FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Tao of Steve

Suzette Kotzé

Spelers: Donal Logue, Greer Goodman, Ayelet Kaznelson, James “Kimo” Wills
Regisseur: Jenniphr Goodman
Vertoontyd: Vanaf 29 Desember

Dis die Oorlog tussen die Geslagte, Jaar 2000. Die manlike word verteenwoordig deur Dex (Donal Logue), ’n oorgewig slob van iets in die dertig. Die vroulike word verteenwoordig deur (onder meer) sy getroude minnares, Beth (Ayelet Kaznelson), ’n filosofiestudent wat val vir sy slimpraatjies, en Syd. Dis nou behalwe die stringe vroue wat hy deur die jare verower het met behulp van sy Tao of Steve, die gedragskode wat hy en sy universiteitsvriende geformuleer het oor hoe om vroue in die bed te kry.

Dex verteenwoordig die tipe man wat in die 1970’s en 1980’s vasgesteek het. Hy rook dagga vir ontbyt, het afskuwelike eetgewoontes en is verslaaf aan sigarette. Hy lees ook slim filosofiese boeke wat blykbaar te kenne moet gee dat hy eintlik ’n diepseun is, en hy hou hom besig met vrae oor die bestaan van God. Aan die ander kant is sy verhoudings met vroue ’n betekenislose inryg van “verowerings”, waarin liefde, getrouheid en commitment uiteraard geen rol speel nie (hierdie edele gevoelens reserveer hy vir sy hond).

Hy is mal daaroor om na sy eie slimmighede te luister, beskou homself as ’n ghoeroe vir mindere mans wat nie soveel sukses as hy met vroue het nie, en hy ly aan verbale diarree. Hy het ’n deeltydse werk as ’n kinderoppasser by ’n kleuterskool en hy deel ’n huis met ’n paar mansvriende, op een na almal ingelyf in die kuns van Steve-skap (dis nou soos in Steve McQueen, die prototipe Amerikaanse held, die alleenloper, die ster van The Great Escape — lees die titel simbolies, asseblief).

Die film begin waar hy, met boepie en geblomde oorhemp, sy universiteit se tienjaarreünie bywoon. Al die grappies oor sy walvisfiguur laat hom maar bekaf, maar die quickie wat hy met Beth (ook ’n universiteitsmaat) in die biblioteek gehad het terwyl haar man buite wag, en sy maklike verowering van bogenoemde filosofiestudent, laat hom gou weer glo in sy beeld van homself as Onweerstaanbare Minnaar. Tot hy Syd raaksien waar sy saam met sy beste vriende gesels. Hy kan haar egter glad nie van hul universiteitsdae onthou nie, maar sy kan wel, ook vir meer as net sy praatjies in die klas — en duidelik is dit nie van haar beste herinneringe nie.

Nou probeer hy natuurlik alles in sy vermoë om Syd, ’n stelbouer vir die Santa Fe-opera en tromspeler in ’n rockgroep, te verower. En tot sy skok werk sy Eerste Reël van Steve — dat jy nooit laat blyk wat jou eintlike intensie met ’n vrou is nie, naamlik seks, en dat jy deur terug te trek sorg dat sy agter jóú aanloop — glad nie met haar nie. En begin hy werklik op haar verlief raak. Begin hy selfs soms die waarheid praat. Moet hy uiteindelik teenoor sy grootste dissipel, die jong Dave (James “Kimo” Wills), erken dat hy eintlik maar net ’n vark is wat vroue betref. En lê hy uiteindelik Steve-skap af (hoewel ’n mens effens sinies hoop dat dit nie net ’n geval is van hy’t hom bekeer van ’n sog tot ’n beer nie).

Dié film oor ou, uitgediende manlikheid wat moet plek maak vir ’n nuwe beskouing as mans in 2000 en daarna sinvol met vroue wil omgaan, maak ’n paar goeie punte, en hopelik sal dit ’n paar waarhede tuisbring aan die man én vrou van nou. Dit loop op ’n fyn lyn met ’n anti-held held wat enersyds afstootlik is en andersyds tog reddende trekke het, en dis ’n pluimpie vir die regisseur dat sy so kon volhou met die ontluistering van die hoofkarakter sonder om hom iewers te begin “regruk” (anders gestel, hy bly ’n vet slob tot die einde).

Die verhaal maak egter ’n paar skielike spronge wat nie goed gemotiveer is nie, en die draaiboek is plek-plek werklik erg clichématig en nie baie oorspronklik nie. Tog is dit ’n fliek wat ’n mens laat dink, en is dit net om daardie rede al die moeite werd om te sien. En die rock klankbaan, veral die openingsnit, is ’n groot plesier.

  • Suzette Kotzé
    Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.