FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Apocalypse Now Redux

Suzette Kotzť
verbatim@intekom.co.za

Regisseur: Francis Ford Coppola
Spelers: Marlon Brando, Martin Sheen, Robert Duvall, Harrison Ford, Laurence Fishburne, Dennis Hopper, Sam Bottoms, Frederic Forrest

Noem dit die belydenis van ’n pasifis: ek het ’n ernstige probleem met oorlog en geweld. Dus vermy ek sover moontlik flieks waarin dit verheerlikend of positief uitgebeeld word; ek het nie Saving Private Ryan gaan kyk nie, ook nie Pulp Fiction nie, ook nie Gangs of New York nie.

Maar van Apocalypse Now as een van die grootste oorlogflieks nog is ek al lank bewus; ek meen daar moes in my kinderdae ’n artikel daaroor in Die Huisgenoot verskyn het, want ek herinner my aan die omtrent duiwelse reputasie wat destyds aan Marlon Brando toegeken is weens sy rol. En danksy ’n vriend se entoesiastiese vertelling van wetenswaardighede uit die dokumentÍr Hearts of Darkness: A Film-maker’s Apocalypse (deur regisseur Francis Ford Coppola se vrou, Eleanor, 1991) en kollega Andrť Crous se aanmoediging, het ek my lendene omgord en gaan kyk. En een van my grootste fliekervarings ooit beleef.

Die verhaal, losweg gegrond op Joseph Conrad se boek Heart of Darkness, wat in die Kongo afspeel, is sekerlik oorbekend: ’n spesmagte-operateur, kapt. Willard (’n jong Martin Sheen in ’n onvergeetlike vertolking), word deur die Amerikaanse opperbevel in ViŽtnam gestuur na kol. Walter Kurtz (Marlon Brando). Diť is ’n spesmagte-offisier wat nŠ ses jaar van oorlog “mal” geraak het en hom met ’n groep fanatieke ondersteuners uit die plaaslike bevolking in die woude van Kambodja teruggetrek het waar hy soos ’n god oor hulle regeer en onnoembare wreedhede pleeg. Kurtz het ’n reuse-verleentheid vir die “regverdige” Amerikaanse oorlogmakers geword, en daar is net een oplossing: infiltreer sy groep en sorg dat hy sterf.

Willard vertrek op ’n patrollieboot saam met die skipper en sy bemanning rivier-op na Kurtz se koninkryk. Die bemanning stel ’n verteenwoordigende segment van die Amerikaanse magte voor: die 17-jarige Clean (Laurence Fishburne in sy eerste rol, wat oor sy ware ouderdom van 14 gelieg het om dit te kry!) met Afro-haarstyl en kassetspeler teen die oor; die daggarokende, blonde branderrykampioen van KaliforniŽ (Sam Bottoms); Chef (Frederic Forrest), die kok wat gehoor het die kos in die vloot is beter as die weermag s’n. Hulle is meestal bloedjong, onskuldige seun-mans met meer testosteroon as gesonde verstand, hulle is bang, hulle het nie ’n clue nie en ook nie ’n keuse nie — jy kon in daardie dae, soos in Suid-Afrika in die apartheidsjare, die draft net met die grootste moeite vryspring.

Coppola se fliek, wat in 1979 vrygestel is, ’n skrale vier jaar nŠ die amptelike einde van die oorlog, beeld op meesterlike wyse die absolute waansin van oorlog uit. Soos Willard-hulle die oerwoude van ViŽtnam binnevaar, is die kyker se ervaring toenemend diť van ’n koorsdroom — jy kan dikwels nie glo wat jy voor jou sien afspeel nie. Vir my lÍ die briljantheid van hierdie komplekse, uitdagende film daarin dat Coppola daarin slaag om die kyker sŠŠm met hom te neem, die waansin in.

Dit begin al met die openingstoneel van ’n ontnugterde Willard wat dronk in ’n hotelkamertjie in Saigon lÍ: hy het al te veel gruwele gesien, te veel self gepleeg. Dan volg die ontmoeting met lt.-kol. Kilgore (briljant vertolk deur Robert Duvall). Terwyl Wagner se “Ride of the Valkyries”, Kilgore se aanvalslied, letterlik jou armhare laat orent staan, kry jy ’n kykie in die naakte machismo wat so ’n groot deel van oorlog onderlÍ. Kilgore is die surf-bedonnerde offisier in ’n cowboyhoed wat twee jong soldate met branderplanke die see instuur terwyl die bomme rondom hulle val, en gesellig sÍ: “I love the smell of napalm in the morning.” Wanneer jy Kilgore in aksie sien en daaraan dink dat die “mal” Kurtz nog voorlÍ Ö!

NŠ nog vreemde ontmoetings (onder meer met ’n groepie Franse bittereinders op ’n plantasie en twee Playboy-bunnies iewers in ’n verlate militÍre kamp), eindig Willard-hulle se hellevaart uiteindelik in die “heart of darkness”. En dis hier waar die werklike swaartepunt van die fliek lÍ. Kurtz se filosofieŽ, enigmaties gemompel en beliggaam deur Brando, het my vir die eerste keer, op ’n vlak waar ek dit nie kan uitspel nie maar waar ek dit wťťt, iets laat verstaan van oorlog, die donker kant van geweld en vernietiging in die menslike psige. Kurtz sÍ aan Willard: “Dis in jou oordeel (judgement), ’n oordeel van reg of verkeerd, van goed of sleg, waar die grootste probleem lÍ. Moenie oordeel nie.”

Deur die gesinchroniseerde rituele slagting wat ten slotte plaasvind (en wat binne ’n onteenseglik religieuse raamwerk geplaas word), neem Coppola wel sy anti-oorlogstandpunt in, maar eers nadat hy jou die mens se onkenbare, onverstaanbare donker hart gewys het. Eers nadat hy gesÍ het: “Wees versigtig hoe jy uitsprake maak, wees versigtig hoe jy oordeel oor waar die boosheid lÍ.” DŪt is die eintlike boodskap wat by die Amerikaanse opperbevel, besig om hul “regverdige” oorlog op ’n “regverdige” wyse te voer, en elke ander oorlogmaker, moet uitkom. (En gaan kyk ook sommer na The quiet American, wat die Amerikaanse oorsaak van die ViŽtnam-oorlog heel duidelik maak.)

Soos Roberto Benigni dit in Life is beautiful reggekry het om die gruwel (“the horror, the horror,” sug Brando onvergeetlik) te balanseer en draaglik te maak met humor, doen Coppola dit met skrynend mooie fotografie en uitstekende beligting. Soos hy wys dat daar ’n sekere sin in geweld is, wys hy ook dat daar ’n gruwelike skoonheid is in napalm wat verdiepings hoog brand, aanvalshelikopters wat in formasie aangevlieg kom, brandende dorpies teen ’n sonsondergang. En die toneel wat my seker die hardste geslaan het: die weerlose snoetjie van ’n hondjie wat by ’n soldaat se uniform uitloer, swart afgeŽts teen die lig van ’n ontploffing.

Dat hierdie fliek nou, in ’n tyd van oorlog, weer uitgereik is, is meer as paslik. Dat dit amper 25 jaar nŠ sy verskyning nog net so relevant is, is onteenseglik. Dat dit ’n onvergeetlike filmervaring is, is ’n understatement. Ernstige fliekkykers mag dit nie misloop nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.