FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sex is Comedy

Suzette Kotz
verbatim@intekom.co.za

Frans met Engelse onderskrifte
Regie en draaiboek: Catherine Breillat
Spelers: Anne Parillaud, Gregoire Colin, Roxanne Mesquida
Vertoontyd: Vanaf 1 Mei

N die opspraakwekkende Romance (2000) is die Franse regisseur Catherine Breillat se nuutste film ’n besonder interessante ars poetica. In Sex is Comedy kyk sy direk in op die kuns van filmmaak — dis ’n fliek oor hoe ’n fliek gemaak word — maar haar boodskap en filosofie strek veel wyer. Natuurlik met die tipiese Breillat-kinkel: sy gebruik die verhaal van ’n ontmaagding as metafoor vir dit wat aangaan tussen regisseur en akteur(s).

’n Mens se gevoel is onontkombaar sterk dat die film grootliks outobiografies is, dat dit gaan oor Breillat se ervaring en werk as regisseur. By monde van ’n regisseur, Jeanne (Anne Parillaud), wat besig is om ’n film te skiet, dra Breillat haar filosofie oor filmmaak oor: dat die regisseur ’n roofdier is, dat sy alles uit haar spelers tap om dit uiteindelik onder hr naam die wreld in te stuur.

Die kyker kry net stukkies en brokkies te sien van die film waarmee Jeanne besig is: ’n jong meisie ontmoet ’n man, hulle soen op die strand, hy neem haar later na ’n huis, hy wil seks met haar h, maar sy bied weerstand, want sy is ’n maagd — sy wil nie, maar sy wil ook. Die einde van di verhaal word nie uitges nie, maar die kyker sien aan die begin hoe ’n kort seetoneel geskiet word wat by terugskoue ’n ysingwekkende betekenis kry. Breillat speel nie speletjies nie: haar boodskap is dat kuns mense gebruik, hulle selfs pgebruik.

Die eintlike intrige van die fliek draai om die sekstoneel (die ontmaagding) wat geskiet moet word, en deur di moeilikste van filmtonele as raamwerk te gebruik, s Breillat ook veel oor die eise van die kreatiewe proses. Haar Jeanne bly doelgerig gefokus op net een ding: die sukses van haar film, dat dit moet wrk, en daarvoor sal sy enigiets doen. Sy word afwisselend gewys as bedrier, verleidster, moedelose kunstenaar, moeder, inisiasiementor, godfiguur — en net gewone mens wat die splinter in die ander se oog sien (haar akteur wat haar opponeer) maar nie die balk in haar eie nie (dat sy altyd ’n stryd aanhet met haar manlike karakters en dat sy ook mank gaan aan haar eie onsekerhede).

’n Netwerk van verwikkelde verhoudings en siedende emosies word gewys: die akteur (Gregoire Colin) hou nie van die aktrise (Roxanne Mesquida) nie; die aktrise bly behep met haar krel wat elders is; die akteur speel ’n spel van afsydigheid en toenadering met Jeanne; Jeanne speel haar eie spel met haar hoofassistent, Leo, n met die akteur en aktrise onderskeidelik, ’n soort simboliese bloedskande. Maar die eintlike seksuele vonk is tussen Jeanne en die akteur (hy en die aktrise bly deurgaans naamloos), wat die brer betekenis dra van die stryd tussen man en vrou, ’n bekende tema in Breillat se werk.

In Romance het sy ingezoem op ’n vrou se seksuele ervarings, met heelwat eksplisiete naaktheid; in Sex is Comedy verhang sy die bordjies en kom die man se geslag — letterlik — aan die beurt. Daar word naamlik vir die akteur ’n prostese gemaak om die sekstoneel mee te doen, wat Breillat die geleentheid gee om mans, en hul verhouding met hul eie manlikheid, vas te pen en bloot te l. Die prostese moet aangepas word, daar moet besluit word oor grootte  En wanneer die sekstoneel uiteindelik geskiet word, paradeer die akteur (wat aanvanklik in sy eer gekrenk was oor di praktyk) vol selfvertroue rond met sy parate geslag — ook hier dra hy die akteursmasker wat hom alles toelaat. Breillat kry egter die laaste woord in: terwyl die krediete al rol, fokus die kamera op Jeanne wat, verlig en eufories nadat die groot sekstoneel geskiet is, ’n piesang met ’n paar happe verorber en dan met die le skil in die hand bly staan.

Anne Parillaud speel Jeanne temperamenteel, smeulend, passievol, meevoerend, en Gregoire Colin as die komplekse, trotse akteur ewenaar haar in elke toneel. Roxanne Mesquida speel haar effens kleurlose persoonlikheid as die aktrise aanvanklik so goed dat ’n mens haar onderskat, maar in die klimaks van die slottoneel skitter sy. En Ashley Wanninger vul sy rol behoorlik as die lankmoedige Leo.

Die inkleding en fotografie is nommerpas, maar daar is ’n paar abrupte oorgange na die einde toe wat pla. Plek-plek kon die redigering ook strenger gewees het, met skote wat draal en onbenullige detail wys.

Hierdie fliek is, hoewel ’n bietjie selfverheerlikend, intrigerend en waagmoedig en daarom aan te beveel. Bly egter weg as stadige kunsfilms jou verveel, of kunstenaars se teoretisering oor hulle kuns.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.