FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Tumbleweeds (1999)

Coenraad Walters

Met: Janet McTeer, Jay O. Sanders, Kimberly Brown, Gavin O’Connor
Draaiboek en regie: Gavin O’Connor (gebaseer op ’n verhaal van Angela Shelton)

Hier is nou weer ’n fliek wat goed is vir die gees! Indien jy iets ontspannends soek, iets wat sommer net mooi is, gaan kyk gerus na Tumbleweeds.

Dit beteken geensins dat dit nie ’n goeie rolprent is nie: allermins. Daar was lanklaas so ’n sterk vertolking van ’n eerste hoofrol as dié van Janet McTeer. Haar ervaring op die verhoog (sy het ’n Tony gewen) en klein rolle in flieks soos Velvet goldmine, Carrington en Wuthering Heights het haar gereed gemaak vir dié Oscar-genomineerde rol van ’n ma wat soos ’n rolbos oor die Amerikaanse landskap beweeg. Sy is nie daartoe in staat om ’n durende verhouding met ’n man aan te knoop nie, en elke keer as ’n verhouding misluk, trek sy na ’n ander staat.

Indien sy alleen was, was dit dalk nie so ’n probleem nie. Sy het egter ’n dogter, Ava, gespeel deur Kimberly Brown. As Anna Paquin die goue beeldjie kon huis toe neem vir The piano, was die Akademie ’n nominasie aan Brown skuldig. Sy vertolk die rol van die meisiekind op die rand van ’n meer volwasse lewensfase met soveel gemak dat ’n mens verstom staan. ’n Mens wil raai dat sy en McTeer goeie vriendinne geword het op die stel, want die samespel tussen hulle is so natuurlik en ontspanne dat dit na meer as blote toneelspel lyk. Die toneel waarin Mary Jo vir Ava leer soen, is onverdunde genot. En sanitêre doekies sal nooit weer soveel pret wees nie!

Die storie is bekend en eintlik onbelangrik. Die slot is selfs nie eens werklik ’n slot nie, hoewel ’n mens kan hoop dat die rolbos nou anker geskiet het: Dan Miller (Sanders) is darem so anders as die jafels wat Mary Jo gewoonlik aangelok het. Die sensitiewe toneel waarin Ava die groot hartseer in Dan se lewe oopboor, getuig van fyn draaiboekskryf.

Dit is die warm uitbeelding van die verhouding tussen ma en dogter waarvoor Tumbleweeds onthou sal word. Moet dit asseblief nie misloop nie, selfs al dink jy jou siel het nie balsem nodig nie!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.