FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Seabiscuit

Met: Tobey Maguire, Jeff Bridges, Chris Cooper, Michael Angarano, William H Macy
Draaiboek: Gary Ross, gebaseer op Laura Hillenbrand se boek
Regie: Gary Ross.

’n Mens kan hierdie rolprent sekerlik lelik en verkeerdelik brandmerk as Forrest Gump met hoefysters. Maar jy sal nie erg verkeerd wees nie.

Hier het ons ’n ware verhaal, soos uitgebeeld in Laura Hillenbrand se boek, van ’n groep verloorders wat vir ’n wyle die Amerikaanse verbeelding aangegryp het:

  • Jeff Bridges speel Charles Howard, ’n entrepreneur wat al groot foute in sy loopbaan gemaak het en swaarkry tydens die Depressie wat sedert 1929 die Amerikaanse ekonomie op sy knieŽ het, maar steeds skatryk bly.

  • Chris Cooper is Tom Smith, ’n perde-afrigter wie se ongewone toewyding en styl hom nie vir alle perde-eienaars ewe aantreklik maak nie.

  • Tobey Maguire is Red Pollard, ’n entoesiastiese jokkie wat eintlik te swaar is in vergelyking met sy kompetisie. Maar hy het ook nie veel van ’n keuse nie: in ’n poging om hom ’n goeie toekoms te verseker, het sy ouers hom “ingeskryf” as leerjonge by ’n perde-eienaar — en dit was die laaste wat hy hulle gesien het.

  • Die perd Seabiscuit word in die rolprent beskryf as te klein in vergelyking met byvoorbeeld War Admiral, een van sy grootste teenstanders, en bowendien is Seabiscuit aanvanklik “verkeerd” geleer, wat hom baie wild en moeilik beheerbaar gemaak het.

    Hulle gesamentlike sukses het die Amerikaanse bevolking iets gegee waarop hoop gebou kon word. In die tyd van Seabiscuit se ongewone triomfe was Amerika vasgevang in die Groot Depressie, met die armoede, werkloosheid en wanhoop wat dit tot gevolg had. Natuurlik ironies dat duisende mense aangemoedig is om hul laaste sente op perde te verwed in die hoop op groot rykdom, maar die verhaal soos dit hier vertel word, kyk diť feit gerieflik mis.

    Tog word die verhaal sober en interessant vertel. Etlike gebeure wat in baie ander regisseurshande ernstig gemelk sou gewees het vir elke laaste greintjie sentimentaliteit, word hier lig hanteer. Die dood van Howard se seun is ’n goeie voorbeeld. Die uitbeelding van die vader-seun-verhouding tussen Howard en Pollard is ’n ander. Daarteenoor is die toneel waarin Smith besef Pollard is die ideale jokkie vir Seabiscuit, ’n bietjie lank en ooglopend.

    In kleiner rolle is William H Macy (as die eksentrieke radio-omroeper Tick Tock McGlaughlin) en Michael Angarano (as die jong Red Pollard) oortuigend (ons ken Angarano as Jack se seun in Will and Grace). Die inkleding is knap: die tydperk word mooi opgeroep deur die kostuumontwerp en die kamerawerk. (Natuurlik stel filmmakers hulself bloot wanneer hulle so ’n tydperk aanpak: kyk maar na die aantal foute wat op die Internet Movie Database ( www.imdb.com) gelys word!)

    Tog voel ’n mens soms asof die vertelling fut kort. Ten spyte van die onvermydelike hoera!-einde waarop die verhaal afstuur (en wat genadiglik ook kortgeknip word), trek sommige tonele net te veel, so asof hegter redigering deurgaans ’n aanwins sou wees.

    Hierdie kritiek ten spyt, het ek gelukkig uit die fliek gestap. ’n Interessante verhaal uit ’n boeiende tydperk, merendeels knap vertel. Jy kan maar diť perd opsaal voor hy in die niet verdwyn.


    LitNet: 17 Maart 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.