FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Proof

Suzette Kotzé-Myburgh

Spelers: Gwyneth Paltrow, Jake Gyllenhaal, Anthony Hopkins, Hope Davis
Regisseur: John Madden
Vertoontyd: Vanaf 31 Maart

Regisseur John Madden het met films soos Mrs Brown en Shakespeare in Love sy slag gewys met werk wat iets om die lyf het en terselfdertyd toeganklik is vir ’n hoofstroomgehoor. Proof, gebaseer op die gelyknamige verhoogstuk, het op die oog af ’n besonder eksklusiewe onderwerp: wiskunde. Vir die meeste mense roep dit beelde op van worstel met die onverstaanbare op ’n harde skoolbank, maar in hierdie bekwame regisseur se hande verander dit in ’n boeiende studie oor syfers én menswees.

Dis die 27ste verjaardag van Catherine (Gwyneth Paltrow), en die dag van haar pa, Robert (Anthony Hopkins), se begrafnis. Uit die treffende openingstoneel blyk dat Catherine se suksesvolle suster Claire (Hope Davis), na die begrafnis op pad is; vreemd genoeg word daar nooit verwys na hul ma nie. Hul pa was ’n briljante wiskundige, ’n pionier in die akademiese wêreld wat vier vakgebiede deur middel van sy teorieë kon integreer; maar hy kon weens demensie nie sy werk voortsit nie. Die laaste klompie jare het Catherine hom versorg in hul huis in Chicago; daarvoor moes sy haar eie nagraadse studie as ’n belowende jong wiskundige laat vaar.

Hal (Jake Gyllenhaal), ’n gewese student van Robert, onderneem om sy 130 notaboeke, waarin hy kompulsief bly skryf het as sy “navorsingswerk”, deur te gaan in die hoop dat daar tog iets van waarde in al die skryfsels en krabbels te vind is. Hy het ook lankal ’n oog op Catherine. Sy is, om dit sag te stel, ’n gekwelde jong vrou. Aanvanklik is die fokus op haar vrees dat sy ook soos haar pa besig is om “mal” te word, maar gaandeweg wen Hal haar vertroue en begin sy haarself emosioneel oopstel teenoor hom, totdat ’n dieper geheim bekend word.

Wat hierdie intense film so kykbaar maak, is die uitstekende samespel tussen vier baie goeie akteurs. Paltrow het die neerslagtige heldin al behoorlik haar eie gemaak (dink The Royal Tenenbaums), en Gyllenhaal is die perfekte keuse vir ’n wiskunde geek – mooi blou oë, goeie humorsin en al. Anthony Hopkins speel met ’n lewenskragtige forsheid wat die tragiek van sy karakter verhoog, maar dis eintlik Hope Davis, as mevrou Teflon De Luxe uit New York, wat ’n mens die meeste tref.

Genialiteit lê dikwels op ’n skaal wat haarfyn in balans moet bly, asof die menslike psige te klein is om dit gemaklik te akkommodeer; dink maar aan films soos Shine en A Beautiful Mind, selfs The Aviator. Proof is ’n waardige toevoeging tot die ondersoek van dié onderwerp.




LitNet: 28 Februarie 2006

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.