FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Tadpole

Coenraad Walters

Met: Aaron Stanford; Sigourney Weaver; Bebe Neuwirth; John Ritter.
Draaiboek: Heather McGowan en Niels Mueller.
Regie: Gary Winick.

Tadpole is ’n fliek wat heelwat vrae by ’n mens oproep. Ek wil graag ’n paar van hulle eerlik beantwoord.

Waarom voel jy as resensent ’n amperse vaderlike bekommernis oor Tadpole?

Dit lyk of Tadpole die slagoffer van sy eie bemarkingsveldtog kan word. Die gehoor wat dit sal kan waardeer, word deur die plakkate en die lokprent afgeskrik, terwyl die gehoor wat gelok word, dit moontlik nie sal geniet nie, weens hulle teleurstelling. Vergelyk die onlangse valse reklame vir Mostly Martha.

Nou hoe word dit dan bemark?

As ’n soort gesofistikeerde sekskomedie waarin die vyftienjarige Oscar (Stanford), bygenaamd Tadpole, van die een veertigjarige vrou na die ander se bed hop.

Wat kry ’n kyker wel?

’n Sensitiewe en deernisvolle komedie oor grootword. Oscar het wel ’n ding oor een bepaalde veertigjarige vrou: sy stiefma (Weaver). Tydens die Thanksgiving-vakansie wil hy sy liefde aan haar verklaar, maar word die heel eerste aand dronk en beland in haar vriendin (Neuwirth) se bed. Van al die seks sien ’n mens niks meer as Oscar se kaal rug nie! Die verwerking van dié komplikasie lei tot nuwe insigte - onder meer die feit dat meisies van sy eie ouderdom dalk nie heeltemal so oninteressant is as wat hy vroeër gedink het nie.

Hoe het jy as kyker gereageer op die skok van die werklikheid?

Ek het aanvanklik gedink dié fliek is hopeloos te rustig en stadig, dit sal my nooit aan die lag kry nie. Was ek verkeerd! Wanneer Oscar, sy pa (Ritter, van TV se Three’s company), sy stiefma en sy “intieme” vriendin aansit in ’n restaurant, word alle lagspierbeheer weggekalwe.

Sou jy dit aanbeveel?

Beslis ja, solank die kyker die regte soort fliek verwag! ’n Fliek wat periodiek onderbreek word met gevleuelde frases op die skerm (blykbaar van Voltaire, wat die liewe Oscar so graag lees), is moontlik nie almal se idee van pret nie. Maar as dit vir jou is, reken ek jy sal dit baie geniet!

Ten slotte twee van die aanhalings wat herhaling verdien:

  • Al vind ons nie iets aangenaams nie, sal ons darem iets nuuts vind (dis ’n ware Voltaire).
  • Die konstruksie van ’n tragedie vereis testikels.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.