FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The Aviator

Andrť Crous

Wat 'n jammerte. Martin Scorsese is nie meer die groot held wat hy altyd vir my was nie. Sy loopbaan word gekenmerk deur 'n wipplank van sukses, in artistieke, finansiŽle ťn kritiese terme. Taxi driver, Raging Bull en Goodfellas is waarskynlik sy mees geslaagde films op al drie vlakke.

Scorsese hou van effens onkonvensionele sentrale figure: antihelde. Die taxibestuurder en ViŽtnam-veteraan Travis Bickle in Taxi driver, die paranoÔese bokser Jake la Motta in Raging Bull, Jesus in The last temptation of Christ, die mafiaman Henry Hill wat niemand ooit doodmaak nie in Goodfellas, ens.

In The Aviator is die hoofkarakter 'n filmmaker en dra per definisie die belangstelling weg van Scorsese, die regisseur met die mees uitgebreide filmkennis (Tarantino beklee die tweede posisie). Die naam van die hoofkarakter is Howard Hughes (wat natuurlik werklik bestaan het). As jong man, en erfgenaam van miljoene dollars in oliegeld, is hy na Hollywood; ons ontmoet hom aan die begin van die film op die stel van sy film Hell's angels, wat drie jaar geneem het om te voltooi, en een van die duurste films is wat nog ooit gemaak is. Die rede hiervoor? Howard Hughes het 'n vloot vliegtuie aangekoop vir die lugtoertjies in die film; hy het 26 kameras, waarvan 'n hele aantal aan die vliegtuie vasgemaak is, gebruik; hy het groot dele van sy materiaal oorgeskiet omdat die lugtonele nie vinnig genoeg gelyk het nie; hy het gewag vir wolke, sodat die spoed van die vliegtuie duidelik kon wees.

Toe die film klaar geskiet is, kom The Jazz Singer (die eerste vollengte-rolprent met dialoog) uit, en Hughes maak sy film heeltemal oor om by te bly met tegnologie. Sy redigeerder het 'n prettige opdrag gehad om 560 uur se rou film met 99 persent te sny.

The Aviator weef 'n aantal elemente saam. Howard Hughes is obsessief oor vliegtuie en het geen perke wanneer dit kom by geld spandeer nie. Die seksuele vergelyking tussen die rush wat vliegtuie hom gee en diť wat aktrises soos Katharine Hepburn en Ava Gardner hom gee, word nie misgekyk nie en met die regte beelde oorgedra.

Howard Hughes raak al hoe meer bewus van kieme en terwyl hy nie heeltemal in As good as it gets se Jack Nicholson-karakter ontaard nie, beperk sy fobie hom al hoe meer in sy daaglikse omgang. Diť fobie, en sy obsessie met vliegtuie, trek hom stadig in die donker dieptes van die tweede helfte van die film in.

Wanneer hy vlieg, begin 'n ligte verwerking van 'n swaar Bach-werk op die klankbaan; dit dui op 'n sekere verhewenheid en 'n vryheid, 'n gevoel van euforie, maar met 'n donker ondertoon. Op 'n ironiese manier som dit vir my die hele film op, omdat die ingewikkelde onderwerp, Howard Hughes, dikwels op 'n ligsinnige wyse verfilm word, en as dit nie vir DiCaprio was nie, sou daar eenvoudig geen diepte gewees het nie.

Daar is twee vliegtuigongelukke, waarvan een diep letsels los. Diť spesifieke ongeluk is die mees indrukwekkende toneel van die film en is sekerlik die beste vliegongeluk wat ek nog ooit in 'n film gesien het. Hiťr is Scorsese se potensiaal duidelik - die toneel het emosie in karakter, danksy DiCaprio, en visuele emosie danksy die regie en die redigering, danksy die struktuur daarvan. 'n Formidabele toneel wat twee koppe uitstaan bo die ander.

Maar ek het dieselfde probleem met The Aviator as wat ek gehad het met The passion of the Christ. Die hoofkarakter is vasgevang in 'n storietjie wat hom nie genoeg spasie gee om te ontwikkel nie. Ten spyte van die 165 minute, weet ons nie hoe Hughes in Hollywood aangekom het of wat nŠ die klimaktiese verhore met hom gebeur het nie. Dit is goed wat ek graag wil weet, maar daarvoor moet sy biografieŽ geraadpleeg word, want die film sÍ dit nie en Scorsese wil my nie inlig nie. Sulke doelbewuste weglating van informasie vind ek onregverdig en onbevredigend.

DiCaprio maak die meeste van sy rol. Hy is oortuigend as 'n man wat effens versteurd is en die akteur se voorstelling van paranoia is, met die hulp van Scorsese se klankdepartement, in die kol. Hy benader Hughes se ambisie sonder enige vrees en slaag volkome. Cate Blanchett lewer die mees interessante vertolking in die film as die filmster par excellence, Katharine Hepburn: sy is tegelyk afstootlik en uiters interessant. 'n Komplekse vertolking en die beste toneelspel in die film.

Scorsese die filmliefhebber het 'n persoonlike belangstelling verfilm op 'n wyse wat dit soos 'n Spielberg-film laat voel. 'n Beduidende probleem met die film is inderdaad die feit dat Scorsese hom keer op keer na rekenaartegnologie wend vir die vlugtonele (en die visuele effekte is nie waffers nie), terwyl sy onderwerp, Howard Hughes, 70 jaar gelede die ware Jakob verfilm het met 26 kameras. Dit is onvergeeflik en 'n groot jammerte. Ek sien nie meer uit na die volgende Scorsese-film nie. Hy het homself oorgegee aan die geldduiwel, en sy persoonlike, "senuweeagtige kamera" van vroeŽr kan ek nie meer opspoor nie.

The Aviator is sekerlik vermaaklik, maar is te kommersieel en uiteindelik hol en onafgerond.



LitNet: 02 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.