FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Titus

Suzette Kotz
Spelers: Anthony Hopkins, Jessica Lange, Jonathan Rhys-Myers, Laura Fraser, Alan Cumming, Osheen Jones

’n Hele paar van William Shakespeare se dramas is al uitstekend verfilm, en Titus kan onder hulle sy plek inneem as een van die bestes. Die film is gebaseer op Titus Andronicus, een van die Bard se vroere en minder bekende werke. Verhoogopvoerings daarvan was meestal omstrede weens die uiters bloedige aard van die verhaal.

Shakespeare se drama speel af in die tyd van die Romeinse Ryk, maar die film is ’n verrassende visuele mengsel van antieke en moderne agtergronde. Dit begin met ’n jong seun wat aan die kombuistafel in ’n voorstedelike huis sit en besig is met ’n oorlogspeletjie met sy speelgoedsoldaatjies en wapens. Die toneel bou op soos die kind se spel wilder raak. Hy verwoes ’n roomkoek, spuit tamatiesous oor alles uit, vee speelgoed en skottelgoed in ’n chaos van die tafel af. Dan begin daar van buite geluide opklink soos ’n vliegtuig wat val of ’n bom wat ontplof en op die hoogtepunt storm ’n man met ’n gasmasker in om die kind uit die puin te red.

Hulle hardloop uit na ’n binnehof, waar die terugkerende ler van die Romeinse generaal Titus Andronicus (die seun se oupa) besig is met hul intog. Die soldate is geklee in ’n soort Middeleeuse ridderharnas en hulle marsjeer nader in ’n pragtige sekwens wat amper soos ’n dans uitgewerk is, ’n tegniek wat kenmerkend is van die visuele inkleding van die film. Andronicus (Anthony Hopkins) en sy ler keer terug van ’n lang oorlog teen die Gote waarin talle Romeinse soldate gesterf het wat nou in die katakombe te ruste gel moet word.

Hy het ook gyselaars geneem: Tamora, die koningin van die Gote (Jessica Lange), haar drie seuns en ’n Moor, haar beskermheer en minnaar. In ’n tradisionele ritueel word haar oudste seun geslag en sy binnegoed seremonieel verbrand om boete te doen vir die gesneuwelde soldate van die Romeinse Ryk. Tamora se smekinge dat Andronicus haar kind se lewe moet spaar, val op dowe ore, en dit skep in haar die haat wat aanleiding gee tot die reeks moorde van wraak en weerwraak wat die tema van die res van die film vorm.

Intussen sterf die keiser, en sy een seun, die verworde en korrupte Saturninus (Alan Cumming), word keiser nadat Andronicus die keiserskap afgewys het. Saturninus wil Andronicus se dogter, Lavinia (Laura Fraser), as vrou h, maar sy verkies sy broer bo hom, en Tamora word die nuwe keiserin. Dit plaas haar in ’n posisie van mag, en sy begin beplan dadelik haar weerwraak op Andronicus en sy vier seuns wat die rituele moord op haar seun uitgevoer het.

Tamora en die Moor se wraakplanne op Andronicus se gesin neem grieselige afmetings aan, maar Andronicus se uiteindelike en finale wraak is waarlik grotesk. Heel voorspelbaar in Shakespeare-tradisie eindig die verhaal dan ook met ’n vloer besaai met lyke. Andronicus se oudste seun, die edele Lucius, bly darem oor en word die nuwe keiser, wat hopelik ’n minder bloedige bewind sal voer.

Die film is gelaai met simboliek, en die tema van bloedwraak — iets wat, moet mens jouself herhinner, tot vandag toe nog in baie kulture voorkom — en vergelding word treffend uitgebeeld. Die bloedvergieting word nie uitermate grafies aangebied nie, en met ’n paar keer se o toedruk kan selfs di met minder sterk mae daardeur kom.

Die visuele inkleding van die film is werklik besonders. Die treffende agtergronde en kostuums en interessante teenstellings wat bereik word daarmee dra en komplementeer die verhaal sodat dit, tesame met ’n paslike klankbaan, groei tot ’n egte skouspel. Die toneelspel is deurgaans van ’n ho gehalte, en Hopkins en Lange, beide Oscar-wenners, doen hul reputasies gestand. Alan Cumming bendruk ook as die verwyfde swakkeling-keiser.

Titus is nie ligte kykvermaak nie. Die tema en kinematografie plaas dit in die kunsfliek-kategorie, en dit word aanbeveel vir ernstige fliekkykers. Vir liefhebbers van Shakespeare is dit ’n moet.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.