FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Xizhao / Shower

Suzette Kotzé

Chinees met Engelse onderskrifte
Regisseur: Zhang Yang
Spelers: Zhu Xu, Pu Cunxin, Jiang Wu, He Zheng, Zhang Jin Hao, Lao Lin

Daar was lank laas ’n film met soveel hart op ons fliekkringloop, nie sedert verlede jaar se Central Station of die pragtige Iranese film Children of Heaven nie.

Shower vertel die eenvoudige verhaal van ’n ou Chinese man, mnr Liu, wat ’n badhuis besit in die arm deel van ’n stad in die suide van China. Sy gereelde kliënte is ’n kleurryke versameling karakters wat wissel van ’n onbetroubare nutsman met allerhande geldmaakplanne tot twee grysaards wat hul badtyd opkikker met kriekgevegte. Mnr Liu se verstandelik gestremde seun, Er Ming, help hom in die badhuis en word goedaardig deur almal aanvaar.

Die film begin waar mnr Liu se oudste seun, Da Ming, uit die groot stad arriveer. Almal is verstom om hom te sien, en dis duidelik dat hy sy familie en die omgewing waar hy grootgeword het lankal agtergelaat het vir ’n suksesvolle en welvarende lewe in die ryker noorde. Die rede vir sy besoek blyk ’n misverstand te wees, veroorsaak deur Er Ming. Da Ming voel uit plek (sy netjiese stadsklere en stroewe gesig is in skrille kontras met die armoedige gemaklikheid en ontspanne handeling van die badhuiskarakters) en hy wil so gou moontlik teruggaan na sy vrou en sy werk.

Die draaipunt kom toe Er Ming daarop aandring om saam te gaan stasie toe toe Da Ming sy kaartjie vir die terugreis gaan koop en hy wegraak. In die daaropvolgende konfrontasie val harde woorde: die pa weet duidelik dat sy oudste seun op hom en sy eenvoudige leefwyse neersien, dat hy hom eintlik vir sy afkoms skaam. “Ek het klaar een seun verloor,” sê mnr Liu, “ek wil nie nog een (Er Ming) verloor nie.”

Er Ming kom gelukkig ongedeerd terug, maar nou is teruggaan vir Da Ming nie meer so vanselfsprekend nie, veral nie toe hy agterkom dat sy pa glad nie gesond is nie én dat die hele area waar die badhuis staan gevaar loop om platgestoot te word om plek te maak vir ’n moderne woonstelkompleks.

Die afloop van die verhaal wys ’n Da Ming wat vir die eerste keer die waarde van familiebande leer ken het, meer nog, wat die diepere en meer omvattende waarde van medemenslikheid geleer het.

Shower is een van daardie films wat ’n mens verryk uit die teater laat stap. Soos die ou Chinese geloof in die bad as ’n kuur nie net vir die liggaam nie maar ook vir die siel, onderdompel dit jou in ’n gedeelde ervaring van menswees en laat dit jou verfris en vernuwe voel. Tog het dit ook ’n elegiese ondertoon, want ’n groot deel van die film wys hoe die moderne wêreld van materialisme, kitsverbruik en sogenaamde vooruitgang ’n ouer wêreld met waardes van menslikheid en sielvolheid letterlik onderploeg en verswelg.

Dis nie die tipe film wat jou verstom met intellektuele insigte, asemrowende kinematografie en verrassende tegnieke nie — dit sou trouens nie pas by die eenvoud van die vertelling nie (hoewel die twee pragtige storiesekwense wat in die verhaal ingeweef is, wys dat die regisseur ook in ’n liriese styl kan werk). Die tema is nie nuut nie (vergelyk byvoorbeeld Rain Man) en hier en daar is die verloop van die intrige selfs voorspelbaar. Maar dit is eerlik, onpretensieus en dit het ’n hárt — die film word dus ook van harte aanbeveel vir fliekliefhebbers met ’n soortgelyke lewensinstelling.

  • Suzette Kotzé
    Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.