FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Swimming pool

Eckhard Cloete

Regisseur: Francois Ozon (8 Women; Under the sand)
Draaiboek: Ozon en Emmanuèle Bernheim
Akteurs: Charlotte Rampling, Ludivine Sagnier, Charles Dance, Jean-Marie Lamour, Marc Fayolle.

Daar’s minstens drie baie goeie redes om Francois Ozon se nuwe film te gaan kyk. Die eerste rede is die jong Franse poppie genaamd Ludivine Sagnier. Die tweede rede is die jong Franse poppie se goddelike lyf. Die derde rede is Ozon se meesterlike manipulasie van die spel tussen oppervlak en diepte.

Die storie: ’n Populêre speurverhaalskrywer, Sarah Morton (Rampling), word deur writer’s block geteister. Haar uitgewer, John (gespeel deur Charles Dance), bied aan dat sy haar inspirasie gaan terugvind in sy luukse vakansiehuis in die suide van Frankryk. In teenstelling met reënerige Londen, skyn die son in dié skilderagtige landskap alte heerlik en begin Sarah byna dadelik aan haar nuwe boek werk. Enter: Julie (Sagnier), John se onverskillige en vrygeestige Franse dogter.

Terwyl Sarah probeer skryf, lê Julie in haar bikini langs die swembad. Sy skroom ook nie om elke aand ’n ander amper-middeljarige man huis toe te bring en, ten aanhore van Sarah, luide seks met hom te hê nie. Die kontras tussen die twee vrouens is duidelik. Sarah is middeljarig, Engels, gefrustreerd en uitgebrand. In parallelle tonele word Julie gewys waar sy langs die swembad lê met ’n aantreklike Franse man wat langs haar staan en aan sy geslagsdeel begin streel terwyl Julie die kurwes van haar lyf met haar hande verken. Die ander toneel wys Sarah, op dieselfde plek langs die swembad, maar aan die slaap in die son met die bedremmelde tuinier wat bo haar staan en net daar ook ’n uiltjie knip.

Wanneer Sarah probeer om Julie oor haar gewoontes aan te spreek, is Julie se verweer is dat sy die dinge dóén waaroor Sarah net in haar boeke skryf. Hier word die onderliggende subteks geaktiveer: die ingewikkelde verhouding tussen feit en fiksie. Wanneer Sarah ’n stuk van Julie se onderklere in die tuin kry, maak sy ’n nuwe lêer op haar skootrekenaar oop: “Julie”. Die werklikheid word deel van Sarah se fiksie. Sy snuffel rond en kom af op Julie se dagboek. Dit blyk dat Julie nie net ’n mooi lyf en leë koppie is nie. Sy het ’n verlede. Daar is ’n storie om te vertel. Onder die asemrowende oppervlak van Julie se lyf is daar ’n donkerder kant. Ook Julie se pa het ’n geheimsinnige verlede. Julie merk op: “Didn’t you know, he’s the king of orgies.”

Daar is heelwat skote van die swembad, waarop Sarah se kamer uitkyk. Ozon gebruik water as metafoor vir die verleidelike spanning tussen oppervlak en diepte. Die spanning word deurgaans senutergend volgehou. Sake word op ’n spits gedryf wanneer Julie die Franse kelner (Mark Fayolle) op wie Sarah haar oog gehad het (en wat ook in die genoemde swembadtoneel is) huis toe bring vir drankies. Die kelner het egter ook ’n sagte plekkie vir Sarah, maar probeer dit nou vir Julie vertel as sy in ’n bui vir vrye liefde is. Wanneer hy die volgende dag nêrens te vinde is nie, konfronteer Sarah vir Julie.

Hoe gemaak as mens iemand per ongeluk vermoor het? Vra vir Sarah, sy’t ’n beter idee as die meeste mense: sy skryf al vir twintig jaar hieroor. Sarah begin die rol inneem van Julie se afwesige ma. In ’n besonder kragtige toneel verwar Julie vir Sarah as haar ma terwyl sy ’n nagmerrie helder oordag (let wel) het.

Dit is eers met die verrassende ontknoping, so eie aan die moordverhaal-genre, dat die oëverblindery van die bekwame storieverteller na vore kom. Maar anders as in die tradisionele speurverhaal (en die meeste Hollywood-rillers) word die los drade nooit bymekaar gemaak nie en bly heelwat raaisels onopgelos. Wat staan in Julie se ma se boek? En wie’s Julia?

Swimming Pool … ’n boek binne-in ’n boek binne-in ’n fliek. Jy swem daarin, die kamera glip ongemerk en moeiteloos onder en bo die wateroppervlak. Of is dit net ’n gefrustreerde skrywer se wraak (al is dit dan net deur fiksie) op haar uitgewer en voormalige minnaar? Gaan kyk en besluit self.



LitNet: 07 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.