FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Apocalypse Now Redux

Andrť Crous
cinephile2@yahoo.com

Dis een van daardie enorme ere wat die ernstige filmganger in Suid-Afrika heeltemal tť ongereeld te beurt val. Die eer om ’n film te sien wat byna nie eers deur die groot doek van die filmsaal bedwing kan word nie. En die film op die groot skerm is sonder uitsondering beter as die film binne die televisieboksie vasgevang.

Dis is uiters teleurstellend dat Suid-Afrika nie sogenaamde repertory cinemas het soos dit oorsee die geval is nie. Dit beteken dat alle flieks ouer as drie maande noodwendig op video/DVD-formaat gesien kan word. Enkele flieks — hoe goed hulle ook al mag lyk op televisie — het egter die groot skerm nodig, omdat hulle daarvoor gemaak is.

Apocalypse Now is ’n voorbeeld van laasgenoemde handjievol. Ek dink terug aan die groot filmsaal in Hammersmith in Londen, waar ek twee jaar gelede — elke keer in ’n volgepakte saal — gekyk het na films van Fellini, Hitchcock en Capra. Die emosionele en intellektuele impak is soveel groter as in jou televisiekamer: jy verstaan die komedie en die drama beter omdat jy ander kykers kan hoor lag en kan sien huil.

Apocalypse Now het in 1979 verskyn — ’n epiese stuk film van ongeveer 150 minute lank. Die bielie van ’n fliek wat hier geresenseer word (met die titel Apocalypse Now Redux) is ’n nuwe — oŽnskynlik meer volledige — weergawe wat voorheen weggelate tonele insluit en ’n lengte van 200 minute het.

Kortliks voldoen dit om te sÍ dat die draaiboek van Apocalypse Now op Joseph Conrad se roman Heart of Darkness gebaseer is. Dit is reeds in 1976 verfilm, maar weens meer probleme as die hoeveelheid dollars wat dit uiteindelik gekos het, het die produksieproses baie stadig verloop.

John Milius is die draaiboekskrywer, en Francis Ford Coppola (na The Godfather in 1972 en The Godfather, Part II in 1974, sou hierdie sy laaste goeie fliek wees vir die volgende vyftien jaar) die regisseur.

Die probleme wissel van ’n budget wat gedurende die verfilming van die fliek byna verdriedubbel het, tot die hoofakteur wat vervang is (Harvey Keitel is vervang deur Martin Sheen), tot Martin Sheen wat in die middel van die verfilming ’n hartaanval gehad het, en Marlon Brando wat ’n absurde salaris aanvra wanneer hy oorgewig op die stel opdaag en sy dialoog van geen kant af ken nie. (Ek neem hier as bron die omvattende insig tot die produksie van die film soos vertel in Hearts of Darkness: A Filmmaker’s Apocalypse, ’n dokumentÍr deur Coppola se vrou.)

Die vorige dokumentÍr onderstreep ook die feit dat Coppola deur middel van die film homself ondersoek het in terme van al die temas wat deur die storie aangeraak word. Dit is ’n ernstige gegrawe in die siel van die dier wat die mens heet.

Die storielyn is op ’n letterlike vlak baie eenvoudig: Kaptein Benjamin Willard (Martin Sheen) word tydens die ViŽtnam-oorlog op ’n sending gestuur die rivier op. Hy moet die ViŽtkong trotseer en dit lewend tot in Kambodja maak, waar hy oudweermagkolonel Walter Kurtz — “who has gone totally insane and whose methods are Ö unsound” — moet vermoor. Kurtz het ’n gevolg van honderde, en maak net soos hy lus het. Dit is ’n primitiewe, oerbeskawing, gelei deur ’n man wat by Harvard studeer het. Die weermag wil nie meer sy naam aan hulle verbind hÍ nie (maar gee natuurlik nie om oor hul eie — ewe redelose — betrokkenheid by die oorlog nie!), en voel dat hy hulle goeie naam (!) in die skande steek. Dit is ’n uiters vertroulike sending, en sou enige informasie uitlek, sal die weermag natuurlik enige verbintenis daarmee ontken. Die ou storie.

Willard vaar die stroom op met sy bemanning. Wat op pad na Kurtz se kamp gebeur — op die reis dieper en dieper die oerwoud in — is met mind-boggling volmaaktheid deur Coppola georkestreer.

Die film open met ’n statiese shot van ’n ry palmbome. The Doors se “The End” begin speel, en ’n helikopter verskyn. Stof kolk stadig op in die lug, en die helikopter vlieg verby. Die liedjie kom op dreef, en nog helikopters vlieg verby. Dan skielik is daar die helder geel en oranje vlamme van die napalm wat vanuit een bron opskiet so hoog soos die hemele. Die kontras tussen groen en rooi — en alles wat dit impliseer — is in daardie eerste minuut reeds duidelik.

Die ander groot toneel, ongeveer 40 minute later, is die helikopteraanval op die maat van Wagner se “Vlug van die Walkure”. Weer begin die toneel met die helikopters wat in die verte bo-oor die palmbome aangevlieg kom, en dit bou op met cuts op die regte plekke. Die redigering is nie gejaag nie; die musiek lei die aksie. Die toneel ontvou met onbeskryflike behendigheid, en is een van daardie oomblikke waar jy eenvoudig nie in staat is om jou oŽ te knip nie.

Ek verbeel my ’n Coppola wat op die oewer staan met ’n goddelike towerstaf en die aksie dirigeer. Hierdie is sż opera — die keuse van Wagner kon nie toeval gewees het nie. Die kleure wat Coppola veral in die eerste helfte van die film gebruik — die soldate struikel deur groen, rooi en blou rookwolke — versterk die skouspelagtige gevoel van die storie.

Die waaghalsige mengsel van dokumentÍre realiteit ten opsigte van geweld, die menslike elemente van vrees en verwarring, en die bonatuurlike (byna teatrale) elemente van beligting, musiek en die kamerawerk (deur Vittorio Storaro), dra nie by tot ’n mengelmoes nie, maar tot ’n unieke ondervinding van die werk van ’n regisseur wat sy glibberige materiaal met gesag beheers.

Of hierdie weergawe beter as die eerste (korter) een is, weet ek nie so mooi nie. Enkele tonele is effens verleng, en dit lei tot beter begrip. Coppola het in hierdie weergawe ’n dieper, duideliker boodskap van totale sinloosheid. Hierdie is ’n fliek wat jou herinner dat niemand in beheer is wanneer dit kom by die wanorde van oorlogvoering nie.

Coppola se toneel by die Franse op die oewers van die rivier (weggelaat uit die korter weergawe) is my enigste beswaar teen diť fliek. Die toneel sÍ baie deur middel van sy beligting (die sakkende son), maar ly aan verbale diarree. Dis egter hiťr waar Coppola sy genadelose aanval teen die wapenmal Amerikaanse baba loods.

Moes Coppola liewer nie sy storie opgeoffer het om sy boodskap te versterk nie? Ek weet nie. Hierdie is ’n klein haakplek in die meesterstuk, die een fout in die Persiese tapyt.

Coppola skep volledige, selfgenoegsame wÍrelde wat immer geloofwaardig is, en ek het myself geheel en al oorgegee aan die storie. Coppola het my oortuig dat hy die waarheid vertel, en ek sou amper enigiets kon glo wat gebeur. Sy aandag aan detail is verstommend, en alles dra konstruktief by tot die atmosfeer van die geheel.

Wanneer die credits rol aan die einde van die prent, behoort die denkende kyker se kop in soveel rigtings te spin dat hy weer sal moet gaan sit. Wat sÍ die laaste tien minute? En het ons Kurtz ooit regtig leer ken? Wat sou sulke kennis ons van Willard vertel? En van onsself? Van die mensdom as versameling van individue en van die konflikte wat binne ons elkeen sit? Ja, ’n magdom vrae word opgeroep, almal diep menslik.

Die ondervinding van die fliek op die groot skerm is verpletterend op alle vlakke. Sal dit mense inspireer om beter flieks te maak?

Nie in Suid-Afrika nie. Apocalypse Now Redux het met skokkende vlugtigheid gekom en gegaan. Nie eers ’n vyfster-resensie in Die Burger kon dit red van publieke apatie nie. Verder was daar nie eers ’n poging aangewend om die film hoegenaamd te bemark nie.

Dit is ’n skande dat ’n film van sulke kwaliteit eenvoudig geÔgnoreer word en dat die filmsale van Jackass of The Hot Chick uitverkoop is. Ek dink dit is absoluut skreiend.

Jy sien nÍrens anders ’n fliek soos hierdie nie. En jy sal waarskynlik nie weer binnekort nie. Dit kan nie met enige ander oorlogfliek vergelyk word nie, en dit wys ons dat flieks tot alles in staat is.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.