FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Peter Pan

Coenraad Walters

Met: Jason Isaacs, Jeremy Sumpter, Rachel Hurd-Wood, Lynn Redgrave, Richard Briers, Olivia Williams, Ludivine Sagnier
Draaiboek: PJ Hogan, gebaseer op JM Barrie se toneelstuk
Regie: PJ Hogan

Nadat ek onlangs twee rolprente gekritiseer het omdat hulle hul stories swak vertel het ten spyte van die interessante implikasies daarvan (Mona Lisa Smile en Ken Park), moet ek my woorde tel oor Peter Pan.

JM Barrie se toneelstuk Peter Pan is in 1904 geskryf, en hierdie verhaal van ’n seun wat nooit grootword nie, is al verskeie kere verfilm. Een van die bekendste films is moontlik die Disney-animasieweergawe uit 1953.

Dis maklik om die aantrekkingskrag van die verhaal te begryp: soveel mense wil nie werklik grootword en grootmensdinge hanteer nie — verantwoordelikhede, belasting, werk, eiendom, skoonfamilie, noem maar op!

Barrie het daarin geslaag om hierdie fantasie te ontgin en om van die karakters die kans te gee om vir die werklikheid te kies. Die feit dat Peter rgtig nooit grootword nie, bied aan volwassenes ’n skakel met ’n stukkie kinderlikheid in hulle psige wat die volwasse persoonlikheid bes moontlik by sy gesonde verstand hou.

Die verweefde spanning tussen bly-soos-jy-is en ontwikkeling betrek vele aspekte van ’n mens se lewe. ’n Keuse vr een van die twee opsies beteken ’n keuse tn ’n magdom ander geleenthede. Om kind te bly beteken byvoorbeeld om buite tyd te bestaan, en dit beteken onder meer om die geborgenheid van ’n ouerhuis te ontbeer. So kan ’n mens voortgaan.

Maar om regverdig te wees teenoor ander prente, moet ek my nou bepaal by hoe die storie van Peter Pan hier vertel word.

Die toestand van kindwees en kindersterre bied eindelose geleenthede om oordrewe sentimenteel te wees — iets wat regisseur Hogan genadiglik grotendeels vermy. Ten spyte daarvan dat Rachel Hurd-Wood ’n bietjie t oulik is as Wendy en dat Lynn Redgrave die arme Aunt Millicent heeltemal te oordrewe speel, bring Jason Isaacs net genoeg balans in sy vertolking van Captain Hook en Mister Darling. Olivia Williams skep ’n pragtige en serene Mrs Darling wat haar dierbare kinders grondig mis. Jeremy Sumpter as Peter beeld die seunsheid van die karakter feitlik ideaal uit — sy bravade, sy onsekerheid, sy dapperheid, sy verbete poging om sy gevoelens te onderdruk. Ek hoop net die vyftienjarige jongeheer Sumpter het ’n engel as agent om daardie talent korrek te ontgin in die jare wat voorl!

In die spraaklose rol van Tinkerbell, die feetjie, skitter Ludivine Sagnier letterlik en figuurlik. Sy vang die jaloerse n speelse aard van die karaktertjie goed vas. Vir kykers wat wonder: sy was een van die agt Franse vroue in Francois Ozon se 8 femmes (2002).

Hoewel Peter Pan reeds dikwels in die verlede verfilm is, kon Hogan en sy span van baie gevorderde tegnologie gebruik maak om allerlei effekte te skep wat vroer haas onmoontlik sou gewees het. Die spel met Peter se skaduwee, die vliery deur die wolke, die dramatiese seerowerskip, noem maar op: jou mees uitvoerige fantasie word verbeeld. Interessant genoeg speel die Rooi Indiane nog ’n rol, maar hier word Barrie se naakte rassisme gelukkig uitgesuiwer.

Hogan se weergawe van Peter Pan kan sekerlik sy plek volstaan tussen sy voorgangers. Dit is pragtig verfilm, uitstekend gespeel en loop die dun lyn tussen ’n goeie vertelling en ’n resonante gegewe met selfvertroue. Die kyker bly egter bewus van die klem wat gel word op die kinders se engelagtige onskuld — effens anachronisties in ’n tyd van kindersoldate, kindermolestering, kinderarbeid en romans soos William Golding se Lord of the Flies. Volwassenes sal bes moontlik meer uit die fliek haal as jong kinders — maar dis mos tog waar van die meeste beroemde kinderverhale!


LitNet: 17 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.