FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

FilmFundi word geborg deur
Cinema Nouveau

The talented Mr Ripley

Met: Matt Damon, Gwyneth Paltrow, Jude Law, Cate Blanchett, Philip Seymour Hoffman, Jack Davenport, James Rebhorn
Draaiboek: Anthony Minghella, gebaseer op Patricia Highsmith se roman
Regie: Anthony Minghella

Tom Ripley wil van geweet wees.

Hy besef die wÍreld neem nie sommer kennis van ’n klavierstemmer nie, selfs al werk hy by Princeton en kan hy goed klavier speel. Sy ander talente moet hom daarmee help: om goed met mense oor die weg te kom en hulle om sy pinkie te draai, mense se optrede en stemme na te boots, handtekeninge te vervals, ensovoorts.

Elke mens het die vermoŽ om vinnig waar te neem, vinnige afleidings uit die waarnemings te maak en die waarnemings en afleidings vinnig te integreer tot ’n relatief eenvoudige werklikheid waarmee ’n mens gemaklik kan saamleef. (Dis hierdie vermoŽ wat in American beauty tot die finale tragedie lei.) Tom Ripley se vernaamste talent is seker dat hy hierdie menslike eienskap op hoogs opportunistiese wyse uitbuit.

Sodoende beland hy in die geselskap van ’n skatryk skeepsboumagnaat, Herbert Greenleaf (Rebhorn). Diť se seun Dickie verkwis sy toelaag in ItaliŽ en het duidelik geen ambisie om in vader se voetspore te volg nie. Omdat Greenleaf snr glo dat Tom saam met Dickie op Princeton was, vra hy met vrymoedigheid ’n groot guns van Tom: om ItaliŽ toe te gaan en sy seun te oortuig om huis toe te kom.

Dickie (Law) se luilekker rykmanslewe saam met die skryfster Marge (Paltrow) trek Tom egter aan soos ’n kers ’n mot naderlok. In hierdie geval raak die mot egter van die kers ontslae - en Tom kan Dickie se lewe op ’n heel unieke wyse binnedring en oorneem.

Hy moet egter voortdurend op sy voete dink sodat sy bedrog versluier bly. En steeds bly hy glo dis beter om ’n vervalste iemand te wees as ’n werklike nul op ’n kontrak - om ’n kernaanhaling uit die draaiboek te verwerk. Natuurlik kom ’n mens in ’n morele universum nie met moord weg nie - of gebeur dit wel? Die slot is wonderlik oop.

Die draaiboek, gebaseer op Highsmith se roman uit 1955, is uitstekend. Dit is geskryf deur die regisseur, Anthony Minghella, wat ’n paar jaar gelede met lof en Oscars oorlaai is vir sy werk aan The English patient. Op ’n paar plekke begin ’n mens wonder of jy nou die logika van Ripley se omgang met die waarheid nog volg, maar wonder bo wonder bly ’n mens by, selfs al kan jy nie gou ’n klompie bladsye terugblaai en ’n stukkie inligting kontroleer nie.

Saam met die draaiboek is die kinematografie ’n fees. Dis moontlik moeilik om ’n visueel arm prent in ItaliŽ te skiet! Die gebruik van goed gekose skote oriŽnteer ’n mens vinnig in die verskillende stede en dorpe wat besoek word, en skep ook ’n indruk van die plaaslike kultuur en gewoontes, soos die Katolieke fees waar die standbeeld van Maria uit die see verskyn.

Die jazz wat ’n groot deel van die klankbaan vul, dra baie by tot die genot van die prent. Kyk hoe die kleurvlakke wat die openingstitels help aankondig, by die styl van die jazz-era en die plaatomslae aansluit (vriend Jacobus se waarneming).

Die toneelspel is eweneens van hoŽ gehalte. Gwyneth Paltrow doen heel goed wat van haar verwag word as die gemaklike skryfster wie se hart deur Dickie gebreek word, en die enigste persoon wat deur Ripley sien. Daar is egter diegene wat spyt is dat sy nie ook ’n slagoffer word nie!

Of Jude Law se vertolking as die sjarmante maar selfsugtige Dickie Greenleaf ’n Oscar benoeming geregverdig het bo al die ander spelers in die prent, weet ’n mens nie. Gesien in die lig van Law se vorige werk was die benoeming tog heel tydig, en wanneer Dickie van die toneel verdwyn, moet die kyker sonder die interessantste karakter klaarkom. Dit duur dit ’n rukkie voor jy aanvaar dat die orige karakters wel jou aandag verdien.

Natuurlik herinner Matt Damon ’n mens met klas en identiteit aan die spel wat (onder vele meer!) van Good Will Hunting so ’n fassinerende prent gemaak het. Damon speel hier egter ’n veel boeiender en komplekser karakter: nie alleen is hy arm, onbelangrik en talentvol nie, hy is nou ook ambisieus en nie van plan om ondergekry te word nie. Damon se vermoŽ om onderdrukte emosies uit te sein is wonderlik: hy word teen alle logika in geglo deur mense wat hom kan ontmasker; wanneer hy na vele jakkalsdraaie wel as Tom Ripley iets vind wat lyk na ware geluk, dan beland hy in ’n onhoudbare situasie waar hy daardie geluk weer ontdaan moet maak.

Die sterre in hierdie prent speel egter piepklein rolletjies. Cate Blanchett skitter as die rykmansdogter wat haar van die kettings van die hoŽ klas wil bevry. Haar karakter is, ten spyte van haar redelik min verskynings, van groot belang vir die intrige, en Blanchett verrig wondere daarmee. Philip Seymour Hoffman is tans te sien as fopdosser teenoor Robert de Niro as ’n polisieman met ’n beroerte in Flawless - ’n stuk pret om nie te mis nie. Hier maak Hoffman van die nare Engelsman, Freddie Miles, wat in ItaliŽ sy geld rondgooi ’n interessante kamee. Ook Jack Davenport (in ’n rol wat lyk of dit vir Rupert Everett geskryf is!) dra sy deel by om die kyker emosioneel te betrek by Tom Ripley se wel en weŽ.

En hierdie fliekvlooi het vir ’n paar dae lank melankolies getob oor die talentvolle meneer Ripley. (Dit het hom aan The wings of the dove laat dink wat ook ’n melankolie oproep wat groter is as die som van die dele: seker die Venesiese konneksie?) Die wonderlike oop slot laat ’n mens wonder of jy wens Tom kom weg of nie.

As ’n mens Highsmith se roman in die boekwinkels opneem, sien jy vinnig aan die advertensies agterin dat daar nog twee Ripley romans is (en blykbaar is daar nůg twee ander!). Gaan Minghella die rolprentkoei laat sweet? Gaan ons vir die eerste maal sedert die Godfather reeks opvolgprente hÍ van dieselfde kwaliteit as die eersteling? Net die tyd sal leer.

Intussen kan ’n mens jou verlustig aan die talente van Tom Ripley. Dis nie altyd baie lekker nie, maar vir mense wat hou van underdogs wat iets regkry, of slim skelms (wie het al Thomas Harris se Hannibal, die opvolg van The silence of the lambs gelees?!?), behoort The talented Mr Ripley terdeŽ te geniet.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.