FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The Royal Tenenbaums

Suzette Kotz

Spelers: Gene Hackman, Anjelica Huston, Danny Glover, Ben Stiller, Gwyneth Paltrow, Luke Wilson, Bill Murray
Regisseur: Wes Anderson

Die disfunksionele gesin is een van die bepalendste faktore in ons samelewing, en soos met alle ernstige dinge, is dit goed dat daar van tyd tot tyd ’n bietjie die spot mee gedryf word — soos The Royal Tenenbaums tog te lekker doen.

Natuurlik, om Freud aan te haal, is die vader die wortel van die kwaad: in hierdie geval ’n ou aartskarnallie genaamd Royal Tenenbaum (Gene Hackman). Hy en sy vrou, Etheline (Anjelica Huston) het die gewone paadjie van romanse en trou geloop, in hul middeldertigs ’n groot ou huis in Manhattan gekoop en soos van hulle verwag word die spesie voortgeplant in hul kinders: daar is die oudste, Chas (Ben Stiller), die aangenome dogter, Margot (Gwyneth Paltrow) en die jongste, Richie (Luke Wilson). Die Tenenbaum-kinders was elk uitsonderlik en het as tieners reeds in eie reg gepresteer: Chas was sommer vroeg-vroeg al ’n gewikste klein geldmaker (ons praat hier van aandele en eie bankrekenings), Margot het haar onderskei as opspraakwekkende jong dramaturg en Richie was ’n tenniskampioen.

Di prestasies ten spyte van hul pa (of juis as gevolg van hom?), wat die gesin op ’n dag sommer net verlaat en by ’n luukse hotel ingetrek het. Nou, 22 jaar later, is hy uiteindelik platsak en het die hotelbestuurder finaal sy geduld met die voormalige regsman verloor. Royal word summier uitgegooi; hy sit letterlik met sy aardse besittings op straat. Onkruid vergaan egter nie, en soos altyd maak hy ’n plan. Te midde van die nuus wat die getroue Pagoda, die Tenenbaums se Indir-butler, bring, dat Etheline se ou vriend Henry (Danny Glover) haar die jawoord gevra het, besluit Royal om terug te keer na die Tenenbaum-huis. Kastig sterwend aan kanker, vyf weke om te leef, snik-snik, en hy wil net vrede maak met sy gesin en verhoudings herstel voor hy die emmer skop.

Royal is ’n enkellynige denker, ’n aartsoptimis en het nie ’n diplomatiese haar op sy kop nie; vergewe en vergeet is egter nie vir die res van die gesin so maklik soos hy dink dit behoort te wees nie. Chas, wie se vrou ’n jaar gelede in ’n vliegongeluk dood is wat hy, sy twee seuns en die hond oorleef het, is sedertdien fanaties oor die kinders se veiligheid. As oudste dra hy ook die meeste woede teen sy pa  nee, Royal se missie gaan nie maklik wees nie. Margot is nie meer die pryswenner-skrywer wat sy was nie, sy’s bloot depressief, ’n depressie so pikswart soos haar oordadige ooggrimering. Richie is k depressief, want hy koester al jare lank ’n vergeefse liefde vir sy aangenome suster, n vele minnaars tans getroud met ’n heelwat ouer man (Bill Murray). Etheline is verskeur tussen die nuwe belofte van geluk saam met Henry en die spoke van die verlede wat Royal weer kom opjaag.

Dinge loop verkeerd, dinge kom reg  met Royal altyd in die middelpunt, en uiteindelik, paradoksaal, dien hy as katalisator wat die gesin wat hy aanvanklik vernietig het weer red.

Om die veterane Gene Hackman, Anjelica Huston en Danny Glover teenoor mekaar te sien speel, is ’n plesier, en die drie jonger akteurs bendruk insgelyks: Ben Stiller vang Chas se onderdrukte woede perfek vas, Gwyneth Paltrow is vir ’n slag so nommerpas in ’n rol dat jy soms voel sy parodieer haarself, en Luke Wilson maak onopsigtelik ’n groot indruk.

Dit gebeur min genoeg in Hollywood dat ’n komedie gemaak word wat nie bloot op lafheid staatmaak nie; gaan kyk hierdie een gerus.

As ’n nagedagte: dis interessant dat ’n ander komedie tans op die kringloop, Amlie, net soos hierdie film opsigtelik as ’n vertelling aangebied word. Het ons dalk te versigtig geraak om met onsself te spot? Dit terwyl die tragiese menslike lotgevalle in flieks soos In the bedroom, Monster’s Ball en The Shipping News as so swr en regtig aangebied word.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.