FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The Pianist

Suzette Kotz

Gegrond op die autobiografie van Wladyslaw Szpilman
Spelers: Adrien Brody, Michal Zebrowski, Ed Stoppard, Frank Finlay, Emilia Fox
Regisseur: Roman Polanski

Ek het ’n voorstel: dat die geagte president van die VSA, George W Bush, op ’n stoel vasgemaak word (lekker styf) en gedwing word om na hierdie fliek te kyk vr hy sy oorlog teen Irak verklaar. Dit sal ook besonder interessant wees om te sien hoe hierdie film met sy sewe benoemings by die Oscars vaar - of die beoordelaars dit gaan gebruik om ’n anti-oorlogstandpunt te stel al dan nie.

Met The Pianist bring die bekende en soms omstrede Poolse regisseur Roman Polanski hulde aan sy Joodse afkoms. Hiervoor gebruik hy die ontsettende lewensverhaal van die Poolse komponis en pianis Wladyslaw Szpilman (wat ’n paar jaar gelede in die ouderdom van 88 gesterf het). En aangesien Polanski self as sewejarige uit die Krakow-ghetto ontsnap het, kan ’n mens s dat hy, deur uit die talle bestaande Holocaust-verhale juis hierdie een te kies, op ’n manier ook sy eie verhaal vertel.

Dis ’n gestroopte, sobere vertelling wat chronologies en sonder krulletjies en draaitjies aangebied word en die hele tydperk van die Tweede Wreldoorlog beslaan, van die Duitse inval in Pole in September 1939 tot die ontsetting in 1945. Dit is, om dit sagkens te stel, nie maklike kykstof nie en dit tref ’n mens diep. Dat een mens sulke ondenkbare wreedheid moes aanskou en deurmaak, soveel verlies, soveel hongersnood en ontbering, soveel vrees  en steeds die wil om te oorleef behou het, en inderdaad oorleef het, is eenvoudig verstommend.

Waar Steven Spielberg met Schindler’s List, in die manier hoe hy die kinematografie aangewend het, ’n mens voortdurend onder die indruk gebring het van die omvang van die Holocaust, hoe bie mense die sewe miljoen was wat uitgewis is, trek Polanski die gruwel van die Holocaust saam in die lewe van n mens, beleef jy n mens se lyding van ’n neuslengte af. Maar by nabetragting weet jy daardie belewing verteenwoordig in vermenigvuldigde vorm die lewens van miljoene.

’n Verrassende aspek van Szpilman se verhaal is dat sy lewe gespaar n gered is deur ’n Duitse offisier (interessant genoeg fokus Schindler’s List ook op een van die “goeie” Duitsers in die Holocaust, en hierdeur bied beide films uiteindelik ’n versoenende boodskap). Met hierdie gegewe beeld Polanski een van die bitter ironie van oorlog uiters treffend uit (die klavierspeeltoneel), naamlik dat as elke kant mekaar as mense kon sien en nie as vyande nie, sou oorlog nie nodig gewees het nie. (Dit is veral briljant gedoen in die oorlogfliek No Man’s Land, een van verlede jaar se mees verdienstelike Oscar-wenners.) So word die paradoksale naasbestaan van boos n goed as slotboodskap by die kyker gelaat - en ’n andersins werklik harrowing filmervaring word tog reddend. Die welbekende idee van musiek as ’n reddende en/of transendentele aspek van die menslike bestaan vorm ook ’n kragtige subteks.

Adrien Brody, tot nou toe vir my ’n onbekende akteur, lewer ’n kragtoer met sy deurleefde en ingehoue spel as Szpilman. ’n Oscar vir hom sal welverdiend wees. ’n Dowwe kol in die fliek is egter Ed Stoppard as Szpilman se jonger broer, Henryk - sy vertolking is melodramaties en val net heeltemal uit die toon. Frank Finlay as Szpilman se pa lewer ’n onthoubare vertolking en Michal Zebrowski as die Nazi-offisier is uitstekend.

The Pianist is een van daardie flieks waaroor mens liewer nie eens iets moet of wil s nie; die werklikheid daarvan is net so gewigtig dat enige gebabbel daaroor (soos ’n resensie) erg onbenullig voel. In elk geval, gaan kyk di fliek; dit is nodig vir elkeen om ons, volgens die Jiddisje begrip, meer “mensch” te maak.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.