FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

City Slickers

Suzette Kotzť
DokumentÍr. 54 minute. In die Labia.
Regisseur en vervaardiger: Trevor de Kock

Met die onlangse dokumentÍre filmfees nog vars in die geheue, is daar nog ’n dokumentÍr wat verpligte kykstof is: die Suid-Afrikaner Trevor de Kock se City Slickers oor die kolonie Afrika-pikkewyne by Boulders, die strandjie naby Simonstad in die Kaap.

Swart-wit kombinasies in die diereryk het my nog altyd gefassineer, as jy daaraan dink dat dit eintlik ’n onwaarskynlike kleur is vir kamoeflering. Daar is sebras, pandabere, ystervarke, tarentale, verskillende soorte vlinders, visse en slange. En frieskoeie en pikkewyne — City Slickers het my laat besluit laasgenoemdes se doel is om te sorg vir humor in die natuur.

Kyk, daar is ’n lewensles te leer by hierdie kordate outjies in hulle manelpakke. Op land is hulle die lompste goed denkbaar, hulle val oor hul voete, hul spring-val doef! van mure af, hulle gly-gly oor rotse, maar een ding het hulle in oorvloed: determinasie. Maak nie saak hoe moeilik dit is om oor die weg te kom nie, hulle sal uitkom waar hulle wil uitkom.

Die Boulders-pikkewyne word nie verniet die “city slickers” genoem nie. ’n Klompie meer avontuurlike lede van die kolonie (wat in die afgelope jare aangegroei het tot omtrent vierduisend, die enigste pikkewynkolonie ter wÍreld waar die getalle aan ‘t toeneem is) is nie tevrede met warm seesand en stof in hulle oŽ as die Kaapse stormwinde waai nie. Nee, hulle soek luukser verblyf in die woonbuurte — ’n nes by ’n braaiplek hier, koelte van die skroeiende somerhitte in ’n kweekhuis daar, tot (meestal) ergernis van die inwoners. In Boulders se strate is daar selfs spesiale padtekens wat bestuurders waarsku dat pikkewyne die pad oorsteek!

Die dokumentÍr, wat vroeŽr vanjaar vrygestel is, volg die spoor van Henry, ’n mannetjiepikkewyn van die eilande verder suid, wat by Boulders beland. Soos in enige heldeverhaal moet hy aanvanklik teenstand oorkom en gewoond raak aan die vreemde lewenswyse “in die stad”: mens en pikkewyn deel dieselfde strand en see en in die warm somermaande kan dit nogal beknop raak. Interessant ook, met snaakse voorwerpe soos sonbrille, speelgoedgrafies en bikinibostukke wat rondlÍ en deur ’n pikkewyn opgeraap kan word.

Op die slegs-vir-pikkewyne strand langs die swemstrand gaan dit darem beter, en Henry ontmoet kort voor lank vir Margaux, ’n aanvallige wyfie. Die liefde (pikkewyne paar blykbaar lewenslank) en die gewigtige taak van ouerskap volg. Diť “verpersoonlikte” vertelwyse is ’n geslaagde manier om die kyker die siklusse van die pikkewynlewe te wys, en gelukkig plaas die regisseur die klem op humor sonder om die oulikheidsfaktor te oordoen (daarteenoor het ek die musiek van die openingstonele oordrewe dramaties gevind, maar dis nie ’n groot klagte nie).

Die beeldmateriaal oor die Treasure-olieramp en die reuse reddingsaksie waarvoor Suid-Afrika wÍreldwyd geprys is, had my skoon bewoŽ. Hierin lÍ die krag en besondere bydrae van De Kock se dokumentÍr: ter bewusmaking en bewaring, asook geldinsameling vir Sankub om hulle goeie werk voort te sit.

Dis met ’n lekker gevoel van “trots Suid-Afrikaans” wat ’n mens na hierdie dokumentÍr, wat gehaltegewys sy plek internasionaal kan inneem, kyk — doen moeite om dit te sien!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.