FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Saved! is 'n teenage movie met 'n verskil

André-Pierre du Plessis

Wat het jy op skool gedoen? Watter tipe tiener was jy en van watter groep was jy deel gewees?

Teenage movies probeer altyd hierdie vraag beantwoord. Driekwart van alle teenage movies speel af in Amerika, êrens in 'n voorstedelike woonbuurt waar ouers nooit aandag aan hul kinders gee nie; gedurig weg is op vergaderings; in reusehuise woon waar elke kind 'n motor besit; waar daar ten minste in elke huishouding een Chrystler Voyager voor die huis geparkeer staan; en moenie die white picket fence vergeet nie. Dis 'n wêreld wat die American Dream so bietjie geskroef het. Dis die wêreld wat ons leer ken het uit American Pie, American Beauty en al daai chick flicks wat nie so lekker met my akkordeer nie.

Soms is dit ietwat onrealisties vir 'n Suid-Afrikaanse jeugdige om hierdie flieks as die waarheid te neem. As 'n Stellenbosch-inwoner moet ek toegee dat ek wel bekend is met agtelosige ouers wat hulle spoghuise en Ma se 4x4 in die hande van hul tienerseun of -dogter los terwyl hulle vir die maand Praag toe gaan. Tydens sulke maande vind daar wel orgieë plaas in hierdie glaspaleise tussen Bolandse wingerde, maar dis darem nie so erg soos in die movies nie. Suid-Afrikaners is nog erg nasionalisties, erg fundamentalisties. Daarom is Saved! iets waarmee - na my mening - die Suid-Afrikaanse jeug baie meer sal kan identifiseer.

Saved! handel oor die lewe van 'n groep vriende in 'n Christenskool. Elkeen het sy kruis wat gedra moet word, maar niks is ooit te swaar solank Jesus in hul lewens is nie. Mary (vertolk deur Jena Malone) se kruis word effe swaarder as sy uitvind dat haar devoted Christen-boyfriend gay is. Dean (Chad Faust) is haar ice-skating boyfriend. Met sy leotard-uitrusting (met die woord Jesus in goud aan die voorkant aangebring) gooi hy aan die einde van elke performance sy hande op en juig: "Thank you Jesus!" Hoe, dink Mary, kan hy dan gay wees? "He's like the best Christian I know. Why had he been stricken with such a spiritual toxic fliction?"

Nadat Mary 'n visioen ontvang waarin Jesus vir haar vra om Dean deur hierdie moeilike tyd te help, weet sy skielik wat om te doen om Dean se "siekte" te genees: sy moet hom verlei - soos sy sê, die "most direct approach to saving him". In een toneel vat sy sy linkerhand, plaas dit op haar regtertiet. "Nothing yet?" As hy sê dit doen niks vir hom nie, vat sy sy ander hand en sit dit op haar ander bors. Sy voel so geroepe daartoe om Dean te laat besef dat hy eintlik van vrouens hou dat sy so ver gaan om met hom te slaap. Natuurlik dink Mary God sal haar spirituele en fisieke maagdelikheid kan hernu: "I mean it was Christ's will and all."

Ongelukkig vind Dean se ouers 'n pornografiese tydskrif onder sy bed. Meer spesifiek: 'n gay pornografiese tydskrif. Dean se ouers is deel van die groter Christelike gemeenskap van ouers wat elke Sondag kerk toe gaan en wat almal hulle kinders na die beste Christenskool in die staat gestuur het. Daarom voel hulle geroepe om Dean te stuur na 'n Christen-rehabilitasiesentrum waar hy, hopelik, ge-"degayified" sal word.

Mary begin wonder of wat sy gedoen het, reg was, of dit werklik God se wil was. Wat sou gebeur as sy moes swanger raak? Sy het dan gedag God het haar as 'n vessel gebruik om Dean te restore en nou is hy weggestuur. Wat sal met haar gebeur?

Mary begin haar geloof betwyfel en gaan klop by ander gelowe aan met die hoop om sin van alles te maak. Sy besef mettertyd dat haar beste vriendin, Hilary (Mandy Moore), nie die beste een is om by hulp te vra nie, alhoewel Hilary vir Mary gehelp het om 'n lewensgroot Jesus-figuur voor hulle skool op te rig, elke dag in die skoolsaal die voorsang aan te bied en selfs 'n gebedsgroep te reël om te bid vir Dean se "unnatural perversions".

Een toneel wat uitstaan in die fliek is die oomblik wanneer Mary besef dat sy nou swanger is en dat geen gebed dit ooit sal kan wegvat nie. Sy gaan staan voor 'n kerk met 'n reusekruis op, sprei haar arms uit, kyk op na die kruis en sê: "Shit. Fuck. God damn."

Aanvanklik het ek 'n groot godslasterlike fliek verwag wat elke heilige koei leeg sou melk toe ek resensies van Saved! lees en ook toe ek sien dat Macaulay Culkin (wat die rol van Hilary se broer, Roland, vertolk) hierin speel. Die media het ons geleer Culkin is stout, het vroeg getrou en vroeg geskei; en ons ouers het ons geleer van vroegryp kom vroegvrot. Sy vriendskap met Michael Jackson was ook nie 'n gesonde ding nie en daarom is ons verbied om enige fliek met Macaulay Culkin in te kyk. (Behalwe, natuurlik, Home Alone en Richie Rich. Want toe was hy nog oulik en die wêreld unperverted.) Maar van al die karakters in Saved! besef jy aan die einde Roland is die een met die meeste mensekennis. Al die ander karakters ken ek, het ek al geken, en het ek al vertolk in my eie lewe. Behalwe die rol van Roland.

Saved! is allesbehalwe godslasterlik. Dit is die egste tienerfliek wat ek al gesien het en kan om sekere redes op dieselfde rak geplaas word as tienerflieks soos die Suid-Amerikaanse Y Ta Mama Tambien.

Ek sou voorstel dat almal dit moet sien. Soos een resensent gesê het: hierdie fliek sal 'n meer boeiende effek op 'n Suid-Afrikaanse gehoor hê as ander tienerflieks. Suid-Afrikaanse tieners is nie so eksplisiet as dit kom by seksuele ontdekking soos wat dit wil voorkom in die meeste Amerikaanse tienerflieks nie. Ons word fundamentalisties grootgemaak. Juis hierom is die Suid-Afrikaanse jeug eksplisiet as dit kom by spirituele ontdekking. Juis hierom loop charismatiese kerke oorvol met tieners vandag. Dit gebeur eenvoudig omdat ons wil sin maak van die lewe en van ons omstandighede, net soos Mary.

Saved! het op 5 November plaaslike begin wys; seker daarom dat ons nog nie iemand iets hoor uitroep het oor hierdie fliek nie. Ek is egter in afwagting om te hoor wat ons kerke te sê het, ons Kerkbode, ons Voorligter, ons Christina Landmans en Terblanche Jordaans, ons diakens en ouderlinge, pastore en born-again believers. Maar meestal om te hoor wat jy sê.



LitNet: 26 November 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.