FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nora (2000)

Coenraad Walters

Met: Ewan McGregor, Susan Lynch, Peter McDonald
Draaiboek: Pat Murphy, gebaseer op Brenda Maddox se biografie
Regie: Pat Murphy

Hierdie rolprent vertel van die eerste tien jaar van die lewe wat Nora Barnacle en die befaamde skrywer James Joyce gedeel het. Die vertelling is knap, die inkleding en kostuumontwerp is besonders en pragtig, en die toneelspel is van hoŽ gehalte, veral diť van Susan Lynch in die titelrol.

Die verhaal het byna nie opsomming nodig nie, maar net kortliks: kort nadat Joyce in 1904 vir Nora in Dublin ontmoet het, vra hy haar om uit Ierland te vlug na ItaliŽ. Dis haar tweede weghardloop: sy het aan haar haglike omstandighede in Galway ontsnap om in Dublin as ’n diensmeisie in ’n hotel te gaan werk.

In ItaliŽ is sy aanvanklik totaal afhanklik van hom, maar wen haarself aan die situasie, leer Italiaans praat, voed hulle twee kinders op, en handhaaf haarself suksesvol te midde van die familielede en vriende wat hulle kom besoek. Haar verhouding met Joyce is egter stormagtig, omdat hy passievol jaloers is en sy nie werklik belangstel in sy skryfwerk nie. Na ’n tydelike skeiding raak hulle weer versoen. Die rolprent eindig in 1914; Joyce is in 1922 eers met Nora getroud.

Die fokus op die passie wat die verhouding onderlÍ het, en veral die eksplisiete kykie na hul sekslewe, werk ontmitologiserend in op die figuur Joyce. Hierdie man het die roman geskryf wat deur literatore beskou word as die grootste werk van die twintigste eeu: Ulysses. Verder is daar net twee ander romans, A portrait of the artist as a young man en Finnegan’s wake, ’n aantal kortverhale en gedigte. Op hierdie redelik beperkte oeuvre (as ’n mens eenvoudig titels tel) berus ’n reputasie wat van Joyce ’n soort literÍre heilige gemaak het.

En juis hier lÍ ’n fundamentele probleem met die rolprent Nora. ’n Skrywer soos Joyce se voorkoms is bekend in die populÍre kultuur, al is dit nou maar net in die illustrasies en foto’s wat tydskrifte soos Time gepubliseer het in hul oorsigte oor die twintigste eeu. Joyce kom besonder maer voor, ’n “lean and hungry look”, soos Shakespeare se Caesar sy moordenaar Cassius beskryf. Tussen hierdie ikoniese voorkoms en die intensiteit van die verhouding met Nora ontstaan daar ’n fassinerende spanning — ’n mens kan dit byna nie van Joyce glo nie.

Die veelsydige Ewan McGregor (The pillow book en Trainspotting, om nou maar net twee uiteenlopende titels byeen te plaas) speel baie goed, en sy kostuums, brilletjie en gesighare is akkuraat ontwerp. Maar sy gesig is te vlesig: ’n mens glo te maklik dat hy hierdie soort verhouding met ’n vrou sal aangaan. Die ikoon van Joyce laat ’n mens sukkel om jou “disbelief” te “suspend” en ’n mens begin wonder op watter ander punte is die voorstelling in die rolprent onakkuraat.

Ander kykers mag my hierdie beswaar ernstig kwalik neem. Dis hul goeie reg. Die beswaar is bes moontlik te klein om die prent te diskrediteer, en dit is soms moeilik om ’n akteur te vind met ’n gepaste voorkoms (vind ’n gepaste aktrise wat lyk soos Bernard Shaw sy karakter Ftatateeta in Caesar and Cleopatra beskryf, en wen ’n hele vloot Datsuns). Maar tog.

’n Interessante voetnoot vir ywerige fliekvlooie: In Nora vertel Nora vir Joyce hoe ’n jong bewonderaar ’n nag deur buite haar kamervenster gestaan het, om haar vir laas te kan sien voor haar ouers haar na ’n klooster toe stuur. Die jong man het siek geword en gesterf as gevolg van die nag in die koue. Joyce gebruik hierdie gegewe in sy kortverhaal “The dead”, een van die min dinge wat Nora lees en Joyce sterk aanval oor die manier waarop hy haar lewe misbruik. Die bekende regisseur van aksieprente, John Huston, het, nadat hy gehoor het hy het ongeneeslike kanker, “The dead” tot draaiboek verwerk en verfilm met sy dogter Anjelica in die hoofrol, en ’n span skitterende Ierse akteurs in die rolverdeling. Dit behoort uiters lonend te wees om hierdie sensitiewe en subtiele film, een van die werklik suksesvolle verfilmings van ’n literÍre meesterwerk, op te spoor. Die prent se titel is ook The dead, en dit is in 1987 vrygestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.