FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

En Harry Potter is ...

Nicola Davies

Die soektog na ’n akteur om Harry Potter te speel, is iets van die verlede. Die elfjarige Daniel Radcliffe sal die jong towenaar speel in die film gebaseer op die Britse skrywer JK Rowling se blitsverkoper, Harry Potter and the Sorcerer’s Stone.

Die aankondiging beëindig maande se bespiegeling oor wie die hoofkarakter sal speel van die gewilde reeks kinderboeke, wat onlangs ook in Afrikaans vertaal is.

Die Harry Potter boeke speel af in ’n Engelse kosskool vir towenaars, Hogwarts, en die vervaardigers van die film was onder druk om Britse akteurs vir die hoofrolle te vind. Radcliffe, wat bykans onbekend is in Amerika, het uiteindelik die rol weggeraap voor die neuse van meer bekende akteurs soos Haley Joel Osment, wat ’n Oscar benoeming vir The Sixth Sense op sy kerfstok het.

Harry Potter vind op sy elfde verjaardag uit hy is nie net die seun van twee magtige towenaars nie, maar dat hy self ook kan toor. Sy lewe verander as’t ware oornag wanneer hy na Hogwarts gaan om met sy opleiding te begin.

Daar ontmoet hy sy twee beste vriende, Ron Weasley en Hermione Granger, en leer hy meer oor sy ouers se moordenaar, die bose Voldemort, wat steeds vrees inboesem in al wat towenaar is. Daar is natuurlik ook heelwat pret soos Harry en sy vriende nuwe towerkunsies leer en vele avonture beleef in die towerwoud langsaan die skool.

Daniel Radcliffe het tot dusver net een groot rol gehad in die BBC se weergawe van David Copperfield, maar hy sal ook binnekort te sien wees in die nuwe John Boorman-film, The Tailor of Panama. Die elfjarige Rupert Grint is gekies om Ron te speel en die tienjarige Emma Watson is Hermione. Rupert en Emma het albei tot dusver nog net in skoolkonserte opgetree.

Die regiseur Chris Columbus lyk heel in sy skik met die keuse van Radcliffe as Harry. “Ons het verskeie baie talentvolle kinders gesien in ons soeke na Harry,” verduidelik hy. “Dit was ’n uitmergelende proses en daar was selfs tye toe ons gedink het ons gaan nooit iemand kry wat die kompleksiteit van Harry Potter kan uitbeeld nie. En toe stap Dan in en ons almal besef dadelik ons het vir Harry gevind. Ons was natuurlik net so opgewonde om vir Emma en Rupert te ontmoet, aangesien hulle so perfek is vir die rolle van Hermione en Ron. Ek sien baie uit daarna om saam met hierdie talentvolle jong akteurs aan die film te begin werk.”

JK Rowling het ook net lof vir die jongklomp wat haar karakters gaan speel. “Toe ek Dan Radcliffe se filmtoets sien, het ek dadelik geweet dat Chris Columbus nie ’n beter Harry kon kry nie. Ek wens Dan, Emma en Rupert alle sterkte toe en hoop dat hulle net soveel pret sal hę met die verfilming van die eerste jaar by Hogwarts soos wat ek gehad het om dit te skryf.”

Chris Columbus, regisseur van familiefilms soos Home Alone en Mrs Doubtfire, is gekies uit ’n lys van befaamde regisseurs, onder wie Steven Spielberg, om die film te regisseer. Die president van Warner, Lorenzo di Bonaventura, verduidelik “Harry Potter is een van daardie tydlose en eenmalige literęre gebeurtenisse. Omdat die boeke węreldwyd so gewild is, was dit vir ons nog meer belangrik om ’n regisseur te kry met ’n noue band met beide kinders en towerkrag. Ek kan nie aan enigiemand meer ideaal vir hierdie projek as Chris dink nie.’’

Verfilming sal binne die volgende paar weke begin en die film word in November 2001 uitgereik.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.