FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

FilmFundi word geborg deur
Cinema Nouveau

Topsy-turvy (1998)

Met: Jim Broadbent, Allan Corduner, Timothy Spall, Lesley Manville, Ron Cook, Kevin McKidd, Martin Savage
Draaiboek en regie: Mike Leigh

“Daar is iets inherent teleurstellends aan sukses,” s William Gilbert aan sy vrou. “Ek hou nie daarvan om geprys te word nie: dit maak my o rooi.”

En tog was sukses iets waaraan die beroemde duo van die Savoy Teater gewoond moes raak in die 1880’s: Gilbert en Sullivan se vermaaklike musiekspele was verpligte vermaak in Londen daardie jare en is ook vinnig uitgevoer na onder meer die VSA deur hul ondernemende impressario, Richard D’Oyly Carte (Cook).

Skielik, teen ongeveer 1884, tref ’n ramp: hul nuwe stuk, Princess Ida, is nou nie juis ’n mislukking nie, maar word deur resensente bestempel as “net vir bewonderaars”. Gilbert (Broadbent), wat die verhale uitdink en die woorde skryf, begin sy kreatiwiteit te betwyfel. Sullivan (Corduner), die komponis, gooi verdere olie op die vuur. Hy wil nie meer Gilbert se ligte, prettige storietjies toonset nie, want hy groei nie meer as komponis nie en begin homself herhaal. Hy impliseer baie duidelik dat herhaling ook Gilbert se probleem is. Die kontrak met D’Oyly Carte (die man se voornaam word uitgespreek soos die gehekelde doekie met die kraletjies wat Ouma oor die melkbeker gegooi het) vereis egter minstens nog een stuk van hulle. Gilbert se nuwe storie-idee word deur Sullivan verwerp en die drie mans se onderlinge vriendskappe word bedreig deur die moontlikheid van kontrakbreuk.

Lucy Gilbert (Manville) sleep haar man saam na ’n Japannese uitstalling in Londen. Hy koop ’n samurai-swaard as aandenking, speel daarmee - en ontlok die inspirasie wat hom lei tot die verhaal van The Mikado. Sullivan hou van die idee. Die teks en musiek is van die beste wat die duo nog gelewer het (selfs al word daar ernstig die draak gesteek met Engelse gewoontes en is daar min sprake van ’n werklik outentieke uitbeelding van Japan, die pogings tot akkurate choreografie en kostuumontwerp ten spyt). Almal glimlag breed behalwe die ongedurige Gilbert, wat nie veel erg het aan sukses nie. Hy dwaal eerder in die strate van Londen rond as om die premiere by te woon, maar daag betyds op om ’n buiging te maak!

In kenmerkende Leigh-styl is sake egter nie naastenby eenvoudig nie. Die Savoy operas tel onder die mees vervelige musiek vir die verhoog wat ek ken (en ek besef dat ek doodsdreigemente kan verwag oor hierdie stelling). Maar uit hierdie episode in die lewe van hul skeppers vorm Leigh en sy span ’n onderhoudende prent wat die volle 160 minute lank boei. Die liefderyke aandag wat aan detail geskenk word, het gelei tot Oscars vir kostuumontwerp en grimering. Dieselfde liefde vir detail is ook sigbaar in die uitbeelding van sosiale en persoonlike verhoudings - sekerlik die interessantste enkele aspek van Topsy-turvy.

Corduner en Broadbent se uitbeelding van die skeppende spanmaats is uitstekend. Sullivan word voorgehou as ’n hedonistiese lewensgenieter wat hom geroepe voel tot hor kuns. Broadbent stel Gilbert voor as veel minsamer as wat ek hom uit staaltjies en skinderbrokkies geken het. (Hy het glo sy tennisbaan laat vergroot omdat hy woedend geword het as hy aanmekaar die bal uitslaan!) Die kleiner karakters, veral die akteurs en aktrises wat jare lank as lede van die D’Oyly Carte geselskap Gilbert en Sullivan se werke opgevoer het, word eweneens volrond geteken. Die lang gedeelte wat die voorbereiding van die speelvak van The Mikado toon, is die ideale geleentheid daarvoor. Veral Timothy Spall is skitterend as die ervare, teatrale, maar tog effens onsekere Richard Temple.

Elke akteur was blykbaar verantwoordelik om self navorsing te doen oor sy/haar karakter. Hierdie tegniek herinner aan die improvisasie wat Leigh in Secrets and lies van sy akteurs vereis het — met uitstekende gevolge!

Topsy-turvy probeer nie ’n strukturele nabootsing van ’n Gilbert & Sullivan stuk te wees nie. Daar is geen opruiende ouverture, lewensbedreigende misverstand, magiese uitkoms en rasende goedvoel ensemble-slottoneel nie. Inteendeel: nadat Gilbert en Sullivan bladgeskud het op die verhoog na die premiere, lyk dit of die prent verval in irrelevanthede. Dit probeer ook geensins om alle los drade vas te knoop nie: die komplekse familiesituasie waarin Gilbert hom bevind; die ateurs se drank-, dwelm- en ander private probleme; Sullivan se eie huislike kwessies. Dis duidelik dat die lewe na die finale gordyn voortduur en dat beuselagtighede meer tyd en energie opneem as die groot tragedies en die groot suksesse. Dit is miskien teen hierdie lig dat die “whimsical” slot gesien moet word.

Topsy-turvy is ’n skitterende portret van ’n era, van ’n groep mense, en van ’n stuk lewe. Dit sal nie spreek tot die SFX- en sepiestoriebrigade nie, maar wel tot kykers wat dieper kyk as net die pragtige kostuums en uitstekende grimering.

Die filmprojek is deels befonds uit die Britse staatslotery. Hopelik sal ons eie lotery eendag kultuurprodukte van hierdie kwaliteit die wreld kan instuur!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.