FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The Sweetest Thing

Suzette Kotz

Spelers: Cameron Diaz, Christina Applegate, Selma Blair, Thomas Jane, Jason Bateman, Parker Posey
Regisseur: Roger Kumble

Ernstige resensente is erg afkeurend, so ernstige fliekvlooie word gewaarsku: as There’s something about Mary te erg was vir jou smaak, hou ver verby die nuutste Cameron Diaz-walgkomedie. Dis banaal, platvloers, nogal gewaagd en plek-plek baie snaaks (my gunstelingtoneel was die seks met die blou olifant).

Wanneer jy agterna na die kredietelys kyk, maak dit sin: die draaiboekskrywer is Nancy Pimenthal, ’n medeskeper van die TV-reeks South Park. N die sukses van There’s something about Mary is dit nie vreemd dat regisseur Roger Kumble (Cruel Intentions, 1999) Cameron Diaz in die hoofrol geplaas het nie. Diaz, die verpersoonliking van die blonde, blou-oog, bruingebrande “Californian girl”, wys nogmaals haar slag met uitspattige komedie, en daar is wonderlike chemie tussen haar en Christina Applegate, wat Courtney, haar beste vriendin uit haar skooljare, speel.

The Sweetest Thing (en moenie valse verwagtinge h nie, hierdie frase word elke keer ironies bedoel) kan inderdaad beskou word as ’n meisie-weergawe van Mary, hoewel laasgenoemde baie beter n snaakser was — The Sweetest Thing se skoktoneel van iets wat vassit oortref egter Ben Stiller se gulpglips in Mary!

Terwyl die Farrelly-broers vir Mary hulle tipiese politiek onkorrekte humor gebruik het, het The Sweetest Thing se humor nogal ’n kwaai feministiese byt — vergelyk byvoorbeeld die spottery in die restaurant met die Baie Belangrike Manlike Orgaan. ’n Ander manier om die fliek te beskryf: dis die common weergawe van Sex and the City.

Christina (Diaz) is ’n losloper met ’n eenvoudige liefdesfilosofie: daar is nie ’n “Mr Right” nie, daar’s net ’n “Mr Right Now”. Dis haar manier — wat sy glad nie aan haarself sal erken nie — om haarself te beskerm teen die onrealistiese verwagtings en onvermydelike teleurstellings van die meisie-ontmoet-man-proses. Gevolglik speel sy lustig met die ouens en breek harte links en regs terwyl sy elke keer ongeskaad anderkant uitkom. Met ’n commitment-fobie wat omtrent gelykstaande is aan di van die hoofkarakter in High Fidelity.

Wanneer haar vriendin Jane (Selma Blair) in snot en trane sit oor haar krel haar gelos het, is Christina se standaardoplossing: klub toe, tel ’n man op, vergeet van daai vark, ware liefde bestaan nie. In haar poging om ’n trooster vir Jane te kry, knyp sy die boud van ’n aantreklike vreemdeling — en net daar is hulle twee aan die stry toe hy nie wil val vir haar wimperfladderende voorstelle nie. Di beginselvaste held blyk Peter van iewers in die obskure platteland te wees, wat San Francisco toe gekom het vir sy broer se ramparty. Toe die broer (knap gespeel deur Jason Bateman) later bykom, nooi hy die drie vriendinne na die partytjie, maar Christina bly by die huis — sy gaan mos nou nie erken dat sy belang stel in Peter nie.

N ’n week van ’n depressiewe Christina wat net voor die TV l, wil Courtney niks meer weet nie. Sy pen Christina vas tot di erken sy’s verlief op Peter, dwing haar in die motor en die twee sit af platteland toe vir die troue, en sodat Christina Peter weer kan sien. Daar’s ’n onverwagte kinkel in die kabel, en dan die verwagte gelukkige afloop.

Ten spyte van die tipies geykte (en houterig gespeelde) slottoneel, en nog ’n paar punte van kritiek, het ek die fliek onbehoorlik baie geniet, heel moontlik omdat die spelers dit kennelik soveel geniet het. Dis nie ’n groot fliek nie, dis definitief nie moreel opbouend nie, maar dis lekker ligte vermaak — maar let wel, slegs as jy hierdie tipe “lae” humor kan geniet.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.