FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The man without a past

Suzette Myburgh

Fins met Engelse onderskrifte
Spelers: Markku Peltola, Kati Outinem
Draaiboek, regie en vervaardiging: Aki Kaurismaki

Skandinawiese films het ’n gedugte reputasie as swaarmoedige kykstof. Daarom was Lone Sherfig se wonderlike Italian for Beginners ’n paar jaar gelede so ’n groot verrassing — want daar was humor in. Dat daar wel iets bestaan soos ’n egte Skandinawiese komedie, sou ek my egter nie kon indink nie.

Totdat ek The man without a past gesien het. Maar moenie dink dis komedie soos ’n mens dit meestal gewoond is nie. Hierdie humor is droog, nee, dis ultra-droog. Dis ver verby die Britte se veel geroemde droŽ humor — moet seker iets te doen hÍ met die klimaat nog verder noord. Ek meen, by terugskoue kan ek nie onthou dat ’n enkele karakter deur die loop van die fliek ooit eens geglimlag het nie. Maar hoe meer jy daaroor dink, hoe snaaksser raak dit.

Die fliek speel af in Helsinki, in ’n gemeenskappie van die armstes van die armstes. ’n Man (Markku Peltola) kom vroegoggend per trein in die stad aan, en terwyl hy op ’n parkbankie wag dat dit lig word, word hy wreed aangeval en vir dood laat lÍ. Hy is alles kwyt: sy tas met enkele besittings, sy geld en identiteitsbewys, en weens erge harsingskudding kan hy hoegenaamd nie onthou wie hy is en waarvandaan hy kom nie. ’n Egpaar wat self bitterlik worstel om kop bo water te hou, maar wie se menslikheid ten spyte van hul omstandighede behoue gebly het, neem hom in en die vrou verpleeg hom tot hy weer op die been is. Maar steeds kan hy niks onthou nie. Deur sy nuwe vriend se bemiddeling kry hy ook ’n skeepsvraghouer as blyplek, maar nou moet hy werk kry sodat hy sy huur kan betaal. En natuurlik vereis die werkverskaffingsburo ’n naam.

Uiteindelik kry hy werk by die HeilsleŽr, en stadig maar seker wen hy die vriendskap, ťn later die liefde, van die strenge Irma (Kati Outinem) wat daar werk. Hy bou weer vir hom ’n lewe op, maar deur ’n vreemde sameloop van omstandighede (’n absurde bankroof!) beland hy in die polisie se hande en word sy identiteit vasgestel. Wat beteken hy moet die rare groepie down-and-outers wat sy nuwe wÍreld geword het, agterlaat en teruggaan na sy middelklaslewe in ’n ander stad.

Dit is situasiekomedie op sy beste: toneel nŠ toneel wat op die oog af net die sukkelbestaan van ’n klompie brandarmes uitbeeld, laat jou grinnik van plesier, en soms selfs hardop lag. Daar is die “eiendomsagent” met die wit teefhond met die onwaarskynlike naam Hannibal, die menseregteprokureur met die spraakgebrek, die HeilsleŽr-owerste wat sielvolle ballades sing Ö en so kan ’n mens aanhou. En die skrapse maar besonder pittige dialoog dra veel by tot die pret.

Die naaste flieks waarmee ek The man without a past kan vergelyk, is Emir Kusturica s’n — dus baie ver verwyder van hoofstroomvermaak. Maar dat dit verlede jaar ’n Academy Award-benoeming vir beste buitelandse rolprent ontvang het, gee ’n mens weer hoop vir die Oscars. As jy nie terugdeins vir die grou wÍreld van buitestaanders nie en ’n voorliefde het vir iets aweregs, moet jy hierdie fliek eenvoudig nie misloop nie.

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!




LitNet: 05 Mei 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.