FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Boy called Twist

Suzette Kotzé-Myburgh

Spelers: Jarrid Geduld, Kim Engelbrecht, Bart Fouché, Leslie Fong, Bill Curry, Trix Pienaar, Peter Butler
Regisseur: Tim Greene

Lank is daar gelamenteer oor die agterstand in kykbare Suid-Afrikaanse films, maar vanjaar verteenwoordig sekerlik die draaipunt, en dit is eenvoudig goeie nuus vir plaaslike fliekliefhebbers. Die jongste toevoeging tot my kyklys is regisseur Tim Greene se weergawe van Charles Dickens se ou bekende Oliver Twist.

Die film open dramaties met 'n man en 'n vrou wat in 'n motor ry, al stryende. Sy, hoog swanger, spring uit die motor en hardloop weg in die gietende reën. Die volgende oggend word sy buite 'n huisie aangetref en kort daarna word haar seuntjie gebore, maar sy sterf. Omdat die jong man wat haar opgetel het en sy ouma vrees dat hulle van moord beskuldig kan word, word haar lyk begrawe en die baba op die stoep van die nabygeleë weeshuis gelaat. Die motor van die vorige aand huiwer in die agtergrond en vertrek wanneer die vondeling ingeneem word. Die hoof van die weeshuis doop hom Twist, volgens haar gebruik om die weeskinders name uit die klassieke letterkunde te gee.

Twist is 'n eenkantkind. As tienjarige word hy uitgeplaas saam met 'n "weldoener" wat hom saam met 'n klompie ander weeskinders na 'n boer se plaas neem waar hulle dwangarbeid moet doen. Uiteindelik hardloop hy weg en word 'n straatkind in Kaapstad, waar hy saam met Fagin, 'n eienaardige ou Rasta, se gang begin misdaad pleeg. Dit lyk na 'n eenrigting-afdraandepad, maar sy naam is nie verniet Twist nie …

Goed en wel. Die kyker volg die storie geboei; daar is genoeg aksie en twists and turns om jou aandag te hou. Die visuele inkleding van die verhaal is besonder goed, die pas vinnig, die kamerawerk treffend. Die tergende geheim bly daardie man in die motor van die openingstoneel - telkens deur die jare duik hy in Twist se lewe op, maar nooit van aangesig tot aangesig nie. Aangesien ek hierdie keer nié die boek gelees het nie, het ek geen ander aanduiding as die fliekverhaal voor my oë om sin te maak van hierdie karakter en veral die geheim wat hy dra nie. In hom moet die ontknoping lê - maar dis uiteindelik onduidelik en ongemotiveerd. Wat 'n werklik bevredigende fliek kón gewees het, haal tog nie die paal nie.

Daar is wel goeie goed te sê, soos die jong akteurs se spel, en veral dié van Jarrid Geduld as Twist - vroeër vanjaar in The flyer het hy reeds die belofte getoon wat hy in hierdie groter rol inderdaad vervul. Die volwasse akteurs, Leslie Fong as Fagin, Bart Fouche as Bill Sykes en Bill Curry as Mister Bassedien, hou die fokus, maar ek het 'n bietjie meer verwag van Kim Engelbrecht (ook te sien in The flyer) as die prostituut Nancy.

Dis 'n groot jammerte as 'n fliek soveel dinge reg doen, maar dan teen die einde platval. Daarmee sê ek nie dat Twist onkykbaar is nie - as toevoeging tot ons groeiende korps flieks verdien dit darem oorweging. Moet net nie te veel verwag nie.



LitNet: 18 Oktober 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.