FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Under the Sun

Suzette Kotzé

Sweeds met Engelse onderskrifte
Gebaseer op H E Bates se kortverhaal “The Little Farm”
Regisseur: Colin Nutley
Spelers: Rolf Lassgard, Helena Bergström, Johan Widerberg, Gunilla Röör, Jonas Falk, Linda Ulvaeus

Van die openingstoneel — ’n geelbruin hond wat in ’n meer plons en deurswem na sy baas aan die oorkant terwyl die goue laatmiddaglig soos balsem oor die landskap lê — weet ’n mens dat jy maar net kan terugsit en hierdie film geniet. Want dit voldoen aan al die elemente van die goeie kunsfliek: die stemmingsryke tonele, minimalistiese dialoog, ongejaagde kameraskote, terugkerende motiewe en parallelle wat slim aangewend word, karakterspel deur goeie akteurs, meesleurende agtergrondmusiek, fyn humor wat deurgaans teenwoordig is — kortom, die kuns wat in eenvoud lê.

Die verhaal speel af op die Sweedse platteland in die 1950’s. Olof (Rolf Lassgard) is ’n boer wat sedert sy ma se dood nege jaar gelede alleen op sy plaas bly en sy brood verdien met eerlike, harde werk. In sy afgesonderde bestaan (hy sing darem ook in die kerkkoor in die klein kerkie op die dorp) het hy eintlik net een vriend, die jong en aantreklike Erik (Johan Widerberg), wat sy hare soos Elvis kam en graag spog oor al die beroemdes wat hy ontmoet het toe hy op ’n Amerikaanse passasierskip gewerk het. Olof is heeltemal ongeletterd en daarom is hy afhanklik van Erik om vir hom sy geldsake te hanteer, die verkoop van sy produkte en die aankoop van wat hy nodig het. Maar hy vertrou Erik volkome en bly afwysend oor Erik se aanmoediging dat hy moet leer lees.

Die fliek begin waar Olof dorp toe gaan na die nuuskantoor waar hy ’n advertensie in die koerant plaas: “Eensame boer. 39 jaar oud. Eie motor. Soek jong vrou as huishoudster. Foto sal waardeer word.” ’n Week later is daar twee briewe; hy kies die een wat ’n foto het en ’n briefie wat sê dat die vrou, Ellen Lind (Helena Bergström), die Sondag in die omgewing sal wees en dat hy haar op die stasie kan ontmoet. Olof daag op in sy kerkpak om ’n pragtige blonde vrou in ’n gesofistikeerde stadspakkie aan te tref. Sy sê dat sy nog nooit op ’n plaas gewoon het nie, maar dat sy ’n harde werker is. Nadat hy haar rondgewys het in sy baie verwaarloosde huis, aanvaar sy die pos en die volgende dag is sy terug met haar bagasie om in te trek.

Intussen het die dominee, wat Olof se advertensie in die koerantkantoor gesien het, vir Erik ingelig oor die stand van sake, en Erik daag op om dié mooi nuwe huishoudster te sien. Onmiddellik is daar ’n driehoek tussen die karakters. Erik probeer aanlê by die pragtige Ellen, maar hy wantrou haar motiewe wat Olof betref en wil sy naïewe vriend beskerm teen fortuinsoekers. Ellen, wat duidelik nie onkundig is oor die weë van die wye wêreld nie, hanteer hom koeltjies en ontduik sy nuuskierige vrae oor haar verlede telkemale. Tussen hulle staan die groot en goedvertrouende Olof. ’n Liefdesverhaal ontvou teen die geil agtergrond van die Nordiese somer, maar soos altyd is daar ’n slang in die paradys.

Under the sun, wat in 1999 ’n Oscar-benoeming gekry het vir Beste Buitelandse Film, is aan die een kant net nog ’n liefdesverhaal, en die verhaal van die liefde is al so dikwels vertel dat mens half outomaties wonder of daar dan regtig nog iets nuuts oor die liefde te sê is. Die motto van die fliek, uit Prediker 1, sê immers dat daar niks nuuts onder die son is nie. Aan die ander kant bly dit altyd ’n wonder dat twee mense mekaar kan vind en vir mekaar kan sê: “Ek het jou lief” — ten spyte van die verskille, ten spyte van die geraamtes in die kas, ten spyte van die emosionele bagasie wat ons almal met ons saamdra.

Hierdie pragtige film is ’n moet vir romantiese fliekvlooie (wees maar voorbereid daarop om per geleentheid met die snesie oor die oë te vee) en enigeen wat ’n goeie kunsfliek kan waardeer.

  • Suzette Kotzé
    Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.