FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Mystic River

Coenraad Walters

Met: Sean Penn, Tim Robbins, Kevin Bacon, Laurence Fishburne, Marcia Gay Harden, Laura Linney, Tom Guiry
Regie: Clint Eastwood
Draaiboek: Brian Helgeland, gebaseer op Dennis Lehane se roman

Mystic River is soos ’n dieptebom – ’n fliek waarvan die impak jou eers later tref.

Drie seuns wat lankal goeie maats is, beleef eendag ’n groot trauma wanneer een van hulle ontvoer word en vir ’n paar dae lank weg is. As volwassenes het hulle steeds kontak, maar is nie meer boesemvriende nie.

Jimmy Markham (Penn) is ’n winkeleienaar. Hy en sy vrou Annabeth (Linney) voer ’n heel gelukkige lewe, tot hul dogter een aand verdwyn en haar lyk kort daarna opgespoor word. Sean Devine (Bacon) is die FBI-agent wat die saak moet oplos saam met sy spanmaat Whitey Powers (Fishburne). Dave Boyle (Robbins), wat as kind ontvoer is, word later ’n verdagte, maar die saak raak veel ernstiger, veel verwikkelder.

Waarom die vertraging van die impak?

1. Ons ken dié soort storie al baie goed. Ons sien dit weekliks, soms selfs ’n paar keer, in die een speurreeks na die ander op televisie. Daar is min nuut in die verhaal.

2. Die verhaal se oppervlak is baie rustiger as sy televisiefamilie s’n, en die pas is stadiger. Aangesien die rolprent veel langer is as ’n tipiese TV-episode, kan dit fyner werk, en karakters beter uitbeeld en meer diepgaande ontgin. Die frenetiese redigering van vele TV-reekse ontbreek ook – wat ’n genade!

3. Omdat die karakters se verlede meer betrek kan word, kan die draaiboek dieper insak in die motiverings van die verskillende rolspelers. Dis nie nodig om emosionele snelskrif te gebruik om die verhoudings tussen die karakters uit te beeld nie. Daar is dus meer om aan te kou, meer vleis om die bene van die verhaal, en daarom is meer verteertyd nodig.

4. Die uitbeelding van die trauma uit die hoofkarakters se kinderjare is effens kripties – dit kon dalk sterker uitgebeeld word. Daarom moet die kyker meer afleidings en raaiskote waag as gewoonlik en word die impak uitgestel. Maar ek verkies dat ’n rolprent aan die subtiele kant sondig, eerder as om met die uitleg oor die kop geslaan te word.

5. Die toneelspel is uitstekend. Toe regisseur Clint Eastwood Sean Penn se Golden Globe-toekenning in ontvangs neem, het hy gesê dat sommige akteurs so ’n konsekwent hoë standaard handhaaf dat hulle dikwels oor die hoof gesien word wanneer toekennings uitgedeel word. Penn verdien die erkenning, en wat ook al hierby gevoeg mag word. Tim Robbins verdien eweneens sy Golden Globe. Die altyd uitstekende Marcia Gay Harden (as mev Boyle) is egter ’n slagoffer van die tendens wat Eastwood uitgewys het: altyd buitengewoon. Haar Oscar vir ondersteunende spel in Pollock (hier gesien byna twee jaar nadat sy bekroon is!) is hopelik maar die eerste van vele goue beeldjies op haar rak.

Al lyk Mystic River vreeslik rustig en bekend, al is dit nie ’n effekteskouspel van die eerste water nie, bly dit ’n indrukwekkende stuk werk onder die hand van Eastwood. Sorg dat jy dit sien!

16 Februarie 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.