FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Safety of Objects

Coenraad Walters

Met: Glenn Close, Dermot Mulroney, Jessica Campbell, Patricia Clarkson, Joshua Jackson, Timothy Oliphant, Alex House, Kristen Stewart
Draaiboek: Rose Troche, gebaseer op ’n bundel verhale deur AM Homes
Regie: Rose Troche.

Daar was die afgelope paar jaar soveel Short cuts-agtige prente dat ek nie altyd seker is hoe objektief ’n mens oor elkeen kan oordeel nie. Sien jy twee te naby aan mekaar, mag die een jou opinie omtrent die ander onregverdiglik negatief beïnvloed; voorts hang dit ook soms af van die volgorde waarin jy die prente sien. So ’n geval is Thirteen Conversations about One Thing en The Safety of Objects.

Rose Troche se debuut (Go Fish van 1994) het ek nie gesien nie, maar haar volgende produk (Bedrooms and Hallways van 1998) het ek baie geniet met die knap span Britse akteurs en die aweregse humor daarvan. Vir The Safety of Objects het sy self die draaiboek geskryf, gebaseer op ’n bundel verhale van AM Homes; hierdie literêre bron maak Safety … ’n nader familielid van Short Cuts as vele ander in dié styl (Altman het ’n aantal verhale en ’n gedig van Raymond Carver vir sy magnum opus van 1992 verwerk).

Troche werk met gedugte akteurs wat haar draaiboek knap lewendig maak. Bekendes soos Glenn Close en Dermott Mulroney verleen aansien aan die film, en dis beslis die moeite werd om hulle in aksie te sien. Patricia Clarkson, as die moeder wie se kind wegraak, verdien besondere vermelding.

Tog haper sekere tonele: slap regie skyn die sondebok te wees.

Die prent bevat sekere elemente wat dit anders maak as die ander Short Cuts-agtiges: benewens die sentrale tema van voorwerpe wat belangrik word vir sommige karakters, is daar sekere geheime op verhaalvlak wat ’n mens verwag om by ingelaat te word. Hoekom is Paul Gold (Jackson) verlam? Hoekom ontvoer Randy (Oliphant) vir Sam (Stewart) en doen dan niks aan haar nie? Hierbenewens het die draaiboek ook ’n streep magiese realisme: Barbie word ’n hele eie persoonlikheid in die lewe van Jake Train (House) en is ’n belangrike deel van dié jong seun se seksuele ontwaking.

Ten slotte besef ’n mens dat jy wel begin omgee vir die karakters en hul eie klein obsessietjies en groot tragedies. Die donker humor wat alles onderlê, help om ’n mens te laat meevoer met die dramatiese gebeure. Maar hierdie fliekvlooi het uitgestap met ’n gevoel van onbehae: was dit bloot ’n geval van “odious comparison” met Thirteen Conversations about One Thing? Safety … loop nou wel nie met sy filosofie op die mou soos Thirteen Conversations … nie, maar lyk ook nie naastenby so heg gebind soos sy “opponent” nie.

Ek sal aanhou kyk na Rose Troche se werk. Ek is seker sy sal sterker werk lewer in die toekoms.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.