FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

FilmFundi word geborg deur
Cinema Nouveau

The red violin - Le violine rouge - Die rote Geige - Il violino rosso

Coenraad Walters

Met: Samuel L. Jackson, Jason Flemyng, Greta Scacchi, en vele meer.
Regie: Francois Girard

Die verhaal van die rooi viool herinner aan ’n eenheidsbundel kortverhale. Soortgelyke rolprente, wat die wedervaringe uitbeeld van ’n voorwerp en die mense wat daarmee in aanraking kom, is al gesien; onder meer die Nederlandse rolprent De jurk wat oor ’n rok handel. Die aard van ’n viool maak dit moontlik om ’n verhaal oor eeue te laat strek. En dis presies wat hier gebeur.

Die rooi viool word in die sewentiende eeu in ItaliŽ gebou: ’n besondere monument vir die vioolmaker Nicolo Bussotti se vrou en baba wat die lank verwagte geboorte nie oorleef nie. Die instrument beland dan in ’n Oostenrykse kloosterweeshuis, by ’n groep sigeuners, by ’n Britse vioolvirtuoos en in Kommunistiese China tydens die Kulturele Revolusie, vanwaar dit na Montreal gestuur word om opgeveil te word.

Die episodes in ItaliŽ, Oostenryk, Engeland en China word soos kortverhale ingebed in die vertelling van die veiling in Kanada. Detail omtrent die veiling vul die spasies tussen in terugflitse, en met elke terugkeer na die veiling word ’n nuwe bieŽr aan die kyker voorgestel totdat jy besef die veiling, wat so gewoon gelyk het aan die begin, eintlik ’n verwikkelde drama is van botsende belange.

Nog ’n element wat die hele rolprent deursuur, en nie beperk bly tot die episode waaruit dit kom nie, is die toneel waar die vioolmaker se swanger vrou haar fortuin laat vertel. Soos die verhaal ontvou en dele van diť toneel los van mekaar getoon word, besef die kyker dat die toekoms wat uitgelÍ word, nie diť van die vrou is nie, maar wel diť van die viool! Waarom die verwarring kon plaasvind, word later duidelik wanneer die Amerikaanse vioolkundige Charles Morritz (Samuel L. Jackson) die viool bestudeer en die vernis, wat die besondere kleur aan die viool gee, laat ontleed.

Die fortuinvertelster sÍ dat die vrou / viool se reis iewers tot rus kom. Die rolprent volg die verhaal tot hierdie punt, maar die kyker besef dat die “rus” eintlik net ’n kadenspunt is: drie, vier eeue van nou af sal die vervolg op Die rooi viool gemaak kan word!

[Ek gee graag die prent ’n Afrikaanse naam by die titels in vyf tale wat aan die begin gegee word. My rekenaar kon ongelukkig nie Chinese karakters tik vir die opskrif nie!]

Die tegniese aspekte van die rolprent is uitstekend: die inkleding van die verskillende tonele, die toneelspel van al die bekendes en onbekendes betrokke, en so meer. Wat besondere aandag verdien, is die pragtige klankbaanmusiek, gekomponeer deur John Corigliano en uitgevoer deur ’n orkes onder leiding van die Finse dirigent Esa-Pekka Salonen. Joshua Bell is die soloviolis. Bell is een van die vooraanstaande jong violiste van die dag en lewer skitterende spel. Jason Flemyng as die Britse vioolvirtuoos boots Bell se spel uitstekend na. Die jong Oostenrykse weeskind-wonderkind Kaspar Weiss (gespeel deur Christoph Koncz) verdien egter om uitgesonder te word: ’n mens wonder of rolprentkulwerk ingespan is in die toneel waar hy ’n bepaalde stuk musiek al vinniger en vinniger moet leer speel!

Nog ’n toneel wat uitstaan, is waar die vioolkenner Morritz (Jackson) vir die eerste maal ’n violis op die rooi viool hoor speel. Die komplekse uitdrukkingloosheid wat minute lank volgehou word, spreek boekdele, amper soveel as die besige voorafgaande geskiedenis van die viool!

Vir mense wat hou van rolprente met sterk stories wat vindingryk en intelligent vertel word en wat die redigeerkuns deeglik inspan; vir kykers wat nie skrik vir spronge wat vir sommiges ongeloofwaardig mag voorkom nie (die werklikheid is immers vreemder as fiksie); en vir musiekliefhebbers, behoort Die rooi viool ’n vreugde te wees. Moenie huiwer of vir die video wag nie: sleep gou iemand saam om te gaan kyk!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.