoeding, want hul werk getuig wel van buitengewone potensiaal, en ’n tekort aan inspirasie het hulle nie.

Oor die gebrek aan Afrikaanse projekte behoort ons vir eers nie bekommerd te wees nie, want die tyd sal wel kom. Sů ook met Zoeloe- en Xhosa-films. ’n Voorspelling dat ons binne die volgende dekade groot produksies in die ander landstale sal sien, is nie te vergesog nie.

Konstante blootstelling aan dieselfde flou flieks het gelei tot ’n aanvaarding daarvan. Die mense vreet wat hulle gevoer word. Wat sou gebeur as die skandalige (soos Dumb and dumberer) met die skouspelagtige (soos 25th hour — waarvan veel minder kopieŽ versprei is) vervang word? Kan die verwagtings van die gemiddelde film moontlik verhoog word? Ek hoop so.

Miskien behoort ek nie die doodmiddelmatige fliek te verdoem deur dit met die flieks by Cinema Nouveau te vergelyk nie. My punt is egter dat slegte films dikwels ten koste van beteres gewys word en dat films nie gelyke verspreiding geniet nie. Oor die algemeen word die beste films by die minste teaters vrygestel. Ek vra nie dat buitelandse flieks voorrang geniet nie; ek vra net vir gelykheid in hul verspreiding. Hoekom wys Bad boys II oral en nie Lantana nie?

Films hoef nie te streef na volmaaktheid nie, maar die feit dat hulle berge kan versit, dui op ’n mag wat wag vir diegene wat die moed het om daarvoor te streef. Hoekom bly die filmbedryf voortploeter met dieselfde sinnelose, denkloos aanmekaargetimmerde monstrositeite wat skaars ’n maand in die teaters en in die kykers se geheue oorleef?

Cinema Nouveau is ’n geÔsoleerde handvol (vyf, om presies te wees) teaters wat verwyder is van die volk, en lankal reeds gebrandmerk is as die plek vir filmsnobs, waar die enigste Engels die onderskrifte is en aandpakke vereis word. Terwyl dit ’n oulike idee is, is dit glad nie die geval nie. Cinema Nouveau, vanweŽ sy reputasie, skrik baie mense af om flieks te kyk wat hulle moontlik in hul plaaslike teaterkompleks sou uitprobeer het. Maar die volk bly oningelig en word nie blootgestel aan die verskeidenheid films van die wÍreld en aan die potensiaal van die filmmedium nie, want die beste films sit verkramp, weggesteek, gemarginaliseer in Cinema Nouveau.

Hoe moet die mense wat leef op Charlie’s angels en Bringing down the house die Nouveau-films ontdek? Bring die films na hulle toe! Voer hulle City of God, Intacto, en The Magdalene sisters soos hulle die Hollywood-films gevoer word. Cinema Nouveau se films moet uitvloei na minderbevoorregte teaters: die kommersiŽle soort.

En wat van ons rol in die opvoeding van die nageslag? Kinders kan ’n fliek soos Amťlie net soveel geniet soos volwassenes.

Die keuringsproses vir sogenaamde kunsfilms (populÍre films ook) moet ernstig hersien word. Minder gemors moet gewys word, en wanneer iets die moeite werd is, moet dit langer gewys word. Groot buitelandse films wat by Cannes pryse wen, soos Yi Yi: A One and a Two uit Taiwan en die twee onlangse films van die Dardenne-broers, Rosetta en The Son, word deur Suid-Afrikaanse verspreiders geweier.

’n Ongelooflike ongeregtigheid is vroeŽr diť jaar gepleeg toe Apocalypse now redux — ’n onverskrokke anti-oorlog-opera, die enigste wat Wagner verdien — nie eens veertien dae lank vertoon is by ’n somtotaal van twee teaters in die ganse Suid-Afrika nie: Nu-Metro Canal Walk en Nu-Metro Montecasino. Daarna is dit na die Labia, en toe is dit weg. Apocalypse now bewys watter magtige invloed die filmmedium op die menslike bewussyn kan hÍ wanneer dit reg gebruik word. Maar nee, wat word bemark? Oral sien ons net lokprente en skrikwekkende posters vir Maid in Manhattan, Daredevil, The hot chick en Dreamcatcher. Die beste films word nie gesien nie, en die swakstes word in ons keelgate afgestop.

Die filmkritici moet films eerlik beoordeel vanuit ’n duidelike, persoonlike oogpunt. Wanneer die lesers van resensies op meer ingeligte wyse — dit beteken dat hulle hul eie opinies vorm en logies kan vergelyk met diť van die resensent — na films kyk, dan sal hul vereistes vir films strenger word.

Dikwels maak films ons vry van ons aardse verbondenheid. Films laat ons besin, hoop en droom. Films is daar om ons te laat ontsnap en ons in te lig. Films vermaak ons en plaas ons vir ’n oomblik in ’n ander tyd, op ’n ander plek, met nuwe vriende en vyande. Films inspireer ons met lig, of laat ons die donker ongeregtigheid van die lewe voel. Films beweeg ons. Almal het die reg om op kwaliteit aan te dring en niemand mag met middelmatigheid tevrede wees nie, want dit is om die potensiaal van ons bestaan te negeer.

Die lewe is te kort om flieks te kyk wat ons nie aanraak nie. Kykers moet aandring op (’n groter verskeidenheid van) beter flieks, en die verspreiders moet ons intelligensie nie onderskat nie. Wanneer daar groter deelname is, die algemene apatie teenoor die kwaliteit van flieks verdwyn en mense die belangrikheid van flieks in hul lewens besef, dan sal hierdie wÍreld ’n beter plek wees.



16 Desember 2003

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.