FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The Last September

Suzette Kotz

Spelers: Maggie Smith, Michael Gambon, Keeley Hawes, Fiona Shaw, Jane Birkin, Richard Roxburgh
Regisseur: Deborah Warner

Die Ierse Onafhanklikheidstryd is heel moontlik die oudste in die Westerse geskiedenis — dit het geduur vanaf 1171 toe die Smarageiland deur Hendrik II van Engeland binnegeval is tot die uiteindelike sluiting van ’n brose vrede in die laat 1990’s.

The Last September, wat gebaseer is op die roman deur Elizabeth Bowen, belig ’n klein stukkie van hierdie stormagtige geskiedenis op ’n manier wat herinner aan wat Jane Austen oor haar eie skryfwerk ges het: dat dit handel oor daardie stukkie porselein van die koppie wat die onderlip van die teedrinker raak.

Dit is 1920, vier jaar na die Ierse Paasopstand, en die laaste September (let op die simboliek van die herfsseisoen) voordat Engeland in 1921 selfbestuur gee aan Ierland (die ses provinsies van die Protestantse Noord-Ierland uitgesluit). Sir Richard Naylor (Michael Gambon) en sy vrou, Lady Myra (Maggie Smith), is deel van die Anglo-Ierse regeerdersklas wat in alle opsigte die Ierse leefwyse aangeneem het behalwe die taal. Hulle beskou hulself ook as Iere — maar die ongelukkige waarheid is dat hulle k Engelse is, en as deel van daardie gehate onderdrukkers is hul dae op hulle landgoed getel. Vir hulle is inderdaad ’n hele leefwyse aan die verbygaan, en hul bestaan word aan sy wortels bedreig (pragtig gellustreer deur die rysmiernes by die agterdeurtrappie waaroor Lady Myra so ontsteld is). Moet egter nie dink die beroemde Engelse stywe-bolip sal toegee aan hierdie feit nie — soos Laurence, Lady Myra se neef wat ’n student by Oxford is en die vakansie by die Naylors deurbring, per geleentheid s: “Dit alles gaan brand, en ons gaan baie seker maak dat ons dit nie agterkom nie.”

Die fokus van die film val egter op Lois (Keeley Hawes), Sir Richard se aantreklike jong niggie wat ouerloos is (haar pa is ’n reisiger iewers in Afrika en klaarblyklik die swartskaap) en by die Naylors woon. Haar jeugdige energie en ontwakende seksualiteit soek ’n uitlaatklep, maar sy sit vasgevang in die moe en geykte leefwyse van haar oom-hulle. Enersyds laat sy haar die huiwerige attensies van die jong Britse offisier wat op die dorp gestasioneer is welgeval; andersyds is sy aangetrokke tot die Ierse vryheidsvegter Peter, ’n speelmaat uit haar kindertyd, wat n aanvalle op Engelse soldate in die meul op die landgoed wegkruip.

Op ’n baie persoonlike manier verteenwoordig dit wat met haar gebeur die kataliseringsproses waarin al die rolspelers hulle bevind, di van ’n wreld wat met geweld sy ou aansprake moet laat vaar om met geweld geboorte te gee aan ’n nuwe (die Suid-Afrikaanse kyker kan ook ’n hele paar parallelle met ons eie land hierin raaksien).

Met die opening van die film daag twee nuwe gaste by die Naylors op, Hugo en Francie Montmorency, wat die tipiese aristokratedans van wellewendheid saamdans terwyl hulle eintlik desperaat is: hulle moes hul huis verkoop en is tans haweloos en aangewys op die genade van vriende en kennisse. Kort op hul hakke volg Marda Norton (Fiona Shaw), wat vroer ’n verhouding met Hugo gehad het maar nou verloof is aan ’n ryk handelaar. Lois is dadelik aangetrokke tot di wreldwyse ouer vrou en maak haar haar vertroueling, met onberekenbare gevolge.

The Last September is ’n fyn en subtiele film, maar dit bring die boodskap van hoe die magspel van oorlog die weerloses raak (in hierdie geval ’n naewe jong meisie) met die geweld van ’n vuishou tuis — een waarvan jy die impak nog lank na die tyd aan jou lyf voel. Dis ’n film wat die moeite werd is om te sien (en wat my genspireer het om Karel Schoeman se By Fakkellig te gaan herlees).

  • Suzette Kotz
    Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.