FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Stuck on you

Coenraad Walters

Met: Matt Damon, Greg Kinnear, Eva Mendes, Wen Yann Shih, Cher, Meryl Streep
Draaiboek: Charles B Wessler en Bennett Yellin
Regie: Bobby en Peter Farrelly

Laat ek met die intrapslag vriendin Elaine se biegbeginsel oortree: Ek moet bieg ek het na Stuck on you gaan kyk om te sien hoe vrot dit is. ’n Komedie oor wat ons in vroeër dae ’n Siamese tweeling sou noem, gemaak deur die Farrelly broers, die skeppers van Dumb and dumber en There’s something about Mary, kon net ’n ramp wees.

Nog ’n bieg: Ek het nog nooit enige volledige Farrelly-fliek gesien nie. Genoeg lokprente en verslae van ander fliekvlooie (hetsy positief, hetsy negatief) het my afgeskrik. Die teenwoordigheid van Matt Damon en Greg Kinnear het my egter gefassineer: hoekom sou hulle in ’n prent soos dié optree?

En was die verrassing groot! Geen weersinwekkende fees van swak smaak nie, maar eintlik ’n milde en sensitiewerige komedie oor wat tans meer korrek in Engels “conjoined twins” genoem word (het Afrikaans al ’n woord hiervoor ontwerp?) – oor hoe hulle leef, radikaal van mekaar verskil (Walt is ’n akteur, maar Bob ly erg aan verhoogvrees!), en ten slotte geskei raak en hul nuwe omstandighede hanteer.

Die humor is redelik selde ten koste van die tweeling se afwyking. Met Cher en Meryl Streep wat hulself heerlik opstuur, word daar eweneens gespot met Hollywood en met mense (veral rolprent- en televisiegehore) se persepsies van normaal. Wanneer die humor wel grof en aanstootlik raak, is daar ook ’n baie goeie rede voor.

Tog voel ’n mens nie dat daar vir jou gepreek word nie, duidelike boodskappe ten spyt. Die toon is lig, selfs oor die ernstige onderwerpe wat aangeraak word, en ’n mens stap vrolik uit die teater. Soms (veral met die aanpassing na die skeidingsoperasie) was die humor dalk te veel, te aangeplak. Ek het egter nie gevoel dat tweelinge in hierdie posisie vir die vermaakwolwe gegooi word nie, aangesien daar nie lelik met hulle gespot word nie, en ook nie swaar sedelesse oor anderswees uitgedeel word nie. Dit lyk nie of Damon en Kinnear dié vreemde rolle aanvaar het net ter wille van die geld nie!

Nie noodwendig almal se idee van pret nie, maar vreemd gebalanseerd vir ’n Amerikaanse produksie. En die nuwe vlak waarheen Kinnear die mishandeling van Gershwin se Summertime voer, is eweneens pret!

(Ns vir wie belangstel: Die biegbeginsel aan my geleer deur vriendin Elaine lui dat ’n mens slegs bieg oor dit waarvan jy ondubbelsinnig en direk beskuldig word, niks anders nie. As jy ’n koppie én ’n piering gebreek het, en jy word beskuldig van die koppie, dan SWYG jy oor die piering!)

LitNet: 24 Februarie 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.