FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Epiese film

Fritz Mouton

The Shining

Regisseur: Stanley Kubrick [1980]
The Shining

Om iets oor hierdie meesterstuk van Kubrick uit te blaker het my amper soos Shelly Duval laat voel toe Jack Nicholson daai badkamerdeur inboender met sy byl: “Wat de hel nou!” (Om die minste te sÍ ...)

Vir die meer entoesiastiese fliekganger is Kubrick seker meer bekend vir klassieke prente soos Dr Strangelove (1964) en A Clockwork Orange (1971). Sy bydrae tot gruwelflieks het aangebreek in 1980 met die vry, dog pragtig verhaalde The Shining, gebaseer op Stephen King se blitsverkoper. Tydens die vrystelling van die film was daar baie gekerm oor groot verskille tussen die boek en dit wat op die skerm uitgebeeld is, maar min entoesiaste kan die vrees wat die outjie inboesem, ignoreer.

Die gruwelfilm duur 144 minute en gee aan die genre epiese proporsies. Nicholson se karakter, Jack Torrance, is ’n skrywer wat die tydelike opsigter word by die Overlook Hotel in Colorado tydens die winter. Sommer gou is hy, sy vrou en jong seuntjie op hul eis in die groot hotel. En dan begin Jack sukkel om te skryf en raak hy stadig maar seker van sy kop af.

Die hotel word as ’n spookhuis uitgebeeld wat direk Nicholson se afwaartse mentaliteit gebruik teen sy vrou en kind. Terwyl Danny (Danny Lloyd) met sy klein trapfietsie in die lang gange van die Overlook afry, kry hy visioene van hysbakke vol bloed en ’n geheimsinnige tweeling wat in die gange rondstaan. Danny is met die helm gebore, so die kÍreltjie is baie sensitief vir die gewelddadige geskiedenis van die plek ...

Ek wil nie nog besonderhede weggee nie, maar in die laaste 45 minute bars die hel letterlik los!

The Shining het ’n gesofistikeerde ritme wat eindelose vrees en kommer inboesem. Die eerste toneel van die motor wat versigtig in die bergpas aankruie tot die atmosferiese skote van die doolhof voor die hotel is kunstig en sensitief deur John Alcott verfilm. Musiek deur Herbert von Karajan en produksie-uitleg deur Roy Walker dra net by tot ’n sterker en onvergeetlike fliek-ervaring.

Nicholson se vertolking is my gunsteling wat sy loopbaan betref — daai gemene gesigsuitdrukkings en stem wat puik saamspeel, gee jou koue rillings. Shelley Duvall as sy vrou is goed as die onvergenoegsame Wendy, en mens het in swak oomblikke empatie met Jack wat haar kop wil inslaan. Puik toneelspel van Scatman Crothers as die simpatieke sjef wat Danny se “talent” blootstel en hom daarmee vertroud maak, verdien ten minste ’n Oscar vir beste byspeler vir sy poging!

Die film is puik en sensitief deurdink, veral die eindtoneel, en is beslis in my opinie die beste van sy soort. Jy gaan beslis nie die prent gou vergeet nie en dit bewys dat gruwel kan verrys tot hoogtes van sy eie ...

Die film kry beslis 5 uit 5!

Hier volg die ander vyf films wat in die volgende paar weke behandel gaan word:

Rosemary’s Baby; Regisseur: Roman Polanski [1968]

Freaks; Regisseur: Tod Browning [1932]

Kabinett des Doktor Caligari, Das; Regisseur: Robert Wiene [1920]

The serpent and the rainbow; Regisseur: Wes Craven [1988]

Halloween; Regisseur: John Carpenter [1978]

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.