FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Pauline en Paulette

Coenraad Walters

Met: Dora van der Groen; Ann Petersen; Rosemarie Bergmans; Julienne de Bruyn.
Draaiboek: Lieven Debrauwer en Jaak Boon.
Regie: Lieven Debrauwer.

Hierdie vaardige Vlaamse meesterwerkie het my ontglip terwyl dit in die kunsteaters gedraai het; ek het dit lank ná vrystelling eers te sien gekry. Maar dit dryf my tot verslagdoen!

Die aanbieding is bedrieglik eenvoudig, maar ’n les vir filmmakers wat met redelik min hulpbronne oor die weg moet kom.

Pauline (Van der Groen) is een van vier bejaarde susters, maar sy is die problematiese een, aangesien sy erg verstandelik gestrem is. Sy kan beslis nie sonder toesig oorleef nie— sy kan dan nie eens self haar veters vasmaak, haar brood smeer en sny of eenvoudige boodskappe korrek oordra nie. Sy woon by sus Martha (De Bruyn), wat haar— soos die Bybelse Martha— bedien.

Pauline is egter behep met haar suster Paulette (Petersen), wat ’n deftige klereboetiek bedryf, alleen bokant die winkel woon en ’n pienk bestaan voer— letterlik (pragtige stelinkleding hier!). Wanneer Pauline slagter toe gestuur word, verontagsaam sy alle opdragte en gaan maak eers ’n draai by die boetiek.

Op ’n dag kom sy vervaard in die boetiek ingestorm en vertel Paulette dat ’n goeie koppie gebreek het. Nadere ondersoek bring aan die lig dat Martha letterlik dood neergeslaan het. Die begrafnis laat die vierde suster uit die houtwerk kruip— die jongste, Cecile (Bergmans), wat in Brussel woon met ’n Franse minnaar.

Nóg Paulette nóg Cecile kan of wil na Pauline omsien, maar Martha se testament laat hulle wel probeer. Hulle vind dit albei moeilik om die nodige aanpassings te maak, en Pauline is natuurlik nie daartoe in staat om haar wêreld aan te pas nie. Hoewel die draaiboek ’n mens laat met ’n vermeende oplossing, is die slot oop en meerduidig.

Dis juis die onopgesmukte wyse waarop die karakters se klein maar komplekse lewens uitgebeeld word wat die draaiboek ’n kragtoer maak. Wanneer Paulette se loopbaan as die dorpie se amateur-operette-diva tot ’n einde kom, word sy bedank, maar voor sy kan omdraai nadat die gordyn gesak het, het al haar maats verdwyn. Die kamerawerk op dié oomblik is ook besonder knap: sy word van bo afgeneem, sodat haar gesig verberg is onder die groot pruik.

Tegnies is die prent vaardig: benewens die kamerawerk is die redigering ook besonders, veral waar Pauline die blomme water gee op maat van Tsjaikofski se Blommewals.

Die deurweefde temas van oudword en gestremdheid laat ’n mens lank ná die slottitels nog nadink. Ernstige fliekvlooie moet alles in die stryd werp om hierdie prent te sien te kry. Dit is ’n besondere en rare prestasie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.