FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Spirit: Stallion of the Cimarron

Resensent: Mara

Met stemme van Matt Damon, James Cromwell, Daniel Studi.
Geredigeer deur Kelly Asbury en Lorna Cook.

Di van julle wat Being John Malkovich gekyk het, sal dalk die toneel onthou waar Malkovich in sy eie onderbewussyn rondval en ook by die “kelder” uitkom waar hy homself as klein seuntjie opgekrul sien sit en die een of ander frase prewel.

Dis hoe ek gevoel het toe ek gisteraand, op aanbeveling van ’n negejarige vriendin, gaan Spirit kyk het. Ek kon maar net nie die kind in my vrye teuels gee nie — excuse the pun. Met die beste wil in die wreld kon ek nie verstaan waaroor die kinders in die gehoor so opgewonde raak nie. Emosionele kinderstemmetjies het “Arme perd!” of “Shame!” uitgeroep in sommige dele, en ge-”oe” en ge-”aa” in ander, en gelag vir simpel grappies soos die twee Indiane wat van die hek afval. Die voorspelbare perdjie-held wat sy vryheid verloor, verlief raak en ’n mensevriend maak, en dan weer sy vryheid terugvind en weggalop in die sunset in, het my nie juis bendruk nie. Maar nou ja, vir jong kinders is ’n fliek ook seker nog nie voorspelbaar nie.

Die storie speel af in die ou Wilde Weste. In hierdie fliek is die Indiane sowaar die “goeie” ouens, en die kolonialiste is “sleg”. Steeds dualisties, maar nou ja, dis seker ’n begin. Dit is net interessant hoeveel moeite gedoen is om hierdie dualisme te beklemtoon. Die Indiane het mooi perdjies, groen grasvelde, oulike klein kindertjies wat speel en rondhardloop en s “Hello, horsey”, en die perde kry stapels appels vir ontbyt. Die kolonialiste woon in ’n vaal, bruin kamp, daar is net geharde mans: hulle perde word mishandel en hulle o glinster van wreedheid. Hulle laat ons perdjie-held vir drie dae sonder kos en water. Goed, dalk het klein kinders besliste “goeie” en “slegte” elemente nodig om die storie te verstaan.

Die musiek is geskryf deur Hans Zimmer van Lion King-faam, maar die musiek is baie melodramaties, en glad nie vergelykbaar met di van Lion King nie. Oor die animasie kan ek nie kla nie. Die beste deel van die film is die eerste deel, ’n 3D-reeks waar die perd hardloop en jy voel jy kyk deur sy o. Die gevoel is een van virtual reality.

Dan begin die fliek, en daar is ’n redelik disgusting toneel van ’n moederperd wat kraam. Dan word die held, Spirit, gebore, te oulik. Maar ek dink tog die geboorte kon ons gespaar gewees het. So word die moederfiguur dan ook establish as childbearing, nurturing, ens. Later ontmoet Spirit sy droomperd-vroutjie. Sy fladder haar wimpers, maar is bang om van die huis weg te gaan. Ewe galant pluk Spirit vir haar ’n appel waar sy dit nie kan bykom nie. Hy red haar waar sy amper wil verdrink. Aan die einde van die film galop hulle weg met die vroue-perdjie net so ’n entjie agter onse galante Spirit.

Weer eens wonder ’n mens of dit nodig is om die vroutjie s weerloos uit te beeld, en Spirit s sterk en manlik. Ek’s ’n sucker vir ’n goeie ou romantic plot, maar as dit kom by klein minds wat nog sterk ontvanklik is vir ideologiese imprints, dan is dit tog effens worrying.

Maar laat ons nou nie simpel word nie. Dis ’n mooi skoon storietjie. Niks heksery en toordery en goete nie. Geen seks en drugs en vloek nie. ’n Bietjie violence, dalk: ’n mens wonder of die toneel waar die palefaces die Indiane se kampie binneval, nie ’n bietjie ontstellend vir die heel kleintjies kan wees nie. Hopelik verstaan alle ouers teen hierdie tyd dat “parental guidance” implisiet is.

Ek weet nie. Dalk is animasie net nie meer wat dit was nie. Dalk is ons nou in die post-Shrek-era, waar alle animasieflieks nou nuwe standaarde het om aan te voldoen. Dalk irriteer kinders my, of dalk vertrou ek net nie perde wat glimlag en met die kop vir mekaar beduie of net “neigh”, “neigh” die heeltyd s in verskillende emosies nie. (Die cornyste deel was ’n Doctor Zhivago-rige toneel waar Spirit en ’n paar ander perde in ’n trein ry, en hy sien ’n sneeustorm buite die trok, en hallusineer dat hy sy vriende en sy ma sien huppel! En Brian Adams wat so ’n hartseer liedjie sing in die agtergrond!) Dalk mis ek die “grootmens-presentjies” (my boyfriend se woord) wat films soos Shrek en selfs Journey to Camelot in gehad het om ook die volwassenes mee te vermaak. In Spirit was ek so verveeld soos laas met Aristocats.

Mind you, grootmense is ook nie meer wat hulle was nie. Die dogtertjie langs my in die fliek moes teen die einde van die fliek vir haar pa verduidelik dat die vroulike heldinperd in die fliek ’n meisieperd is. Ek meen, duh, dis mos maklik, die vroulike karakter is mos die half patetiese een met die sagte ogies.

Moenie my verkeerd verstaan nie. Ek was seker maar net nie deel van die target audience nie. Hierdie is seker nie ’n “slegte” film nie, en toe ek klein was, sou ek bes moontlik ook dol gewees het daarop. Ek weet ek sou mal gewees het oor die meisieperd met die veer in haar hare.

Een goeie ding van so ’n fliek: dalk word die kindertjies groot as Boheemse tieners met vere in die hare, en hey, dan kan dit nie te sleg wees nie. In elk geval, as ek my kind moes neem na Spirit of Scoobie Doo, dan natuurlik eerder Spirit. As jou kind jou ’n eier vra, gee jy hom nie ’n slang nie. Dan maar eerder ’n eier.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.