FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Titus

Coenraad Walters

Spelers: Anthony Hopkins, Jessica Lange, Jonathan Rhys-Myers, Laura Fraser, Alan Cumming, Osheen Jones

Ek loop nog en broei oor Titus, toe verskyn Suzette se bespreking al. Diť besondere prent was egter vir my so ’n oorweldigende ervaring dat ek graag ’n paar opmerkings daaraan wil toevoeg.

Waarom is die mens so geÔnteresseerd in homself op sy slegste? Waarom fassineer wreedheid, naakte onmenslikheid ons so geweldig? Is dit bloot omdat ’n bose mens interessanter is as jou gewone Gawe Gawie? Hou die mens daarvan om bang gemaak te word? Of wil ons beter voel, wil ons kan sÍ ons is darem nie so sleg nie?

’n Mens loop met meer vrae by die teater uit na Titus as na baie ander prente. Sekerlik is dit ’n pluspunt: die film het ’n geweldige impak! Maar het ons hierdie soort impak nodig? Die blote feit dat vele kulture nog die bloedwraak as aanvaarbaar beskou, soos Suzette uitwys, laat ’n mens “JA! HELAAS!” antwoord op diť vraag.

Ek moet seker eendag ophou kerm oor lokprente, maar wanneer die diep stem praat van die “redeeming quality of love” of so-iets wanneer Titus ter sprake kom, dan grens dit aan misleidende advertensie. Die liefde wat ter sprake is, is meestal ouers se liefde vir kinders wat tot selfvernietigende wraak oorgaan wanneer die kinders om die lewe gebring of onteer word. Die enigste “romantiese” liefde ter sprake tussen Lavinia en Bassianus, die keiser se broer, word wreed deur die agterbakse speelsheid van Tamora se seuns en die Moor Aaron vernietig.

Nog ’n opmerking oor die lokprent: naas die voetvallery voor die Oscar-wenners (Hopkins en Lange), is dit interessant om te hoor hoe die Tony-toekennings vir prestasies op Broadway-verhoŽ hier erkenning kry. Die akteur Alan Cumming (Saturninus) en die regisseur Julie Taymor is so bekroon. Dis veral interessant as ’n mens oplet tydens die slottitels dat die konsep van die prent gebaseer is op ’n onlangse verhoogproduksie: iets wat ook die geval was met die uitstekende Richard III met Ian McKellan in die hoofrol.

Presies wat was Taymor se konsep? Nog ’n vraag. Die openingstoneel is buitengewoon: die kind wat ’n kinderlike geweldsorgie met speelfiguurtjies, kos, melk en tamatiesous skep, gered word van ’n ontploffing en triomfantelik vertoon word aan die skare. Die kind se geslagloosheid is treffend — is dit werklik net seuntjies wat so wreed en morsig speel? Die woordeloosheid waarmee die kind die gebeure gade slaan en daarvan deel word, het my aanvanklik laat wonder of die verhaal aangebied word as die kind se verbeeldingsvlug — kinders is soms die wreedste mense en hulle is selfs lief vir rituele. Die dansagtige intrede van die soldate ondersteun diť idee. Maar na ’n ruk verdwyn die kind en die verhaal raak werklik tť wreed, selfs vir ’n kind, en die seksuele element word tť sterk.

Heelwat later eers verskyn die kind weer as Titus se kleinseun, diť keer met woorde om te sÍ en ’n rol om te speel (dis byna ongelooflik dat hy Tamora se seuns ontkom!). Sy belangrike optrede aan die slot suggereer op visuele wyse versoening en vrede, maar op so ’n manier dat ’n mens amper verwag hy gaan omdraai en iets sÍ soos: “Ek kom weer!” In die vredige versoening van die slot lÍ ’n ewe wrede opvolg — het Shakespeare dit geskryf, of gaan iemand vir ons ’n kamma-Shakespeare opdis?!

Teen die einde wonder ’n mens vir ’n oomblik of die hele wraakspel as verhoogstuk aangebied is, maar spoedig word die gehoor weer te heg betrek by die gebeure om bloot toeskouers in die sin van teatergangers te wees. Hierdie verskuiwende moontlikhede laat die rolprentkyker ook onseker voel oor sy verhouding tot die gebeure: is dit bloot ’n storie in ’n fliek, of ’n stuk werklikheid?

Te midde van al hierdie vrae strek dit Taymor en haar span ter ere dat sy die naakte rassisme van die oorspronklike Shakespeare nie weggesuiwer het nie. Wat het Shakespeare daarmee bedoel: dat ’n misdaad van Die Ander minder erg is as ’n misdaad deur ’n volksgenoot? Hoekom word Aaron so eensydig negatief uitgebeeld, so sonder enige eienskappe wat van hom ’n “mens” maak? Hoekom kry hy soveel kans om homself te inkrimineer, om sy spyt uit te spreek oor die enkele goeie dinge wat hy wel gedoen het? Wanneer ’n mens agterkom dat jy Titus of Tamora se misdade as minder erg ervaar as Aaron s’n, moet jy erken dat rassisme nog onkeerbaar voortleef, selfs in ons sogenaamd verligte eeu.

Anthony Hopkins het in ’n onderhoud met Esquire, November 1993, vertel van sy vroeŽ loopbaan as lid van die Britse nasionale teatergeselskap. Hy het daar heelwat Shakespeare rolle vertolk, onder meer 200 optredes waarin hy alternerend Lear en Mark Anthony gespeel het. Hierdie tydperk het hy inperkend gevind: “I’m not interested in wearing wrinkled tights and doing plays by 300-year-old dead poets.” Tydens ’n speelvak van Macbeth het hy sy kontrak verbreek. Sy rolprentloopbaan het daarna begin, en sy volgelinge sal weet dat klassieke rolle nie juis sterk daarin figureer nie. Hoewel hy ernstige rolle in prente soos Howard’s End en The remains of the day gespeel het, is dit “ligter” rolle soos diť in Meet Joe Black, Legends of the fall en The mask of Zorro wat hom nader aan die hart lÍ. Al hierdie rolle vul hy met sy uitstekende toneelspel, ’n vaardigheid wat bekroon is met die gesogte goue beeldjie vir The silence of the lambs (en een van die dae verskyn die opvolg daarvan, genaamd Hannibal).

Ek is baie dankbaar dat die vervaardigers wel daarin geslaag het om Hopkins se deelname in hierdie “play by a 300-year-old dead poet” te verseker. Min ander akteurs kan sy geskakeerde spel naboots: die volle spektrum van hartseer trots oor sy gesneuwelde seuns, tot die grens van waansin oor oplopende tragedies. Oorweldigend.

So ook die hele fliek. Oorweldigend. Maak ’n mens skoon depressief oor die mensdom. Hierdie karakters se wreedheid is wel “beter” gemotiveerd as diť van talle moordenaars wat vandag in Suid-Afrika voor die hof verskyn, maar almiskie.

Ek stap uit die teater en kan nie dadelik huis toe gaan nie. Eers verswelg ek my in sjokoladekoek en Earl Grey; daarna in mooi boeke. Tuis drink ek aan tafel meer wyn as in die vorige drie jaar (twee en ’n half glase!) en so ’n paar dinge raak effens verdrink.

En daar vertel ’n gas by die dis van ’n berig wat sy elektronies in die Guardian gelees het, van ’n sluipmoordenaar wat ’n koerantrekakteur in Zimbabwe moes “verwyder” omdat hy die regering kritiseer. Hy en die redakteur beland in ’n hyser, die redakteur vra hom vriendelik en wellewend uit oor sy familie, en hy vertel die redakteur wat hy daar soek en keer — missie onvoltooid — huiswaarts (dis njannies daar, “Zimbabwean hitman alerts target”, Woensdag 2 Augustus 2000, soek dit maar!). Wat sou (a) die antieke Romeine en (b) Shakespeare van hierdie storie gemaak het?

Vreemde wÍreld.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.