FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Relative Values

Suzette Kotzť

Spelers: Julie Andrews, Edward Atterton, Jeanne Tripplehorn, William Baldwin, Sophie Thompson, Colin Firth, Stephen Fry
Regisseur: Eric Styles
Gebaseer op die verhoogstuk deur Noel Coward

Twee van die dinge waarvoor die Engelse bekend is, is hul sin vir humor en hul beheptheid met klasseverskille. Hierdie film bied ’n wonderlike kombinasie van al twee, met ’n nuwe kinkel: die stywe bolip word hier nie net opgetrek vir die nie-adellike klas nie, maar ook vir die Amerikaners, daardie “laeklas” Engelse afstammelinge oorkant die water met hul informele maniere en swak beheer van Die Taal.

Dis 1953 en Nigel (Edward Atterton), die graaf van Marshwood, het tydens sy vakansie aan die Franse Riveira die skokkende, die ongehoorde, die onvergeeflike gedoen: hy het gaan staan en verlief raak op ’n “floozy” van ’n Amerikaanse aktrise, Miranda Frayle (Jeanne Tripplehorn). Nou is die verloofde paartjie op pad terug Marshwood toe, en dit skep natuurlik ’n krisis in die herehuis wat Waterloo na ’n kleuter se sandbakspeletjie laat lyk. Maar die Engelse, veral die adellikes, was nog altyd dapper mense en die gravin van Marshwood (Julie Andrews) omgord haar lendene vir die geveg met geparfumeerde syhandskoentjies wat voorlÍ met die indringer. Aan haar sy, met onverdrote lojaliteit, is haar neef Peter (Colin Firth) en Crestwell die butler (Stephen Fry).

Wat egter wankel, is die bystand van haar grootste hulp en steun, haar persoonlike bediende van 20 jaar, Moxie (Sophie Thompson). Want Moxie ken Miranda uit die dae toe sy nog ’n Engelse meisie was, en dis nie ’n bietjie ’n donker geheim nie. Moxie wil padgee, maar Lady Felicity wil niks daarvan hoor nie — hoe kan sy ooit op haar eie regkom sonder haar getroue Moxie?

Daar moet ’n plan gemaak word, en Š la Jeeves kom die plan van Crestwell: dat Moxie bietjie opgedoen word en aan Miranda voorgestel word nie as ’n bediende nie maar as ’n ou vriendin van die familie. Wanneer Nigel en Miranda arriveer, veroorsaak dit, soos dieselfde Crestwell later sÍ, ’n sosiale tydbom wat dreig om enige oomblik af te gaan. Want intussen het Don Lucas (William Baldwin), Miranda se vorige liefde en mede-akteur van vele tranetrekkerflieks, ook opgedaag om die vrou van sy hart terug te wen, en Lady Felicity het daarop aangedring dat hy by Marshwood oorbly — dis net goeie maniere, dan nie?

Hierdie komedie is glad en foutloos afgerond en eenvoudig heerlik om na te kyk. Al die spelers is perfek in hul rolle: Jeanne Tripplehorn as die egosentriese aktrise wie se skoonheid net veldiep lÍ, William Baldwin as die skreefoog- Hollywoodman met die gruiserige stem en voorliefde vir ’n “corny line”, Edward Atterton as die stywelip- Engelsmannetjie wat nie veel om die lyf het nie, Colin Firth as die siniese buitestaander wat egter hand en tand saam baklei om die Engelse klassestruktuur te beskerm, Stephen Fry as die steunpilaar van die familie, en Sophie Thompson as die beteuterde Moxie.

Maar die eerste prys gaan aan Julie Andrews. Haar Lady Felicity is ’n plesier tot in elke gemanikuurde vingerpunt. Want onder die liewe voorkoms en goeie maniere skuil die tipe vrou, met die tipe skerpsinnige lewenswysheid, wat mens vermoed al die jare nog gesorg het vir die voortbestaan van die Britse Ryk.

As jy nog altyd gefassineer was deur die Britte se aksente en hul vermoŽ om met hulself te spot, moenie hierdie een misloop nie!

  • Suzette Kotzť, vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.