FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

'n Greep op die riller?

Andrť Crous

Ek hou nie daarvan om goed in boksies te plaas nie. Is daar suiwer dramas of suiwer komedies of suiwer rillers? Bitter min. Hoeveel van hulle is in elk geval iets werd?

So, wat is 'n riller? Ek kan nie hierdie vraag antwoord sonder om die skeiding tussen riller en gruwelfilm te ondersoek nie.

Daar is egter 'n hele verskeidenheid gruwels om uit te kies.

Een van die groot skeidingspunte is natuurlik die hoeveelheid bloed wat verskyn. In die gruwelfilm word bloed - en ander liggaamsvloeistowwe - gewoonlik op hedonisties-sadistiese wyse (daar is uitsonderings: ek dink byvoorbeeld aan Interview with a vampire) uit 'n onskuldige slagoffer verwyder.

Die meer sadistiese karakters sal selfs so ver gaan as om ledemate af te saag of af te ruk - ek dink byvoorbeeld aan die kontrepsie wat as onthoofdingsmeganisme dien in die Japannese gruwelfilm Audition. Dit is dus duidelik dat 'n film soos Texas chainsaw massacre ongelukkig nie die rillerlys sal maak nie. Verminking ŗ la kettingsaag is pure gruwel.

Sommige gruwelfilms, waaronder Frankenstein, Dracula en Nosferatu, bevat elemente van bonatuurlike magte, selfs al neig dit na die absurde. Die woord bonatuurlike kan hier ook met onnatuurlike vervang word: Beauty and the beast is 'n romantiese gruwel.

'n Gruwel is ook dikwels so onrealisties dat die kyker daarvoor begin lag. Wie kan die reeksmoordenaars van 'n Scream 2 of Scream 3 nog ernstig opneem in die lig van die reŽls van beweging? Of iets soos Return of the killer tomatoes?

'n Riller, daarenteen, voed op menslike vrees, en die moontlikheid dat 'n situasie soos die een in die draaiboek wel in die kyker se lewe kan ontstaan. Hier kan ons verwys na Seven, 'n baie geloofwaardige uitbeelding van 'n erg ontstellende raaisel, waar die kyker dikwels in vrees is.

The exorcist is halfriller, halfgruwel as jy glo dat 'n jong meisie van die duiwel besete kan wees. Anders is dit 'n gruwel.

Halloween begin as 'n riller - 'n heel realistiese situasie - maar verval stadig in 'n onsuksesvolle manipulasieproses waar die kompleksiteit van die kamerawerk en die gewelddadigheid stadig maar seker toeneem. Halloween probeer gruwel-elemente inkorporeer, maar verloor sy geloofwaardigheid. Wie loop in helder daglig in 'n spierwit masker rond en word deur niemand behalwe die heldin opgemerk nie? Myns insiens verskuif dit vinnig na die gruwelafdeling.

Ek moet natuurlik beklemtoon dat gruwels nie gebrekkige rillers is nie - ek verwys hier streng na die geloofwaardigheidsvraagstuk.

'n Riller wend 'n sterk poging aan om die kyker se idee van wat moontlik is en wat onmoontlik is, nie te onderskat nie. Ons kan nie net sÍ: "Whatever, dis onmoontlik" en sodoende die film irrealiseer nie. Dit is wťl moontlik by die gruwel, waar die monster, soos Halloween se Michael Myers, gesteek en geskiet word, by 'n balkon afval, en steeds binne oomblikke op die vlug slaan, oŽnskynlik ongedeerd.

'n Ware riller poog nie net om die hare op jou nek orent te laat staan nie: jy moet hulpeloos voel, paniekbevange, en nie anders kan as om te wag op die ontknoping nie. Dikwels weet die kykers ook nie meer as die hoofkarakters nie.

'n Klassieke voorbeeld is die eerste vyf minute van Scream, wat dit regkry om paniek deur 'n onbekende stem op te wek. Diť idee is later uitgebrei tot 'n vollengte-verhaal in Phone booth, met nogal heel indrukwekkende resultate. 'n Ander voorbeeld is die film op die lys wat hier onder verskyn: Funny games is 'n afgryslike film waar die kyker gyselaar gehou word nie net deur die antagoniste nie, maar deur die film self. Die kyker is totaal en al hulpeloos, maar tog is hierdie hulpeloosheid van primÍre belang vir die film se intellektuele hoek. Dit is 'n mind-boggling film en hierna sal jy nie weer dieselfde wees nie. Gewoonlik neem dit 'n dag of twee vir die bewerasies om te bedaar.

Dis die onbekende wat ons bang maak. Dis die afwagting. Die verskil lÍ daar: 'n riller laat ons ons naels kou, terwyl die gruwelfilm ons walg met bloed en derms.

Albei, indien goed gedoen, spreek tot ons emosies. Wanneer daar twee partye (die Goeie en die Slegte) is wat onafhanklik opereer en jy sit en wag vir die konfrontasie, dan is dit 'n riller.

Die gruwel probeer so min as moontlik afwagting skep en die konfrontasie (die slagting) so lank as moontlik uitrek. Daarteenoor staan die riller, wat die konfrontasie nie eksplisiet wys nie, of dit tot 'n minimum beperk en ons eerder so lank as moontlik op die randjies van ons stoele hou.

Ek kan natuurlik nie van rillers praat sonder om na die Meester, Alfred Hitchcock, te verwys nie. In sy befaamde boeklengte-onderhoud met die Franse regisseur-resensent FranÁois Truffaut het hy die volgende te sÍ omtrent die verskil tussen spanning en verrassing:

Gestel jy het 'n toneel in 'n film waar twee karakters by 'n tafel sit en praat.

Om spanning te skep, wys die kamera dat daar 'n bom onder die tafel is wat binne vyftien minute gaan ontplof. Die kykers sit in afwagting vir vyftien minute lank - hulle wil opspring en die karakters waarsku. Die kykers is heeltyd in emosionele vervoering.

Om die kykers te verras, en hulle uit hul stoele te laat spring, laat jy eenvoudig sonder waarskuwing die tafel opblaas. Die bom ontplof, stukke vleis spat teen die muur, en sekondes later is jou toneel ook aan flardes. Daar is geen spanning nie; daar is net aksie.
Die riller is 'n spanningsprent. Die kyker weet iets, maar hy weet net nie genoeg nie. Inderdaad, hy is bang vir die moontlikhede waarvan hy bewus is, sonder om presies te weet wat gaan gebeur.

Daar is 'n element van misterie. Die Scream-films, wat altyd eindig met die onthulling van die moordenaar as die mees onwaarskynlike verdagte, probeer hulself 'n riller-inspuiting gee, maar die tonele van eksessiewe geweld is erg op die voorgrond. Ons kan na Silence of the lambs verwys, wat met Anthony Hopkins 'n wonderlik raaiselagtige karakter in Hannibal Lecter skep, van wie ons nooit weet wat om te verwag nie. In teenstelling daarmee is Hannibal uit en uit 'n gruwelfilm, met ingewandes wat uitgesny, uitgeruk en weer ingesluk word.

Soos ek reeds genoem het, is baie rolprente 'n mengsel van verskillende vorme. Psycho is, op grond van twee tonele, meer 'n gruwelfilm as 'n riller:

a) sy bekendste toneel, die moord in die stort
b) die moord op die speurder.
Aan die ander kant het Psycho ook wonderlike tonele vol afwagting, en kan dit as 'n riller deurgaan:
a) Marion Crane in die motor (die toneel met die polisieman en die toneel laatnag in die reŽn)
b) Marion se suster krap in die huis rond terwyl Sam die motelbestuurder (Norman) se aandag probeer aftrek.
Hitchcock se film The birds het groot dele van 'n riller - veral die toneel waar die blonde aktrise Tippi Hedren langs 'n speelraam sit terwyl die swart kraaie stadig, een vir een, daarop toepak. Maar by ander tye kry ons groot bloedige close-ups van hande en bene wat bepik word.

Jy gaan nie in 'n riller met die kwaaddoener empatiseer nie, want dan is die gevaar verby. Jy empatiseer met iemand wat heeltyd in gevaar is. Hier kan ek Felicia's Journey (in 1999 uitgereik) noem oor 'n senior burger wat as bekende kok werk, maar van tyd tot tyd jong meisies om die lewe bring. Hy is die hoofkarakter, en terwyl terugflitse sy motiewe verduidelik, vind die kyker hom steeds vreesaanjaend.

Met die eerste oogopslag sou dit lyk asof 'n film soos The talented Mr Ripley die vorige paragraaf weerspreek. Ons empatiseer met die hoofkarakter, wat mense rondom hom doodmaak. Ons begryp sy redes baie goed, maar ons is die hele film lank bang vir die moontlikheid dat hy weer in 'n posisie geplaas word om sulke dade te pleeg: hy beskerm homself teen pyn, teen die wegglip van die masker waaraan hy gewoond geraak het. Die feit dat ons die storie in spanning beleef, is egter 'n aanduiding dat ons met 'n riller te doen het.

Die virtuele filmkatalogus, Internet Movie Database (www.imdb.com), wat in alle ander opsigte onverbeterlik is, het 'n lys van die mees populÍre rillers wat hom ongelukkig in die skande steek. Terwyl enkele elemente in die storie dalk spanningsvol is, beteken dit geensins dat die film as riller geklassifiseer kan word nie. Maar dis helaas die probleem met klassifikasie.

Die moontlike kombinasies van genres en stories is oneindig, en ek sien dat ek nie werklik 'n volledige antwoord gegee het nie. Wat is 'n riller? Die kort, onvoldoende antwoord is dat 'n riller 'n drama met spanning is. Maar mense verskil. Is 'n komedie steeds 'n komedie as daar kykers is wat dit nie snaaks vind nie?

'n Vaste greep op die identiteit van die riller bly my ontwyk.

Hier onder verskyn 'n lys van tien rillers wat ek aanbeveel. Dis sonder twyfel 'n vreemde versameling. Ek verseker jou egter dat hulle hul uiters effektief van die taak kwyt om spanning by die kyker te produseer.

  1. Funny games (1997): Twee jong mans neem 'n middelklasgesin gevange in hul eie vakansiehuis. Byna geen bloed nie, maar 'n gevoel van hopeloosheid en konstante afwagting. Twists and turns heelpad.

  2. The shining (1980): Stanley Kubrick se verwerking van Stephen King se roman. Jack Torrance word in die middel van die winter as bestuurder aangestel by 'n enorme hotel. Terwyl die sneeu rondom hom en sy gesin toepak, word hy stadig maar seker van sy sinne beroof.

  3. Psycho (1960): Alfred Hitchcock se klassieke film oor 'n meisie wat $40 000 steel en dan in 'n motel, bestuur deur 'n skaam jong man met 'n besitlike ma, in die stort sterf.

  4. Tesis (1996): 'n Student wat navorsing doen oor "snuff films" (gewelddadige films waarin mense werklik gemartel en vermoor word) ontdek die betrokkenheid van een van haar professore by hierdie bedryf wat "vir die kykers gee waarvoor hulle soek: meer geweld!"

  5. Duel (1971): Een van Steven Spielberg se beste films. 'n Onbekende lorriebestuurder jaag af op 'n man wat in die woestyn ry.

  6. Strangers on a train (1951): Guy (wie se vrou hom nie wil skei nie) en Bruno (wie se ryk pa nie vir hom geld wil gee nie) ontmoet nekaar op 'n trein. Bruno stel voor dat hy Guy se vrou vermoor en dat Guy Bruno se pa vermoor. Guy stem nie in nie, maar Bruno het ander idees. Nog 'n klassieke Hitchcock-film.

  7. Seven (1995): Die sewe doodsondes van sewe doodgewone individue word deur 'n onbekende figuur gestraf.

  8. The talented Mr Ripley (1999): Tom Ripley maak vriende met die bedorwe Dickie Greenleaf, rykmanseun, in ItaliŽ. Tom raak gewoond aan Dickie se leefstyl, maar Dickie raak moeg vir Tom en wanneer hy sÍ hy is nie vir Tom lief nie, breek Tom op gewelddadige wyse uit. Geheime binne-in geheime, gedurig op die punt om verklap te word; spanning het nie dikwels sulke mooi natuurskoon nie.

  9. Breakdown (1997): Op die vlaktes gaan staan hul voertuig terwyl 'n man en sy vrou iewers heen op pad is. Hulp kom verby en die man ry saam om 'n werktuigkundige in die dorp te gaan soek. Wanneer hulle terugkom, is sy vrou skoonveld. Die eerste helfte van die film is uitmergelend.

  10. The game (1997): 'n Ryk besigheidsman is nie seker of sy lewe werklik in gevaar is en of sy broer hom net 'n unieke verjaardaggeskenk gegee het nie. Die kyker ook nie.
Ns. Hoewel my kundigheid op die gebied van gruwelfilms taamlik beperk is, wil ek graag die geleentheid gebruik om 'n Suid-Afrikaanse gruwelfilm te noem. Dit is ook toevallig een van die beste Suid-Afrikaanse films wat al ooit gemaak is en geheel en al geÔgnoreer is. Die film se naam is Pure blood, 'n film vrygestel in 1998, met regie deur Kenneth Kaplan. Dit is die storie van 'n polisiesersant wat gedurende die Apartheidsjare 'n suiwer ras wil kweek om die land te lei. Benewens al die vampiere, spog die film met uitsonderlike kamerwerk, en met Marius Weyers as die patriargale (dooie en bloedsuiende) polisieman! 'n Ongenaakbare allegorie wat in enkele videowinkels opgespoor te kan word.



LitNet: 08 November 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.