FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The affair of the necklace

(2001)

Coenraad Walters

Met: Hillary Swank; Jonathan Pryce; Joely Richardson; Simon Baker; Adrien Brody; Christopher Walken
Draaiboek: John Sweet
Regie: Charles Shyer

Het realiteitstelevisie ’n invloed op rolprentmakers? Dit voel vir my so, aangesien daar die afgelope ruk ’n klomp dokudramas oor ware gebeure en bioflieks oor lewendes én dooies was. Dink maar aan A beautiful mind, Iris, Ali, Lumumba, Le libertin, The dish, The iron ladies, en nog vele meer. Die onlangse fees van dokumentêre films het ook by hierdie belangstelling in film-realiteit aangesluit.

The affair of the Necklace sluit in ’n mate by Le libertin aan: albei ondersoek ’n aanleidende oorsaak tot die Franse Revolusie. Natuurlik probeer nie een werklik dokumentêr wees nie: daarvoor is die genot wat periodedramas aan gehore besorg, te groot. Waar die biofliek oor Diderot, anachronismes en al, komies was (sonder om die ernstige ondertone te ontken), is The affair of the Necklace ’n ernstige drama waarin intrige en eer die botoon voer.

’n Jong vrou, Jeanne St. Remy de Valois (Swank), se vader is deur die magte van die Franse koning vermoor en hulle landgoed is onteien. Sy probeer haar familie se verlore eer herstel en haar regmatige besittings terugkry. Haar pogings om die oor van Marie Antoinette te bereik, misluk en daarom weef sy — deels uit ambisie, deels uit wraak — ’n web van intrige rondom ’n verbysterende halssnoer wat verskeie mense betrek. Die belangrikste betrokkene is die Kardinaal van die Hele Frankryk, Louis de Rohan (Pryce), prins van ’n voorheen invloedryke familie wat tans in onguns is by die koningshuis. Hy wil premier word, en Jeanne se hulp kan vir hom van waarde wees. Jeanne se kamma-hulp aan die kardinaal word ondersteun deur die man met wie sy ’n geriefshuwelik aangegaan het, Nicholas de la Motte (Brody), en haar minnaar, die jong paleis-gigolo Rétaux de Vilette (Baker), wat haar in die fyn politiek van Versailles inwy.

Hoe akkuraat die geskiedenis weergegee word, kan seker gekontroleer word aan die memoires geskryf deur Jeanne en Rétaux, maar wie laat nou die feite staan in die pad van ’n goeie storie?! Die filmspan het duidelik die “bou-jou-eie-kostuumdrama”-oefening geniet en veral die kostuumontwerpe en stelinkleding is ’n lus vir die oog.

Hillary Swank kan nou ’n regmerkie maak langs die periode-genre-vereiste op haar loopbaanlys. Maar dit is ongelukkig ’n prent wat sy gou sal wil vergeet. Sy lyk ongelooflik ontuis in die rol en met die dialoog in haar mond — die regisseur was moontlik oorweldig deur haar reputasie na haar goue-beeldjie-oes met Boys don’t cry. Ook as die vrou wat deur Keanu Reeves geslaan word in The gift was sy uitstekend; maar iemand wat The affair of the Necklace eerste sien, sal haar bes moontlik nie as aktrise reken nie.

Daarteenoor is Jonathan Pryce wonderlik subtiel as die walglike kardinaal met die tipiese menslike swakheid vir mag. Al die ander akteurs, veral ook Joely Richardson as die pragtige Marie Antoinette, lyk soos visse in die water in die periodestyl, wat Swank nog meer onvanpas laat lyk.

Voorts lol die redigering effens: die nag van verskrikking wat Jeanne deurmaak as klein dogtertjie, word op “relevante” oomblik herspeel in die beste tradisie van The world’s most amazing videos. En die draaiboek lê die sentrale boodskap van die verhaal so ongelooflik swaar op Swank se tong dat ’n mens nie verbaas is sy sukkel daarmee nie.

Periodevrate sal sekerlik die prag en praal van Versailles geniet, en intrigevlooie sal hou van die kompleksiteit van die konkelry. Maar helaas is hierdie affêre nie ’n verpligte fliek op vanjaar se lys nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.