FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Aviator

Suzette Myburgh

Spelers: Leonardo diCaprio, Cate Blanchett, Kate Beckinsale, Alec Baldwin, John C Reilly, Matt Ross, Alan Alda, Ian Holm, Gwen Stefani, Jude Law
Regisseur: Martin Scorsese
Vertoontyd: Vanaf 28 Januarie 2005

Een van die lekker dinge van fliek is dat dit jou belangstelling wek in dinge wat jy nie eens gedink het om in belang te stel nie. Wat ek van Howard Hughes geweet het, kom uit 'n artikel wat ek in my kinderjare in Die Huisgenoot gelees het, naamlik dat hy 'n multimiljoenêr was en 'n obsessie gehad het oor 'n sekere geur roomys (ek verbeel my dit was piesang en haselneut). Wat bly steek het, is die beeld van 'n tragiese malman. Van sy reuse-bydrae tot vroeë lugvaart het ek niks geweet nie en, in alle eerlikheid, 'n fliek te doen met Hughes en vliegtuie het my nie veel geïnteresseer nie. Maar omdat die regisseur Martin Scorsese is, het ek besluit om te gaan kyk - en een van die aangenaamste fliekverrassings in 'n lang tyd beleef.

Wat 'n fliek! Scorsese is 'n meester van sy vak en hy weet wat 'n goeie fliek moet doen: dit moet vermaak. Om uit 'n lang en veelbewoë lewe (Hughes het as 71-jarige gesterf) die regte elemente te kies om 'n boeiende storie te vertel én 'n oortuigende beeld van die persoon te skep - daarin lê die kuns van 'n fliek soos hierdie. Bekend vir sy dramatiese werk sowel as sy groot aksietonele, laat Scorsese nie op hom wag nie - The Aviator bevat seker die skouspelagtigste crash nóg in 'n fliek.

Volgens my Encarta-ensiklopedie het Hughes (gebore in 1905) reeds as veertienjarige begin vlieg. In die film blyk dit mettertyd dat vlieg nie net sy passie was nie, hy was eenvoudig briljant daarin. Sy "mal" idees het telkens tot vernuwing gelei en hom onder meer 'n belangrike lugvaartwêreldrekord besorg, en die suksesvolle wyse waarop hy sy visioenêre uitkyk kon kombineer met 'n vlymskerp sakesin het hom in staat gestel om sy beroemde multimiljoene te verdien.

Die fliek omvat talle fasette van Hughes (vertolk deur Leonardo DiCaprio) se lewe, maar trap gelukkig nie in die slaggat om alles te probeer wys nie. Dit open op komiese wyse met die bloedjong Hughes (hy is op 21 Hollywood toe) wat spook om 'n oorlogsfliek met regte vliegtuie en gevegstonele te maak. As agtergrond wil hy wolke gebruik, maar die weer wil nie saamspeel nie. Sy begroting is later boomskraap en sy nuut aangestelde rekenmeester (John C Reilly) grys van kommer, maar Hughes laat hom nie onderkry nie: wolke wil hy hê en wolke sal hy kry. Dit word 'n refrein deur die fliek: 'n man wat kommandeer en bereid is om alle reëls te buig, maar hel, jy kan nie anders as om hom te bewonder nie.

Hughes was ook berug oor sy talle verbintenisse met vroue, en daar is geen tekort aan glansryke skoonhede in The Aviator nie. Sy verwikkelde verhoudings met Katharine Hepburn (Cate Blanchett) en Ava Gardner (Kate Beckinsale) word slim gebruik om die tragiese kant van sy lewe te belig: hy het naamlik baie erg gely aan obsessiewe kompulsie en paranoia, tot die mate dat hy die laaste dekade van sy lewe as kluisenaar geleef het. Die uitstekende slottoneel plaas hierdie paradoks van Hughes se lewe in perspektief en tree in gesprek met Shine (oor die pianis David Helfgott) en A beautiful mind (oor die Nobelpryswenner John Nash).

Leonardo DiCaprio skitter eenvoudig in die titelrol en spog reeds met 'n Golden Globe as beste akteur - hopelik is sy Titanic nou vir eens en altyd begrawe. Cate Blanchett lewer haar gewone indrukwekkende spel as die vurige Katharine Hepburn, en Kate Beckinsale, Alec Baldwin, John C Reilly en Matt Ross verdien ook vermelding in kleiner rolle. Maar dis eintlik die soort fliek waarin niemand 'n voet verkeerd sit nie, en nou is dit net duime vashou dat Martin Scorsese uiteindelik sal wegstap met daardie gesogte goue beeldjie by die Oscar-aand.



LitNet: 2 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.