FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Star Wars — Episode II: Attack of the Clones

Andr Crous


cinephile2@yahoo.com

George Lucas het Star Wars vermink.

Star Wars is al jare lank deel van die bestaan van die meeste kinders en volwassenes regoor die wreld. Die eerste Star Wars-fliek, Episode IV: A New Hope, is in 1977 uitgereik en het die wetenskapfiksie-genre so sterk benvloed soos Kubrick se 2001: A Space Odyssey. Darth Vader is sekerlik een van die bekendste karakters van enige fliek, en frases soos “May the force be with you” is lank reeds opgeneem in ons kultuur en is bekend selfs aan diegene wat nog nooit ’n Star Wars-fliek gesien het nie.

Episodes IV, V en VI is tussen 1977 en 1983 gemaak, en George Lucas het die reeks van voor af begin in 1999 met die sogenaamde “prequel”, Episode I: The Phantom Menace. Hierdie fliek het resensente verdeel, en geen groot indruk op my gemaak nie. Ek het dit vergewe en gedink dat dit slegs ’n setup is vir wat nog sal gebeur in die volgende films. Sekerlik sou Episode II: Attack of the Clones nie slegter kan wees nie, het ek gedink.

Ek was verkeerd.

Ek sou nooit verwag het dat ek iets slegs van ’n Star Wars-fliek kan skryf nie, en ek geniet dit definitief nie om so negatief te wees nie, maar luister net hierna: In ’n reeks waar tegnologie so ’n uiters belangrike rol speel, en waar idees soos Goed vs Sleg en die teenwoordigheid en gebruik van die magiese “Force” en vriendskap sulke belangrike rolle gespeel het vantevore, sit ons in hierdie episode met ’n hoofkarakter wat om een of ander rede nie kan act nie, en ’n halwe storie wat direk uit Freud gehaal is: Anakin Skywalker gaan soek sy verlore ma, verontagsaam sodoende Obi-Wan Kenobe vir die hoeveelste keer in die fliek, en praat een keer vol haat van sy pa.

Ja, die fliek hou ditself besig met Oedipus Rex. Wat soek Freud in Star Wars?!

Ek het gepraat van Anakin Skywalker. Hy word gespeel deur Hayden Christensen, wat moontlik aan Suid-Afrikaners bekend sal wees uit die televisiereeks Higher Ground. Is sy toneelspel sy eie skuld, of is dit, soos wat my probleem met Spider-man was, die afgryslike dialoog? OK, daar is enkele lyne wat oulik is, soos Obi-Wan wat aan Anakin s “You’ll be the death of me.” Sulke ironiese dialoog is oulik en lekker, maar die oorgrote gedeelte van die draaiboek is ’n nagmerrie. Die skrywers was sekerlik oorspronklik, maar ek kry skaam vir akteurs wat sulke dialoog het soos “I hate sand. It’s coarse and rough. Not like you. Your skin is soft.” Dit is absoluut lagwekkend, en ja, hierdie is inderdaad veronderstel om die groot romantiese toneel te wees.

Natalie Portman as Senator Padm Amidala is goed in haar rol en bring balans in die tonele waar sy saam met Anakin is. Samuel L Jackson as Jedi Mace Windu het skielik begin veg, en selfs ook Yoda. Yoda is die filosoof van onbekende ouderdom wat in bykans elke Star Wars-fliek sover was. ’n Kort ou mannetjie met wyse woorde wys hier vir ons dat hy wel ’n Jedi is wat nie net die Force nie, maar ook sy Lightsaber met die grootste gemak en bevoegdheid gebruik. Dit is net jammer dat sy vegtoneel nie langer was nie.

Star Wars is bekend, veral binne filmkringe, vir sy interessante transitions tussen tonele: daar is nie net ’n eenvoudige dissolve soos wat ons in enige ander fliek sou sien nie, maar een shot word ingesuig in ‘n ander en weg gewipe deur ’n ander, ensovoorts. Lucas het al erken dat hy hierdie tegniek aan die Japannese regisseur Akira Kurosawa ontleen het (wie se Hidden Fortress duidelik die inspirasie vir die eerste Star Wars was), en dit werk hier omdat dit anders en opwindend is.

Een van die probleme wat ek gehad het met Episode I, drie jaar gelede, was Jar-Jar Binks, ’n onbeskryflik lompe gedierte met kinderlike denke. Sy rol is hier tot ’n minimum beperk en ek s vir Lucas hiervoor dankie. Maar Lucas het steeds vir elke ding wat hy reg gedoen het, tien swak idees gehad. Een voorbeeld is die toneel waar ons na Anakin moet kyk wanneer hy in sy bed l en slaap en duidelik ’n nagmerrie het — met die briljante ekstra van swaar asemhaling — en ons na hom kyk terwyl hy rondwriemel. Hoekom wys Lucas ons nie liewer wat Anakin droom nie? Dit sou mos baie beter gewees het.

Ek eindig met ’n verdediging (!) van die digitale element van die fliek. In Amerika het resensente hulle vererg oor die gebruik van digitale film in die maak van hierdie fliek. Lucas het hierdie episode nie op gewone film laat skiet nie, maar met draagbare digitale kameras. (Vir ’n eksperiment van vier digitale kameras wat gelyktydig verfilm en waar die skerm in vier verdeel is, sien Timecode.) Volgens resensente oorsee is die beeld dan nie so duidelik nie, tensy dit ook digitaal geprojekteer word. Ek het geen probleem met die beeld gehad nie — die kostuums en die groot battle scenes en die stede en planete van Lucas lyk so mooi soos altyd, en die musiek van John Williams is — soos altyd — perfek.

Lucas moet homself net regruk en vir ons wys dat daar hoop is vir Star Wars.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.