FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Top tien flieks vir 2005

Suzette Kotzé-Myburgh

1.   Hero
2.   Downfall
3.   Elephant
4.   Crash
5.   Ray
6.   The Aviator
7.   Being Julia
8.   The Chorus
9.   Sideways
10. UCarmen eKhayelitsha

Om vir hierdie jaar 'n lys van tien goeie flieks te kry, was nie moeilik nie - die moeilike deel was om 'n rangorde daaraan te gee! Dus volstaan ek met 'n baie subjektiewe plasing volgens flieks wat ek die meeste geniet het of wat emosioneel die grootste impak op my gehad het.

1. Hero: Dit was eenvoudig die lekkerste kykervaring van my jaar. Ek was van die begin tot die einde meegevoer deur dié stuk visuele poësie uit China.

2. Downfall: Hierdie jaar se swaargewig. Nóg 'n Holocaust-fliek, maar uit 'n verrassende hoek: jy sien hoe die Nazi's net soos hul slagoffers ondergaan aan hul eie oorlog en daardie enigma van boosheid, Adolf Hitler, en daarin lê 'n grimmige geregtigheid.

3. Elephant: Nogeens is die onverstaanbare bose aard van die mens aan die bod, naamlik die Columbine-skoolskietery in Amerika. Gus van Sant se vertolking, met sy dromerige nagmerriekwaliteit, laat jou beter verstaan wat jy nié verstaan nie.

4. Crash: 'n Uitstekende fliek in alle opsigte, wat die aktuele onderwerp van diskriminasie, veral rassediskriminasie, ondersoek. Die nou al bekende fliektema van die afgelope dekade of wat, oor vreemdelinge in 'n reusestad wie se lewens toevallig raak maar mekaar ingrypend beïnvloed, word vaardig hanteer in 'n fliek wat 'n mens nie maklik vergeet nie.

5. Ray: Saam met The Aviator en Kinsey een van vanjaar se treffende bioflieks. Dat ek Ray, vertolk deur Jamie Foxx, voor The Aviator, met Leonardo DiCaprio, plaas, is persoonlike smaak meer as enigiets anders. Ray Charles se musiek en Foxx se vertolking is 'n wenkombinasie.

6. The Aviator: "Groter en beter!" kon die gevierde regisseur Martin Scorsese se leuse gewees het vir sy film oor die briljante lugvaartpionier Howard Hughes. So Amerikaans soos kan kom, maar dis rolprentvermaak op sy beste.

7. Being Julia: Hierdie fliek en die volgende een op my lys raak aan 'n ánder tweestryd: dié tussen die Franse en die Engelse. Met twee filmtradisies so verskillend soos "chalk and cheese" kies ek (tot my eie verrassing) dié keer die Engelse. Being Julia is 'n sprankelende spel in subtiliteit en so slim gedoen soos net die Britte kan.

8. The Chorus: Regisseur Christophe Barratier bevestig weer eens die Franse reputasie vir uitstaande flieks. The Chorus, oor 'n mislukte komponis wat by 'n seunsverbeteringskool moet gaan skoolhou, is eerlik en sonder enige pretensie. As jy 'n vakansiefliek soek, beveel ek hierdie een ten sterkste aan.

9. Sideways: Die land van oppervlakkigheid en dom presidente het een groot "redeeming feature" - hulle indie-flieks. Sideways, oor 'n melancholiese middeljarige wynliefhebber en sy vriend, die gewese TV-ster, bewys die Amerikaners is nie almal só nie.

10. U-Carmen eKhayelitsha: Dit was 'n blomjaar vir Suid-Afrikaanse flieks, en ek sonder hierdie een uit as my gunsteling (met Tsotsi 'n kortkop agter). Ten spyte van gebreke, tegnies en andersins, is die sangeres Pauline Malefane se Carmen absoluut oorrompelend.



LitNet: 11 Januarie 2006

Wil jy reageer op Suzette se keuse? Wat was jou gunsteling fliek van 2005? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

Stuur jou wense aan LitNet!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.