FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vanilla Sky (2001)

Coenraad Walters

Met: Tom Cruise (David Aames); Penelope Cruz (Sofia Serrano); Cameron Diaz (Julie Gianni); Kurt Russell (McCabe); Jason Lee (Brian Shelby); Tilda Swinton (Rebecca Dearborn); Timothy Spall (Thomas Tipp).
Draaiboek: Cameron Crowe, gebaseer op die Spaanse rolprent Abre los ojos (“Maak oop jou oë”), geskryf deur Alejandro Amenábar en Mateo Gil, geregisseer deur Alejandro Amenábar.
Regie: Cameron Crowe.

In the end it all comes down to Tom Cruise.

Or maybe the beginning.

The latter would be the case if you count yourself among those who have skipped the prologue and eleven other chapters of this book because you couldn’ t wait to learn the answer to that all-important, earth-shattering question.

Is Tom Cruise really gay?

Well, of course not.

Sort of.

And … well, it depends.

Over the past twelve years, “Is Tom Cruise really gay?” has been asked, asked, and asked again by any number of parties, both inside Hollywood and out, across the entire spectrum of sexual orientations. So insistent has this question become that it’ s often seemed as if its answer were less linked to Cruise in particular than a tool to discover the very meaning of homosexuality itself. But as those of you who have read the prologue and eleven other chapters of this book already know, that’ s just not possible. Even if “the truth” about Tom Cruise were made incontrovertibly available, it would be as nothing compared to the fantasies he’ s inspired in viewers of every sexual stripe. For Tom Cruise is the embodiment of sexual desire. And sexuality is anarchy.

Hierdie lang aanhaling uit David Ehrenstein se boek Open secret: gay Hollywood 1928 — 1998 (New York: William Morrow, 1998) sê veel meer oor Vanilla Sky as wat enigeen betrokke by die projek miskien sou wou erken. Sedert sy eerste rolle as ’n besonder aantreklike jongeling het Tom Cruise ’n groot gevolg opgebou, en weens die enigma omtrent sy seksualiteit het hy aanhangers in ’n wyd uiteenlopende verskeidenheid sosiale groepe verwerf. Soos hulle saam met hom verouder het, het hy sy aantrekkingskrag behou en sy toneelspeelspiere begin span in meer veeleisende rolle.

In A few good men was hy ’n uitstaande opponent vir die hardekwas Jack Nicholson. Sy uiteenlopende rolle in Jerry Maguire en Magnolia het sy geloofwaardigheid as akteur versterk, al het hy sy aksiebeeld bly blinkpoets met die twee Mission: Impossible-prente. Die uitmergelende werk saam met Stanley Kubrik aan Eyes wide shut, asook sy rol as die vampier Lestat in Interview with a vampire, was miskien terugslae, maar dit lyk nie asof sy invloed in Hollywood — en op die gevoelens van dermiljoene aanhangers — ernstig benadeel is nie.

As ster is sy lewe natuurlik allemansgoed. Dus is sy eerste huwelik met Mimi Rogers steeds bekend, ten spyte van die veel interessanter huwelik met Nicole Kidman, wat onlangs glansryk in vlamme opgegaan het. Sy daaropvolgende verhouding met die Spaanse diva Penelope Cruz, medester in Vanilla Sky, het hierdie rolprent so sterk in die openbare bewussyn geplaas dat ’n mens voel jy het al die fliek gesien, want jy ken die naam daarvan dan al so lank.

Tom Cruise se teenwoordigheid oorheers dus Vanilla Sky, nog voor jy ’n raampie van die prent gesien het. Aangesien hy feitlik in elke toneel optree, en vervaardiger is, word sy teenwoordigheid nie verskraal deur ander sterre en betrokkenes nie.

Bowendien weet jy wat die flieknuusblaaie lees, dat dit juis Tom Cruise is wat die Amerikaanse regte gekoop het van Alejandro Amenábar se Abre los ojos. Regisseur Cameron Crowe, wat onlangs groot sukses behaal het met Almost famous, het die verhaal verwerk (sekerlik nie sonder insette deur Onse Tommie nie) en onder meer seker gemaak dat geen Engelstalige fliekganger uit die teater stap sonder om presies te weet wat aangaan nie (die uiteensetting aan die slot van Hitchcock se Psycho skiet jou binne, maar goeiste, dit was darem in die omgewing van vier dekades gelede!)

Wat is nou die storie van Vanilla Sky?

David Aames (Cruise) is ’n skatryk en bloedjong besigheidsman wat Pappie se sakeryk geërf het en wat, ten spyte van sy gebrek aan ervaring en sy jeugdige arrogansie, tog tekens toon van Midas-hande. Maar hy begin agterkom die lewe is redelik leeg — daar moet iets diepers daarin wees. Sy verhouding met Julie Gianni (Diaz) is fisiek bevredigend, maar emosioneel nie, hoewel sy gereed is om die knoop deur te hak. Dan daag sy vriend Brian (Lee) op by David se verjaardagpartytjie met Sofia (Cruz) — en die vonke spat (ja, ja, dankie, skinnerblaaie!!). Julie is nie geneë met hierdie verwikkeling nie, en pleeg dramaties selfmoord. In die proses verniel sy die befaamde ikoon-gesig van Tom Cruise.

Op die ongeluk volg duur plastiese chirurgie en ’n gesigmasker, wat onder meer die emosies beskerm. (Wat is dit met ikoon-gesigte en maskers? Mel Gibson in The man without a face, Leonardo di Caprio as The man in the iron mask, Hannibal Lecter in superveilige aanhouding, en nou dit?! Wat volgende?)

Plastiese chirurgie heel egter nie die emosionele letsels of breinwonde nie, en sukses word opgevolg deur waansin, moord, chaos — en dan die lang verduideliking (gelukkig?).

Aangesien ek nie die Spaanse oorspronklike gesien het nie, kan ek helaas nie vergelyk nie. ’n Mens sou egter ’n paar raaiskote oor verskille kon waag, maar nie hier nie.

Die visuele teks wat Crow en Cruise en hul span geskep het, is kompleks en sal kykers wat hulself deur die gegewe laat boei, ure se pret verskaf terwyl hulle interpretasies uitdink. Miskien het ek nodig om dit weer te sien om ’n akkurater en meer positiewe indruk daarvan te laat groei. Maar is dit die moeite werd? Ek het dan nou vir Tom Cruise gesien!

Kort vrae oor ander aspekte van die fliek:

  1. Sal dit positief bydra tot die enigmatiese loopbaan van Cameron Diaz?

    Ongetwyfeld.

  2. Moes Penelope Cruz haar talent gaan lê het op die altaar van die Hollywoodse suksesgodin?

  3. Nee. (Kyk gerus na Almodovar se All about my mother; ek sou haar ook graag wou sien in Amenábar se oorspronklike Abre los ojos — in haar moedertaal oortuig sy my. Miskien gebeur dinge later vir haar.)

  4. Is dit die moeite werd om jou gehoor op die spel te plaas vir Vanilla Sky se klankbaan?

    Nee — neem oorpluisies saam.

  5. Enigiets anders omtrent die fliek wat die moeite werd is om te noem?

    Dis altyd ’n vreugde om Tilda Swinton en Timothy Spall in aksie te sien, al is dit in piepklein rolletjies, aangesien hulle selfs verby die groot Cruise-aura kan skitter. Kurt Russell werk ook nogal as die sielkundige.

  6. Waarom speel hierdie lang, ingewikkelde en filosofiese prent nie in kunsteaters nie, terwyl lig-in-die-broek strooivermaak (soos Greenfingers) wel daar draai?

Daar’ s net een antwoord: Tom Cruise se geldmaakmag.

Ja, David Aames / Tom Cruise, daar is meer aan die lewe as baie geld en geweldige sukses. Ek dink egter nie Vanilla Sky is deel daarvan nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.