FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sweet Sixteen

Coenraad Walters

Met: Martin Compston; Annmarie Fulton; William Ruane; Michelle Coulter; Gary McCormack; Martin McCardie; Jon Morrison.
Draaiboek: Paul Laverty.
Regie: Ken Loach.

Dink Trainspotting sonder die glamour. Hierdie grinterige, skop-op-die-krop-van-die-maag-fliek sal baie fliekvlooie ongemaklik laat kriewel, maar dit is bloot ’n aanduiding van die krag en kwaliteit daarvan.

Liam (Compston) is 15. Sy pa is iewers, sy ma Jean (Coulter) in die tronk (die suggestie is dat haar krel Stan (McCormack) en sy dwelmbedrywighede daarmee te doen het), en sy eie lewe is geensins maanskyn en rose nie — dit lyk asof die skoolstelsel nie met ’n tang aan hom wil raak nie. Maar sy jeugdige optimisme laat hom planne maak — hy en sy beste vriend Pinball (Ruane) verkoop goedkoop sigarette vir ’n inkomste.

Omdat hy weier om ’n bepaalde opdrag van Stan uit te voer, smyt sy oupa hom by die huis uit. Hy trek tydelik by sy suster Chantelle (Fulton) in — een van daardie moderne jong Britse meisies wat glo die belangrikste modebykomstigheid vir ’n tiener is ’n baba, want dan moet die staat vir jou verblyf gee sodat jy uit die huis kan uit.

Liam steel Stan se dwelms en begin sy eie bedryfie met Pinball se hulp. Sy ideaal is om ’n blyplek te kry waar hy en sy ma ’n nuwe begin kan maak na haar vrylating, wat ’n dag voor sy sestiende verjaardag sal gebeur.

Sy onkundige toetrede tot groot manne se speelveld bring hom vinnig in groot moeilikheid, maar dan neem ’n plaaslike dwelmbaron hom onder sy vlerk en Liam se moontlikhede begin rooskleurig lyk.

Ongelukkig doen die wreld nie altyd veel moeite om ’n jongeling se drome waar te maak nie. Aan die slot, op sy sestiende verjaardag, is hy dieper in die moeilikheid as wat hy ooit sou kon droom. Op sy ouderdom kan hy nog nie die emosionele brug vorm tussen sy eie probleme en die volwasse “oplossings” daarvoor wat hy van sy dwelmmakkers leer nie. Hy word gedwing om situasies te hanteer waarvan die meeste moderne kinders angsvallig deur hul ouers weggehou word.

’n Interessante perspektief op die vernietiging van die dwelmbedryf word hier gegee: Liam se lewe stort in duie, selfs al het hy nog nooit self dwelms gebruik nie!

Die spel van ’n span onbekendes is uitmuntend en regisseur Ken Loach laat hulle toe om ’n klipsteenharde werklikheid daar te stel. Die pragtige landskap van Skotland word hier verdwerg deur menslike nedersetting, en die aksent van die Skotte is so erg dat die hele prent met onderskrifte aangebied word — en glo my, dis nodig! Let op na die uitspraakvariante van bekende, alledaagse Engelse woorde.

Die taalgebruik val om ’n ander rede ook op: die ongelooflik frekwente gebruik van ’n klein groepie vloekwoorde. Daar is haas geen sin uit enige mond (behalwe die kleuter Callum!) wat nie minstens een inkarnasie van die f-woord bevat nie. Onlangs het Antjie Krog oor vloekwoorde in haar vertaling van Mamma Medea ges dat ons taalgebruik so verskraal het dat ons ons mt wend tot kragwoorde om onsself emosioneel uit te druk (ironies genoeg, in hierdie weergawe van die Medea-legende is dit juis die Grieke, wat hulself as so beskaafd sien, wat die kragwoorde laat spat). Sweet Sixteen is ’n uitnemende voorbeeld van hierdie verskraling. Maar goed, die karakters het duidelik nie ’n aangename lewe nie. Werkloosheid en armoede, verveling, frustrasie en dwelmgebruik kenmerk die lewe in hierdie omgewing. Met beperkte opleiding en studiemoontlikhede bly taalkrag agterwe en die maklike uitweg tot uitdrukking word gevolg. Die een karakter wat haarself werklik laat op-lei, is sus Chantelle, wat ’n kursus volg om by ’n oproepsentrum te kan werk en dan voorwaar ’n werk bekom — subtiele kommentaar op moderne kommunikasie!

Sweet Sixteen is nie maklik om na te kyk nie, maar as lesers ’n eerlike prent soek wat die waarheid nie in suiker en gelukkige eindes probeer verpak of met skouspelagtige ontploffings en rekenaartruuks verdoesel nie, dan is hierdie prent ’n vars oase midde-in die Hollywood-woestyn. Moet dit nie misloop nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.